Plakkers val brandweer aan wat hul brandende kliniek wil red

Deel op

Die Kaapstadse brandweer moes pogings laat vaar om ‘n brand in ‘n gemeenskapskliniek in die Joe Slovo-plakkerskamp in Milnerton te blus nadat oproeriges hulle met klippe bestook het.

Dit is natuurlik heel gepas dat die verskroeide plakkerskamp waar inwoners hul eie omgewing vernietig, na die Suid-Afrikaanse kommunis Joe Slovo vernoem is.

RSG berig dat die kliniek vroeër tydens ‘n “diensleweringsbetoging” aan die brand gesteek is, want skynbaar is die openbare uitsaaier nie bewus daarvan dat ‘n kliniek ‘n diens aan die gemeenskap is nie – in dié geval plakkers wat waarskynlik nie veel belasting betaal nie.

Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stad se begroting is uitgeput en hulle sal nie die kliniek in die nabye toekoms kan herbou nie. Smith sê benewens die kliniek is nog ‘n aantal geboue aan die brand gesteek.

Die Metro sê brandbestryding moes Maandagaand gestaak word weens die plofbaarheid van die situasie. Die brandweerhoof, Theo Layne, sê oproeriges het die brandbestryders met klippe gegooi, waarna die polisie die brandweer beveel het om van die toneel te onttrek.

Layne hulle sal eers kan terugkeer sodra dit weer veilig is. Vermoedelik sal dit dan te laat wees om enige munisipale geboue te red.

Die Kaaptadse Metro het die publiek intussen gevra vir inligting om die skuldiges te kan vastrek.

Tando Jafta, die DA raadslid vir Wyk 4, wat gebiede soos Phoenix, Joe Slovo en deel van Milnerton insluit, het sedert November nie ‘n raadsvergadering bygewoon nie.

Die DA het hom geskors nadat hulle ‘n klag ontvang het. Ten spyte daarvan dat hy van die party geskors is, was hy veronderstel om sy pligte as raadslid voort te sit. Beide subraad- en raadsvergaderings is noodsaaklik vir inwoners se bekommernisse wat ingedien en opgelos moet word.

Jafta is nou uit sy posisie ontslaan, maar het nie eers sy eie dissiplinêre verhoor bygewoon nie.

Volgens die 2011-sensus het Phoenix ‘n bevolking van 4 219, is 56 persent swart en 36 persent bruin. Sowat 32 persent van die gemeenskap is Engels en 24 persent is Xhosa. Die naburige Joe Slovo het ‘n bevolking van 12 629 en is 95 persent swart, maar net 66 persent van die bevolking is Xhosa.

Daar is wrywing tussen die swart en bruin inwoners aangesien sommige gebiede baie hoë vlakke van diefstal en vandalisme ervaar.

Rioolprobleme is algemeen in die Milnerton-omgewing waar Phoenix en Joe Slovo besonder geraak word aangesien die rioolstelsel nie in staat is om die sowat 16 000 mense in ‘n gebied onder 0.6km2 te akkommodeer nie. Rioolpype wat oorvloei is as gevolg van die oorbevolking.

Maar die DA betwis dit en sê daar is “baie misbruik deur die storting van onvanpaste voorwerpe in die stelsel, wat ‘n hoë aantal blokkasies en pompstasiefoute veroorsaak.” Die stelsel word tans opgradeer.

Al die politieke partye fokus op Joe Slovo omdat daar drie keer soveel mense daar woon as in die bruin gebied en dus meer stemgeregtigdes.

‘n Bruin inwoner sê net nadat die DA die Wes-Kaap gewen het “dit was die einde van dienslewering in Phoenix”.

Intussen is treindienste in Nancefield in Soweto tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit volg op die skietdood van ‘n 17-jarige swart jeugdige, na bewering deur veiligheidswagte tydens Maandag se “diensleweringsbetogings”.

Inwoners het ná die jeugdige se dood drie veiligheidswagte aangeval en een doodgeslaan. Metrorail het bewerings ontken dat hul sekerheidsdienste gewapen is.

‘n Woordvoerder van Metrorail, Lillian Mofokeng, sê die protesoptrede was nie oor treindienste nie, maar oor ‘n gebrek aan behuising.

Die woedende gepeupel het treine begin beskadig, waarna die veiligheidswagte opgetree het. Mofokeng het bevestig dat die wagte nie gewapen is nie. Die polisie is nog besig met die ondersoek.

In Nog ‘n voorval van openbare geweld is ‘n sestienjarige swart jeugdige in hegtenis geneem nadat skare swart oproeriges winkels by Capricorn naby Muizenberg, Kaapstad, geplunder het.

Die polisie het ingegryp nadat oproeriges wat vroeër vermoedelik by taxigeweld betrokke was, buitebande aan die brand gesteek het. Spanning tussen strydende taxi-organisasies het die afgelope paar weke opgebou en meer as 70 taxi’s is Maandag geskut. ‘n Polisiewoordvoerder, André Traut, sê die polisie monitor die situasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.