Skoppensboer: Ons kort ‘n nuwe idee soos… apartheid

By die onlangse Jeugdagvieringe het president Jacob Zuma gesê dat die jeug “radikaal en revolusionêr moet dink”. As ‘n louwarm aanhanger van die president — by gebrek aan enige ander leierskap in ons land — het hierdie gedagte Skoppensboer nou spreekwoordelik “aan die dink gesit”.

Op die oog af lyk dit moeilik om enigiets uit te dink wat meer radikaal is as die daaglikse uitsprake van politici, predikante en joernaliste in ons land. “Vat al die grond!” sê Malema. Om nie te vergeet van die ANC-lid en munisipale amptenaar, Velaphi Khumalo, wat op Facebook gesê het nie: “Ons moet die land van alle witmense reinig. Ons moet maak soos Hitler met die Jode gemaak het.”

Selfs die voormalige rektor van die Potchefstroomse universiteit en huidige direkteur van die FW de Klerk-stigting, Theuns Eloff, het al bely: “Ek is ‘n revolusionêr.” Komende van iemand wat blykbaar as ‘n Dopperteoloog opgelei is, is dit, ja, nogal radikaal.

Nou die dag was daar blykbaar ‘n persoon van Black Land First op RSG wat teen blanke boere uitgevaar het en waarom sy nou haar “gesteelde grond” sonder betaling wil terughê. Black Land First onder die bekwame leierskap van Andile Mngxitama wat openlik ‘n antiwit revolusie aanblaas, is dus nou hoofstroom.

Blykbaar gaan die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit (deesdae UJ) ‘n handleiding publiseer waarmee kursusse “gedekoloniseer” kan word. Dit kom so op die hakke van die UJ-ouditorium wat in ‘n daad van dekolonisering afgebrand is en voor die Bloemfonteinstadsaal onlangs tydens dieselfde tipe “bevrydingsgebaar” verbrand is.

Dus, Suid-Afrika is reeds ‘n radikale samelewing wat oorloop van revolusionêre, stadsaalafbranders, grondgrypers, en natuurlik misdadigers. O ja, en minibustaxibestuurders wat nie meer stilhou vir rooiligte nie; dis nog ‘n koloniale item op ons paaie wat deesdae net vir versiering tussen groen, geel en rooi flikker.

Die sinoniem vir “revolusie” in ons land is mos “transformasie”. Terloops, Skoppensboer sien die Hollanders praat deesdae van “omvolking”, waarmee die beoogde vervanging van Nederlanders deur Moslems bedoel word. Dis eintlik net ‘n ander woord vir “transformasie” hier by ons, want daarmee word ook die omvolking van instellings van wit na swart bedoel. Suid-Afrika is reeds volledig geomvolk, of dalk omgevolk. Die intelligente leser sal woordspel hier raaksien.

Vandaar dus Skoppensboer se nuwe, radikale idee: Bring apartheid terug. Daar is mense wat sê dat kommunisme nie mooi gewerk het nie, want dit is “net verkeerd toegepas”. Daarom is Suid-Afrika ook nou goed op pad na onverdunde kommunisme toe, met kollektiewe landbou en die aanhoudende jag op “fasciste” en “rassiste”. Stalin sou baie tuis voel hier in 2017; dis net 1917 met selfone.

Dog ook apartheid is nooit ‘n behoorlike kans gegun nie, toe word dit afgeskaf. Hoe meer Skoppensboer Verwoerd se toesprake lees, hoe meer kan hy insien dat die hele ding nie so vergesog was nie. Behalwe, Verwoerd was heeltemal te liberaal, waarskynlik omdat hy in Nederland gebore is en te lank in die ou Rhodesië tussen Engelse skoolgegaan het. Een fout van apartheid was: Ons moes nooit onafhanklike tuislande (wat die Engelse pers as “Bantoestans” bespot het) geskep het nie. Vir Skopppensboer is die antwoord eenvoudig: Waarom ten duurste groot dele van ons land weggee vir Bantoestans wat niemand wil erken nie, as daar ‘n stuk of vyftig Bantoestans dwarsdeur Afrika bestaan en waarvan die onafhanklikheid reeds universeel deur ander state en die VN erken word? Dink maar aan die drie Engelse Bantoestans hier in ons midde: Lesotho, Swaziland en Botswana, wat oorspronklik “Britse protektorate” genoem is. Dis mos ook apartheid, maar omdat Brittanje dit geskep het, is hulle Bantoestans dooddollies.

