Boere in Rustenburg, Ladybrand aangeval kort na Lichtenburg se gru-moord

In die Rustenburg-omgewing is ‘n boer in nog ‘n plaasaanval in die Noordwes-provinsie aangeval en in die arm geskiet.

Drie swart aanvallers het glo die boer oorval toe hy by sy hek op die plaas stilgehou het. Hy en sy minderjarige kind is aangehou. Volgens hom het ‘n geveg toe uitgebreek waarna die boer in sy arm gewond is.

Die swart booswigte het later te voet ontsnap en dit is nie bekend watter items tydens die aanval gesteel is nie. Die boer is in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.

Die boer het glo van ‘n kroeg af teruggekeer toe hy aangeval is. Die tyd van die aanval is in hierdie stadium nog onbekend. Die boer het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie. Hy is steeds in die hospitaal.

Hy het ook gaste gehad wat op sy perseel gebly het, maar hulle is ongedeerd. Die polisie ondersoek glo die jongste voorval.

Die aanval volg kort nadat ’n 46-jarige man by die Habernia-plaas naby Lichtenburg deur drie swart aanvallers ten aanskoue van sy ma in die kop geskiet is.

Die 46-jarige Hanno Steyn is Vrydagaand deur drie onbekende plaasaanvallers vermoor. Steyn is vasgebind en ten aanskoue van sy ma, Zackie, in die kop geskiet.

Die drie swart aanvallers het met ‘n onbekende voertuig op die plaas aangekom en voorgegee dat hulle skape wil koop.

‘n Woordvoerder van die Noordwes-premier, Supra Mahumapelo, sê na aanleiding van die aanval die Premier glo daar moet “versoening” kom wat aandui dat Mahumapelo probeer voorgee dat boere vermoor word weens ‘n gebrek aan “versoening”.

“Premier Mahumapelo wil mense in die provinsie aanmoedig om by die Versoening, Genesing en Hernuwingsprogram van die provinsie aan te sluit. Dit is daarop gemik om te verseker dat plaas-eienaars, plaaswerkers, sowel as mense met verskillende agtergronde saamwerk om te verseker dat ons die provinsie vorentoe neem,” het Setswambung bygevoeg.

In hierdie stadium het die polisie nie bevestig wat gesteel is nie en die ondersoek duur voort.

Die polisie in die Vrystaat het ‘n soektog geloods na twee swart verdagtes in verband met nog ‘n plaasaanval buite Ladybrand.

Phumelelo Dlamini, polisiewoordvoerder, sê ‘n 46-jarige boer, Hamilton Bruce, en sy vrou is Saterdagaand deur twee mans op hul plaas aangeval. Dlamini sê Bruce het hoofbeserings aangeval en opgedoen.

Die swart verdagtes het na bewering van die toneel gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant, ‘n skootrekenaar en selfone.

Dlamini sê dit word beweer die verdagtes is buitelandse burgers en doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Willem

    “Dlamini sê Bruce het hoofbeserings aangeval en opgedoen.”
    Dit moet seker lees “.. het hoofbeserings in die aanval opgedoen.”

  • Willem

    Die Bethlehem beheerkamer het gister, Maandag, ‘n berig uitgestuur van ‘n mislukte plaasaanval tussen Bethlehem en Reitz. Aanvallers was gewapen, niemand is beseer of aangekeer nie.

  • Ons moet na mening weer ons perspektief op die warmwordende stoofplaat ondersoek. Plaasaanvalle en brutale misdaad neem nie af nie, ten spyte van berade by die dosyne. Aangehidste rassisme en uitlaatings teen blankes, sowel as howe wat uitsprake teen blanke minderheidsregte bevorder, laat blankes in SA voor dringende keuses. Die minste wat ons elkeen kan doen is om die wol om die kop weg te druk en die denke aan die werk te kry sodat ons doelgerig effektief op burgerlike beskerming, eendrag maak mag en ekonomiese herlewing vir ons mense kan begin fokus. Iewers moet dit tot ons deurdring dat die trant van plaasaanvalle onaanvaarbare leemtes in die struktuur van ons blanke samelewing, landbou netwerke, landbou besigheid, werkverskaffing en samewerking teweegbring. Wanneer dan begin ‘n kultuurgtoep met ‘n unieke geskiedenis in rentmeesterskap te herfokus?

  • skobbejak

    Kyk in al my eenvoudigheid sien ek – dis n wit-haat-swart pan-afrika rewolusie waarin ons betrokke is – HKGK binnekort.
    Rhodesie se spook loop beslis rond in die nuwe SA. Binne 2 jaar ???