Swart gepeupel steek bus aan die brand in Kaapstad

Deel op

Die Kaapstad Metroraad het die voorval veroordeel toe ‘n groot negemeter MyCiti-bus Sondag in Joe Slovo naby Milnerton aan die brand gesteek is.

Volgens die burgemeesterskomiteelid, Brett Herron, het ‘n groep swart jeugdiges na bewering die bus aangeval.

Niemand is beseer nie. Busse langs die roete sal tot verdere kennisgewing herlei word. Die motief vir die aanval is glo nog onbekend.

“Die motief vir hierdie sinnelose en skokkende aanval is onbekend. Ons het al ons inwoners nodig om by ons aan te sluit om die gewelddadige aanvalle op ons openbare vervoerstelsel te veroordeel. Daar is absoluut geen verskoning of regverdiging vir hierdie kriminele gedrag wat die vordering wat ons maak, ondermyn en verhoed dat ons ‘n meer inklusiewe en toeganklike stad skep nie,” het hy gesê.

“Finansiële hulpbronne is beperk. Om te vernietig wat reeds bereik is, beroof almal van verbeterde toegang tot werksgeleenthede, geleenthede, skole en klinieke en ander dienste. In die besonder, die gemeenskappe wat afhanklik was van openbare vervoer vir hul mobiliteit het die meeste gely. Laerinkomste-gesinne wat gemiddeld 43% van hul maandelikse inkomste op vervoerkoste bestee en in sommige dele van Kaapstad is die koste so hoog as 60%.”

Die stad was dag en nag werksaam om die koste van openbare vervoer te verminder sodat Kaapstad meer billik en toeganklik was vir behoeftiges, het hy gesê.

“Diegene wat die openbare vervoer-infrastruktuur na willekeurig vernietig het, het die wettige bewoners van hul reg op bekostigbare, toeganklike en veilige openbare vervoer ontneem omdat hulle gegrief was. Die spoorstelsel is reeds verlam deur die aanhoudende sabotasie en gewelddadige aanvalle, en daardeur het duisende pendelaars na openbare vervoer per pad oorgeskakel.

Dit is hoog tyd dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die skuldiges vasvat sodat hulle aangekla en vervolg kon word. Anargie, geweld en die vernietiging van stedelike eiendom is onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie,” het Herron gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.