Volgens Africa Check, jou gunsteling- George-Soros-ondersteunde nie-regeringsorganisasie, bestaan daar 55 state in Afrika, dus aan Bantoestans is daar geen tekort nie.

Vandaar nou Skoppensboer se nieu-apartheid: Kom ons transformeer die land weer terug na ‘n Afrikanerland toe en stuur ‘n klomp Bantoes terug Bantoestans toe. Sonder passe, want die passtelsel was net ‘n klomp moeite en het niks gehelp nie. Jy kort ‘n fisieke grens met ‘n hoogspanningsdraadheining wat enige voornemende onwettige immigrant net daar tot houtskool reduseer.

In elk geval is dit net ‘n kwessie van tyd voor die EFF en Black Land First ‘n volskaalse Bantoe-kommunistiese revolusie in ons land gaan ontplooi. Ons sal óf doodgemaak óf soos die blanke Rhodesiërs en Portugese met die klere aan ons lywe iewers heen moet vlug. Veg of vlug is eintlik al opsies wat oorbly, met meeste mense wat reeds vir die vlug-opsie Australië toe of waar ook al gekies het.

Maar gestel ‘n paar Skoppens- en ander boere veg terug? Tot ons stomme verbasing verower ons dalk Voortrekkerhoogte en Tempe in ‘n vroeë fase van die stryd, want volgens gerugte is Umkhonto we Sizwe sonder Oos-Duitse instrukteurs nie meer so op en wakker soos wat hulle was nie.

Dan gaan dit behoorlik ‘n geval wees van die hond wat die bus gevang het, en nie mooi weet wat om daarmee te maak nie!

Eerste kan ons die naam verander na die Afrikaanse Republiek, om geen twyfel te laat oor waar ons lojaliteit lê nie. Stryk die onderbroek en hys die oranje-blanje-blou! Maar watter staatsvorm sal ons kies, behalwe nou om apartheid terug te bring?

Kom ons wees eerlik: Demokrasie het in ons land misluk. Iemand het gesê dat demokrasie bloot die ompad na kommunisme is. In ‘n verdeelde land soos Suid-Afrika loop enige verkiesing in elk geval op ‘n rasse- en etniese sensus uit waarin ons weens ‘n gebrek aan getalle de facto ontkieser is. Erger: die Afrikanerbevolking is ná 23 jaar van konstante breinspoeling en intimidasie in so ‘n toestand van verwarring en Stockholm-sindroom dat nie eens ons eie mense vertrou kan word om by die stembus “reg te stem” nie. Ons het al oor en oor gesien hoe hulle, soos kalkoene vir Kersfees, téén hul eie en die volksbelang stem. Hulle sal eerder vir Jacob Zuma of Musi Mmaimane stem as ‘n stoere Afrikanerleier wat Afrikaans, eie skole en die behoud van ons kultuur voorstaan.

Dus: op die kort en selfs langer termyn, sal ‘n volkseie militêre junta die land moet regeer. In elk geval kos verkiesings net geld wat op baie beter dinge bestee kan word as ‘n klomp narre wat twak praat en mekaar persoonlike verwyte of beledigings toeslinger.

Vele mense droom al jare lank daarvan om die verraaiers soos FW de Klerk, Roelf Meyer, Leon Wessels en kie. voor die vuurpeleton te sit. En natuurlik sal dit die eerste ding wees wat die volkseie militêre junta sal laat geskied. Krygsrade sal dié mense summier verhoor, vonnis uitspreek en agterna kan daar lootjies getrek word oor wie ‘n beurt kry om dié aangename takie te verrig. Let wel, dis bloot ‘n voorspelling van Skoppensboer en geen oproep om dié eerbiedwaardige politici van kant te maak nie, anders byvoorbeeld as Johnny Depp se onlangse oproep om ‘n sluipmoord op president Donald Trump uit te voer.

Nie net voormalige NP-politici nie, maar alle sigbare meelopers met die huidige terroristeregime behoort verhoor te word. Ook die media en van die joernaliste wat ons al jare lank met hul linkse, volksvyandige propaganda teister, moet voor die krygsraad verskyn. Uiteraard sal Max du Preez en Adriaan Basson die doodstraf vir hoogverraad kry. Sommige ander ampsdraers by Naspers soos Esmaré Weideman mag dalk net vyf of tien jaar Kroonstad toe gaan om oor haar sondes en verraad na te dink. Sy sal wens vir ‘n koppie tee van Steve.

