Republikeine ontdek geheime fonds vir linkse pro-immigrasie aktiviste

Deel op

Opregte linkse selflose voetsool-aktiviste of gewone parasiete? Dit is die vraag wat in opgekom het toe die Amerikaanse kongresondersoekers in Maart vanjaar ontdek het dat die Obama-administrasie miljarde dollars aan linkse aktivistiese organisasies geskenk het deur ‘n korrupte geknoeiery by die Amerikaanse Departement van Justisie.

“Dit is duidelik dat partypolitiek ‘n rol gespeel het in die onwettige aksies wat begaan is,” het die Republikeinse wetmaker John Ratcliffe van Texas gesê. Hy het aan Fox News gesê: “Die DOJ is die laaste plek wat dit moes plaasgevind het.”

Die skema is in geheimhouding gehul terwyl fondse in ‘n doolhof van nie-winsgewende fronte gevloei het na die sogenaamde voetsool-aktiviste. Judicial Watch se Tom Fitton het aan Fox News gesê: “Dis afpersing. Dit is korrupsie, suiwer en eenvoudig.” Fitton het gesê voorstanders van groot regering en “progressiewes” het basies die Departement van Justisie gebruik om geld van korporasies te vat.

Groot banke wat deur die regering gedagvaar word vir diskriminasie of verbandmisbruik, kan hul sake afkoop deur aan derdepartyse nie-slagoffers skenkings te maak. Alhoewel die reëls nie spesifiseer hoe hierdie derdepartygroepe die geld moet gebruik nie, is kritici van mening dat banke aansporings kry om te skenk aan sekere nie-winsgewende instellings eerder as om dit aan verbruikers terug te gee.

Kongresondersoekers het tot dusver gevind dat $3 miljard aan “nie-slagoffer-entiteite” betaal is.

Ted Frank, direkteur van die Mededingende Ondernemingsinstituut vir Klas Aksies, het aan Fox News gesê: “Die onderliggende probleem met die fondse is dat ons nie presies weet waar die geld gaan nie.” Maar dit word nog erger, volgens Frank. “Met behulp van die handhawingsgesag wat korporatiewe verweerders afpers, neem die DOJ burokrate miljarde weg van belastingbetalers vir hul troetelprojekte om hul voorkeure te finansier.”

Volgens Frank moet die geld na die Tesourie-afdeling gaan omdat die proses die wesenlike uitgawes van die wetgewende gesag onderskryf. Die Departement van Justisie beweer dat geld toegelaat word om die Tesourie te omseil omdat die banke se bydraes aan sulke groepe “vrywillig” is.

Obama-surrogate in die regering se aanspreeklikheidskantoor en kongresnavorsingsdiens het natuurlik tot die gevolgtrekking gekom dat die skikkingsooreenkomste nie die Kongres se mag van die beursie systap nie. Maar Franks stem heeltemal nie saam nie. “Dit is doodgewone korrupsie,” het hy gesê.

Die linkse fronte wat baat gevind het by die korrupsie staan vir die bevordering van “onwettige immigrasie en voorspraak vir voordele en bestuurslisensies vir ongedokumenteerde immigrante” sodat hulle vir die Demokrate kan stem.

Senator James Lankford het aan Fox News gesê. “Dit is nie ‘n republikeinse of demokratiese kwessie nie, maar een van goeie regering. Aksies wat deur die federale regering gevoer is, moet teruggaan na die federale regering, terug na die belastingbetaler.”

Die senator het die Stop Settlement Slush Fund Act van 2017 ingestel om die misdade deur Obama se Departement van Justisie te beëindig om geld na hul linkse troetelprojekte te kanaliseer.

“Die protes is so organies soos ‘n plastiekbeker,” het Fitton spottend gesê. “Daar is ‘n massiewe linkse infrastruktuur in plek om die monsterregering wat deur die Obama-administrasie geskep is, te beskerm.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.