Pierre Fouché: Oor leiers

Die V.S. Marine Corps se 1997-boek getiteld Warfighting, stel dit dat oorlog gekenmerk word deur die interaksie van fisiese, morele, en verstandelike kragte. “Moreel” in hierdie sin is nie beperk tot etiek nie, maar het betrekking op kragte wat sielkundig in plaas van tasbaar van aard is.
Dit stel verder dat morele kragte moeilik is om te begryp en onmoontlik is om te kwantifiseer. Kragte soos:

  • Nasionale en militêre voorneme (Volkswil)
  • Nasionale of individuele gewete, emosie, vrees, moed, moreel, leierskap, of esprit (geestigheid).

Hier kom ‘n mens weer “wil” en “moed” teë wat so alomteenwoordig is in regse kringe, en nog meer die geval is in Germaanse kringe. Die onmiskenbare belang van hierdie konsepte kan nie genoeg onderstreep word nie.

Die leser sal nou hopelik “leierskap” raak gelees het in die tweede punt hier bo genoem, en dit is waarom hierdie rubriek handel.

Voor ons verder beweeg wil ek interessantheidshalwe hierdie stukkie aanhaal:

“Although material factors are more easily quantified, the moral and mental forces exert a greater influence on the nature and outcome of war. This is not to lessen the importance of physical forces, for the physical forces in war can have a significant impact on the others. For example, the greatest effect of fires is generally not the amount of physical destruction they cause, but the effect of that physical destruction on the enemy’s moral strength (bl. 16).”

‘n Groep sonder leiers, moet in ‘n stryd teen ander groepe met leiers, altyd verloor. Soos ‘n mens se liggaam nie sonder sy kop kan veg nie, so kan ‘n onthoofde volk geen weerstand teen dié wat hom wil verkrag bied nie. In dieselfde sin moet ‘n man sonder moed altyd die neerlaag ly as hy teen ‘n man met moed opgaan. Dit is iets wat ons teenstanders goed verstaan, en dit is hoekom hulle altyd soveel moontlik doen om ons leiers hier en elders in die wêreld so gou moontlik te ontsenu, sowel as om hulle propaganda (op slinkse en ondermynende wyse) in te span om ons te demoraliseer.

Teen die demokratiese gebabbel, stel leiers die pas, en steur hulle nie aan wat hulle dink die volk wil hê nie. Met byna alle propagandamiddele in ander hande, sal die volkswil altyd nader en nader om die drein spoel. Afwaarts en nie opwaarts nie.

Xenofon van Athene (430? – 355? v.Chr.) het gesê:

“Wat die leiers is, dit, as ‘n reël, sal die mans onder hulle wees.” [bl. 59, The 33 Strategies of War, Robert Greene, Penguin Books – Joost Elffers, 2006]

Nou staan ons op ‘n punt waar ons ons volk met net ‘n handjie vol leiers betrag. Boonop woon ons almal wydversprei vanaf mekaar.

Djengis Khan het sy leër gedurende vredestyd in die winter die Groot Jag laat oefen, om hulle koördinasie en samehorigheidsgevoel te versterk. Die Groot Jag het in die grasvlaktes van Sentraal-Asië, teenswoordige Mongolië plaasgevind. Khan het sy leër in ‘n 80 myl lange lyn versprei, en honderde myle vanaf die leër ‘n vlag geplant. Die leër het dan na hierdie vlag toe voortbeweeg. Soos die leër nader aan die eindpunt gekom het, het die punte van die lyn begin buig sodat ‘n boog om die eindvlag begin vorm het, wat dan uiteindelik ‘n sirkel uitgemaak het. Die sirkel het dan nouer en nouer getrek om die eindpunt, en so al die diere wat binne gevang was beet gekry. (Soos wat al die wilde diere in die leër se weg voorentoe gejaag is, moes individuele soldate ook gevaarlike diere soos tiere teengaan, dit was deel van die doel om dapperheid in die mans te bewerk.) [Strategies of war, bll. 75-76, ibid.]

Ons posisie is soortgelyk en kan met die Groot Jag vergelyk word.
Ek dink dat die tydperk waarin ons nou verkeer bloot ‘n oefening vir die Afrikaners is, ter voorbereiding van iets groters. Die tyd sal my nog reg of verkeerd bewys. Die huidige stand van sake kan vergelyk word met ‘n klomp jagters wat wyd om ‘n sentrale punt verspreid is. Die sentrale punt is in ons geval oorlewing. Aangesien ons nie tans een saamhorige blok vorm nie, is ons min of meer soos enkele of klein groepies jagters in die vlakte.

Nou, ek vermoed dat amper almal van ons in ons harte al die klok gehoor lui het; en dat ons weet dat die tyd vir optrede aangebreek het. Selfs nou wag die buiteland in spanning om te sien wat ons gaan maak. Mens moet hom nie mislei oor die erns van hierdie tydvak nie. Iedereen moet nou besef dat hy sy weg moet inslaan na die sentrale vlag toe, hetsy alleen of saam met ander in ‘n groep. Vir dié wie nie ander mense vertrou nie, gaan dan alleen, maar besef dat jou pad ‘n moeiliker een gaan wees.

Dit is teen hierdie tyd te verwagte dat daar mense is wat soos ons lyk en soos ons praat, maar nie soos ons is nie. Hulle het verwronge harte en wil ander verlei om dieselfde vreeslike lot as hulle te deel. Sulke mense se fisionomie en hulle narcistiese persoonlikheid verraai hul gewoonlik; ons volk moet leer om hulle te identifiseer en te verwag.

In hierdie Wilde Jag sal daar natuurlik ook voëltjies wees wat “die nuus en feite” versprei om al die diere van die ryk “in te lig”. Vir nou kan ons niks aan dié saak doen nie, en moet die voëltjies maar los om hulle liedjies te versprei soos dit in hulle aard is.

Dié wat die eindvlag aan die einde van hierdie oefentydperk haal — en dit kan die meeste van ons wees, mits ons fokus — sal diegene wees wat die fondament vir ‘n nuwe wêreld gaan lê. Die leiers van vandag gaan die helde van môre wees.

Die Wilde Jag sluit almal van ons volk in, ongeag jou posisie in die lewe. Dus moet dié met onbuigbare moed, grootheid van siel, en opregte karakter vandag begin leiding neem by hulle werk, hul kerk, hul skool, of hul gemeenskap.

Dit is soos wat Ralph Waldo Emerson gesê het:

“If good men will not lead, they must be content if lesser men do.”[Ek kon nie hierdie aanhaling weer opspoor nie. Ek het dit ~2 jaar gelede gelees en is 80% seker dit kom van Emerson af.]

Soos wat “bekommerde” pasifisme aansteeklik is, net so is wilsgedrewe aktivisme aansteeklik.

Vir die wankelmoedige ou mans wat geskiedenis uit ‘n eskatologiese hoek bekyk: hou jou Semitiese waarsêery vir jouself. Moet nie die stand van die wêreld misgis vir die stand van jou eie lewensduur nie, naamlik naby aan die einde.

Ons staan nou aan die einde van hierdie, die mees skandelike tydperk in ons volk se geskiedenis. Laat die toekomstige gedreun van ons tromme en die gesing van ons volk vir ons elkeen ‘n besielende vooruitsig wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.