In die links-liberale Wes-Europa is daar deesdae interessante idees oor burgerskap in omloop. Sommige lande bespreek die gedagte dat indien jy byvoorbeeld as radikale Islamis jou haat en afsku teen sê nou maar Frankryk as Westerse samelewing uitspreek, dan mag jy van jou burgerskap ontneem word en die land uitgesit word.

Ek veronderstel ons volkskeie militêre junte sal by wyse van dekrete regeer. Een van die eerste dekrete moet wees dat waar iemand hom skuldig maak aan Boerehaat, die sing van liedere soos “Kill the Boer”, die skree of verf van slagspreuke soos “Afrikaans must fall”, dan stel hy of sy hul bloot aan ‘n summiere regsprosedure waarvolgens hulle onmiddellik hul burgerskap verloor en na hul vorige land van herkoms gedeporteer word. Indien daar geen vorige land van herkoms vasgestel kan word nie, dan word dit by verstek as Zimbabwe gereken.

Dieselfde moet geld openbare geweldpleging, soos die afbrand van die Pretoriastasie, die Bloemfonteinstadsaal, die RAU-ouditorium of selfs minder erge gevalle van brandstigting en saakbeskadiging. Vang hulle, neem hulle foto’s en vingerafdrukke en deporteer hulle. Teen die tyd dat ‘n paar honderd duisend onlusmakers uit die land gesit is, sal hulle twee keer aan onluste as ‘n loopbaan begin dink.

Uiteraard sal die polisie en die weermag binne enkele weke terug getransformeer word tot twee trotse, korrupsievrye instellings onder volkseie bevel. Die onluseenheid moet ook nie huiwer om skerppuntammunisie te gebruik nie. Veels te min belhamels is destyds by Sharpeville of in Soweto doodgeskiet; ons moet ‘n les leer by die Chinese en hul Tianenmeinplein. So ‘n duisend op ‘n slag sal as afskrikmiddel teen openbare geweld dien, tesame met die uitsettings en burgerskapontnemings.

Soos onder apartheid van ouds, sal die land heel rustig wees. Buitelandse joernaliste wat ons probeer beswadder, van rassisme en verdrukking beskuldig, ens., moet binne 24 uur uit die land gesit word en op die lys van verbode immigrante geplaas word.

En so gepraat van media: Sedert die 1890’s en selfs daarvoor, sit ons met ‘n baie groot probleem in die vorm van die Johannesburgse media wat die buiteland, veral Brittanje, dien en konstant enige plaaslike regering ondermyn. Hulle ondermyn selfs die huidige Zoeloeregering, wat nog te sê ‘n Afrikanerregering. Daarom moet hulle deeglik in die bek geruk word.

Die Wet op geaffekteerde organisasies van 1974 moet terug op die wetboek, sy dit dan in aangepaste vorm. Waar ‘n organisasie of koerant, webblad of wat ook al, hom aan Boerehaat, anti-Afrikaanse propaganda, die propagering van hoogverraad en dergelike meer skuldig maak, moet hy onmiddellik van alle finansiële bronne ontneem word. Geen adverteerder of borg mag so ‘n medium ondersteun nie. Dit sal die hele marxistiese propagandamasjien van sy suurstof ontneem.

Dan, wat Naspers betref. Nadat die ampsdraers van dié organisasie verhoor en gevonnis is — met verskeie doodsvonnisse, dit spreek vanself — moet dit genasionaliseer word en tesame met die SAUK onder volkseie bestuur geplaas word.

Die universiteite, veral die Engelse universiteite, was nog altyd ‘n groot bron van ergernis. In die sewentigerjare het die hele land die NP ondersteun. Vergeet maar vir ‘n oomblik van Vorster se voorliefde vir brandewyn en gholf, en dat hy nie baie slim was nie. Feit is dat 80% van die blanke kiesers vir hom gestem het. Selfs The Star in Johannesburg het die behoud van die blanke beskawing en die stryd teen kommunisme ondersteun, tesame met al die ander media in die land. Dit was net The Rand Daily Mail wat heftige kritiek teen die regering uitgespreek het, tesame met ‘n klein groepie Boerehaat-marxiste op die Engelse kampusse. Uiteindelik het dié koerant weens sy linkse standpunte onder Alister Sparks en Helen Zille weens ‘n gebrek aan advertensies ondergegaan.

