Moslems en ateïste begin nuwe veldtog teen Christendom in Suid-Afrika

Die uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof ten gunste van die ateïstiese organisasie OGOD dat openbare skole in Johannesburg nie meer enige Christelike inhoud aan leerlinge mag kommuninkeer nie, waaronder opening met skriflesing en gebed, het gister saamgeval met die kraak van die departement van onderwys se webwerf deur ‘n pro-Islamitiese groep. Die webblad van die onderwysdepartement is gister verwyder en blykbaar word die voorval deur die departement van inligting en tegnologie ondersoek.

Die boodskap van die groep krakers wat die Islamitiese Staat ondersteun (sien meegaande skermafdruk) is:

Boodskap aan die regering, die Amerikaanse nasie en die res van die wêreld:

Is dit die menslikheid waarop julle jul roem, of is lewe nie ter sake vir Moslems nie? Moenie dink dat dié optrede teen Moslems by julle sal verbygaan nie en ons sal nie vergeet wat julle die Arabiese volkere en die Moslems regoor die wêreld aangedoen het nie.

Daar bestaan ‘n duidelike verband tussen die “oorwinning” oor veral Afrikaanse staatskole met ‘n Westerse, Christelike identiteit in die hof gister en die kraak van die onderwysdepartement se webblad. Immers beheer die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys die openbare in die skole in die land wat deur die hofuitspraak geraak word.

Marxiste, ateïste en christenhaters het op Twitter en ander sosiale media gekraai oor die hofuitspraak teen die christelike geloof in Suid-Afrika.

‘n Dosent aan die Universiteit van Kaapstad, Jacques Rousseau, het op sy webblad geskryf:

In theory, then, the days of a school promoting themselves as having a “Christian character” should be over, with countless schools across the country now having to edit brochures, websites, and even coats of arms.

Soos in Moslemlande, mag die vertoon van Christelike simboliek soos ‘n kruis, voortaan in Suid-Afrikaanse skole verbode wees, asook afbeeldings van vlae van Westerse lande met ‘n kruis soos byvoorbeeld, Swede, Denemarke, Noorweë of Switserland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.