Polisiestasie aangeval

Die polisie in die Vrystaat ondersoek die moord op twee polisielede wat Donderdag in die Koffiefontein-polisiestasie doodgeskiet is.

Konstabels Obert Mekoa en Mzonani Majo is albei in die kop geskiet terwyl hulle aan diens was in die Koffiefontein Gemeenskapsdienssentrum. Hul liggame is ontdek deur kollegas wat van patrollie teruggekom het.

Die polisie sê een van die oorledenes se dienspistool word ook vermis.

Die provinsiale polisiekommissaris, Lebeoana Tsumane, is dadelik na Koffiefontein.

Die polisie in die Vrystaat het ‘n beloning van R300 000 aangebied vir enige inligting wat kan lei tot die arrestasie van die moordenaar of moordenaars wat verantwoordelik is vir die bloedbad waarin die twee polisiebeamptes vermoor is.

Tsumane het gesê vroeë aanduidings is dat die beamptes geskiet is deur mense wat hulle gedink het by die stasie ingeloop het om hulp. Hy het by die parlement se portefeuljekomitee oor polisie gepraat om die aanval op polisiekantore te veroordeel.

Tsumane sê die polisie sal alles in stryd werp op soek na die daders. “Ons bied diegene wat ons kan help R300 000 aan vir inligting hieroor. Ek wil egter ons gemeenskappe in die Vrystaat en die land verseker dat ons nie sal rus totdat ons hierdie misdadigers in hegtenis geneem het nie. Barbaars en baie sleg vir ons land.”

Intussen het Tsumane gesê ‘n hoëprofiel-span, die Vrystaat se beste, is saamgestel om die ondersoek te lei.

Die toon van verontwaardiging van die polisiekommissaris is opmerklik. Dieselfde verontwaardiging ontbreek as dit oor plaasmoorde handel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.