Ons moet leer uit die verlede, daarom moet sowel die Engelse media as hul kampusse genadeloos aangevat word. In die eerste weke ná hul bewindsoorname, sal die volkseie junta die Afrikaanse kampusse tot hul eertydse glorie herstel. Ons sal deur al hul publikasies werk; die akademici wat hulle aan marxisme, feminisme, Boerehaat, antiblanke propaganda, en dies meer, skuldig gemaak het, sal summier afgedank word sonder enige vergoeding of pensioenuitbetalings en op ‘n swartlys kom. Enigeen op die swartlys mag nooit weer ‘n pos aan enige opvoedkundige instelling of in die media beklee nie.

Laat ons ons nie om die bos lei nie: Daar bestaan reeds ‘n swartlys van “regse” akademici, skrywers en denkers in die huidige Suid-Afrika. As jy nie gal braak teen “witheid”, kolonialisme, apartheid en Afrikaners nie, sal jy nêrens aan ‘n universiteit of selfs in die hoofstroommedia aangestel word nie. Dus sal Links net in eie munt terugbetaal word.

Die Afrikaanse universiteite sal weer Afrikaans wees, dit spreek vanself. Enige onlusmakers wat dit nie aanvaar nie, sal op die trein Beitbrug toe gesit word.

‘n Vraag wat Skoppensboer nogal boei, is wat om met die Engelse kampusse te maak? Dit is nou nadat Max Price, tesame met Pierre de Vos en die hele gespuis aan die Universiteit van Kaapstad afgedank en ‘n goeie klompie gedeporteer is. Adam Habib van Wits sal terug wees in Indië of Pakistan of waar hy ook al vandaan kom. Aanvanklik het Skoppensboer gedink dat die vier Engelse kampusse (Wits, UK, Rhodes en Natal) summier gesluit en platgestoot moes word, gegewe hul geskiedenis van Boerehaat, propaganda vir volksmoord teen die Afrikaner, marxisme, feminisme en antiblanke ideologie, maar dalk kan hulle in ‘n soort hulpbron vir ons omskep word.

Ná alles is Engels ‘n internasionale taal wat deur vele mense oorsee ook verstaan word. Daarom, terwyl alle universiteitstudie voortaan in Afrikaans sal geskied, kan die vier Engelse universiteite getransformeer word tot internasionale regse universiteite. Jared Taylor kan as rektor van Kaapstad aangestel word en Kevin McDonald as rektor by Wits. Richard Spencer van Altregs-faam kan as hoof van die staatsleerdepartement by Wits benoem word. Beurse kan aan regse Amerikaanse en Europese jongmense beskikbaar gestel word om in ons land te kom studeer — in Engels. Maar: Afrikaans sal ook ‘n verpligte vak wees en vanselfsprekend sal alle studente baie gretig wees om dit aan te leer en te deel in die konserwatiewe revolusie wat in ons land onder die bekwame leiding van ons volkseie junta ontvou.

Transformasie beteken tans om die land tot ‘n swart Afrikaland te omvolk. Blankes moet hul werk verloor, uitgesluit word, les bes aangeval, beroof en doodgemaak word. Hierdie proses sal natuurlik omgekeer moet word. Deur volgehoue uitsettings van radikale, onlusmakers en Boerehaters na al 55 Bantoestans in Afrika, asook behoorlike grensbeheer wat buitelanders betref, sal ‘n bevolkingsbalans herstel word.

Ons moet ‘n weldeurdagte immigrasiebeleid hê. Hordes immigrante uit Nederland, Vlaandere, Duitsland, Skandinawië, Pole, Frankryk en vele ander lande sal belangstel om hierheen te kom, Afrikaans aan te leer en deel te word van hierdie grootse avontuur wat hom nou al byna vier eeue lank hier afspeel. Maar die volkseie junta sal ook maatreëls moet afkondig om groter gesinne onder ons volksgenote aan te moedig. Mense wat nie ná ouderdom dertig reeds drie kinders het nie — uitgesonder weens mediese redes of onvrugbaarheid — moet beboet word of hoër belastings betaal.

Skoppensboer lees nou die dag van ‘n Duitse immigrant in die vyftigerjare wat iewers op die platteland by ‘n Indiërmeisie begin “kuier” het. Die plaaslike SAP het dit opgemerk en hom daaroor gewaarsku. Toe hy die tweede keer by haar kuier, word hy in hegtenis geneem en summier gedeporteer. Skoppensboer twyfel of voornemende immigrante na die Afrikaanse Republiek nie reeds op hoogte sal wees van die plaaslike etos nie, maar ons het al dié rigsnoere uit die verlede om ons en ons immigrante op die regte pad te hou.

