Swart verwoesting in Coligny ryklik beloon deur die provinsiale regering

Die familie van die 16-jarige swart jeudige wat vroeër vanjaar in Coligny in Noordwes dood is, sal Donderdag ‘n amptelike besoek van die burgemeester van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, Daniel Buthelezi, ontvang.

Die woordvoerder van die provinsiale regering, Brian Setswambung, sê die burgemeester sal ‘n sooispitseremonie op die terrein hou waar die Moshoeu-families se nuwe huis gebou sal word. Die familie woon tans in die Scotland-plakkerskamp.

Setswambung sê die besoek sal deel vorm van die plaaslike regering se “versoening-, genesings- en hernuwingsprogram”.

Die dood van die jeudige het aanleiding gegee tot weke van openbare geweld wat ‘n spoor van verwoesting in Coligny gelaat het.

Verskeie winkels, voertuie en winkels is in die proses beskadig. Pieter Doorewaard en Phillip Schutte wat daarvan beskuldig word dat hulle Moshoeu “vermoor” het, sal op 7 Augustus in die hof verskyn.

In die media is die twee wit boere reeds skuldig bevind. Al die hoofstroom nuusbronne wat berig oor die dood van die jeugdige, gebruik spesifiek die term “vermoor”. Hulle beweer dat die swart jeugdige “vermoor” is, terwyl die twee wit boere nog nie skuldig bevind is deur ‘n hof nie.

“Een van die dinge wat die burgemeester sal doen, is om amptelik die familie in kennis te stel dat die regering ‘n besluit geneem het om hulle ‘n nuwe huis te bou. Die burgemeester sal ook kruideniersware oorhandig en met verskillende belanghebbendes oorleg pleeg,” sê Setswambung.

Die verwoesting wat die swart gemeenskap gesaai het, word noe beloon. Die huise van wit inwoners wat afgebrand is, gaan nie vervang word deur die regering nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Ek dink nie ons kan van ‘n ontspoorde demokrasie praat nie …hierdie model van demokrasie in NSA vorder presies soos dit beplan is ….doelgerig vernietigend ????

  • “Die dood van die jeudige het aanleiding gegee tot weke van openbare geweld wat ‘n spoor van verwoesting in Coligny gelaat het.” So ver verstaan het die oorspronklike betoogings gegaan oor diens lewering, en die kind se dood was deur die ANC uitgebyt om die fokus van hulle af te haal. So daardie paragraaf is dus fals nuus, PRAAG behoord bo verdenking te wees, maak asb ‘n regstelling

    • Charles

      betogings, dienslewering(een woord), vals, behoort 🙂

      • Rifrug

        uitgebuit

    • G

      Dis duidelik uit die berig dat die swartes die dood as ‘n verskoning gebruik het. Dis nie vals nuus nie.

  • Selfbeskikking. Eie “SARS” … Die “blanke beskawing” het verseker lankmoedige (mooi Bybelse Christen) waardes, maar apatie en versuim glo ek is ‘n sonde wat ons toegereken sal word.

  • JESSEJAMES

    “Die verwoesting wat die swart gemeenskap gesaai het, word noe beloon” – nou = nou?

    • Rifrug het daardie een gemis.