Franse polisievrou net buite Parys ontvoer en verkrag

Deel op

Frankryk begin steier onder multikulturele misdaad en geweld. In die jongste voorval waaroor die koerant Le Parisien berig, is ‘n munisipale polisievrou Donderdagaand deur twee mans ontvoer en verkrag.

Sy was besig om in haar privaat voertuig huis toe te ry toe sy oorval is, met ‘n papiersnyer aangehou en deur een van die mans verkrag is. Haar aanvaller en sy medepligtige verkeer steeds op vrye voet.

Die jong dame werk vir die munisipale polisie in die Val-de-Marne-departement wat aan dié van Parys grens. Donderdagaand was sy omstreeks agtuur op pad huis toe agter die stuurwiel van haar motor. Sy het egter nie meer haar uniform aangehad nie en was ook nie gewapen nie. Toe sy ‘n sms ontvang, hou sy langs die nasionale pad stil om dit te lees.

Dit is toe dat twee “mans” – waarvan die ras en afkoms nie in die berig vermeld word nie – op ‘n bromponie langs haar stilhou. Die bestuurder dreig haar met ‘n papiersnyer. Sy oorhandig haar selfoon, maar dis nie genoeg nie. Sy word in haar eie motor weggery en op ‘n leë erf agter ‘n bos bome verkrag. Blykbaar word sy op die grond gedwing en sit die man eers ‘n kondoom aan voor hy haar verkrag, terwyl sy vriend kywie hou.

Die verkragting het naby ‘n groot supermark, die Carrefour in die voorstad Villejuif, plaasgevind.

Die twee verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Blykbaar was haar aanvallers nie eens daarvan bewus dat sy ‘n polisievrou is nie. Agterna het sy in haar motor geklim en by vriende gaan hulp soek, wat die ambulans ontbied het.

Die polisie ondersoek tans die saak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.