Verder sal daar ‘n kultuur wees wat sal put uit antieke Sparta, Duitsland tussen die twee wêreldoorloë en die Afrikaner-Gouetyd tussen 1948 en 1980: patriotisme, universele militêre opleiding en paraatheid, fiksheid, gesondheid, luisterryke Republiekdagfeeste, verpligte lidmaatskap van die Voortrekkers vir alle Afrikaanse kinders, en so meer.

Die ou streekskunsterade (TRUK, KRUIK, SUKOVS, ens.) sal terugkom, met Wagner-operas in die Staatsteater, asook opbouende toneelproduksies, onder andere. Ná dekades van uiterste dekadensie en verval, sal ons weer opstaan en ons kultuur en leefwyse met trots beoefen. Diepsinnige boeke sal geskryf word wat nie meer handel oor geslagsverhoudings tussen rasse soos by die Dopper-Don-Juan, André P. Brink nie, maar oor die sin van die lewe, van ons geskiedenis en volkskap hier in ons mooi land aan die suidpunt van Afrika.

Enige minibustaxi wat oor ‘n rooi lig ry, sal daar en dan gekonfiskeer word en die bestuurder ná twaalf houe met ‘n rottang op die trein Zimbabwe toe gestuur word. Ons moet ook nie ons geld mors op die tronke nie; moordenaars en verkragters moet gehang of ingespuit word, en vir geringe oortredings lyfstraf ontvang, tesame met uitsetting na ‘n Bantoestan.

Wat die verdere staatkunde betref, voorsien Skoppensboer dat die Pedi’s onder generaal Malema verslaan sal word en dan oor die Limpopo verdryf sal word. DIe Zoeloes sal aangemoedig word om almal terug te keer Zoeloeland toe. Gegewe die skade wat die Xhosas ons oor eeue berokken het, en steeds berokken, sal ons ‘n geskikte aflaaipunt iewers in Afrika vir hulle vind. Die DRK is meer as twee keer so groot soos Suid-Afrika, en beskik oor meer water as enige ander land in Afrika, met ongerepte tropiese woude waar selfs ‘n Xhosa sou kon oorleef. Dit sal die taak van ons vindingryke, revolusionêre regering wees om te sorg dat al tien miljoen Xhosas daar uitkom. Agterna sal die Oos-Kaap as ‘n toeristebestemming ontwikkel word, terwyl die motorfabrieke van Oos-Londen en Uitenhage deur uitsluitlik blanke werkers en robotte behartig sal word. In die BMW-fabriek in München werk sulke mooi, jong, blonde Duitse meisies wat net ‘n paar knoppies druk om te sorg dat die robotte en die geoutomatiseerde monteerbaan glad loop. Hoekom nie ook hier by ons nie? Ons het swart arbeid nie nodig nie.

Om verdere veediefstal te bekamp, moet Lesotho insgelyks met ‘n goeie elektriese heining omring word. Die meeste Sotho’s is in elk geval migrante van daar af en kan gerus teruggestuur word, veral dié wat hulle aan geweldpleging, Boerehaat of anti-Afrikaanse gedrag skuldig maak. Die Tswanas het reeds ‘n Bantoestan in die vorm van Botswana en voor hulle nog huise in Coligny afbrand, moet hulle aangemoedig word om soontoe te migreer.

Wat die bruines van die Wes- en Noord-Kaap betref, gun ons hulle demokrasie. Hulle kan leiers verkies vir ‘n Verteenwoordigende Kleurlingraad wat die junta in Pretoria van advies en aanbevelings aangaande hul gemeenskap sal bedien.

Ons hoef dit ook nie apartheid, wat in die buiteland ‘n gelade woord is, te noem nie. Ons kan dit bloot sien as die volgende fase van “transformasie”. Eers transformeer die land hom in die afgrond in, dan transformeer hy weer na sukses. Dit kan as ‘n natuurlike proses beskou word.

Of, soos Carel Boshoff junior van Orania op ‘n keer geskryf het: “Een revolusie roep ‘n ander op.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hierdie is ‘n baie gevorderde artikel. Ek wonder of iemand dit sal kan verstaan. Ek is self baie bang vir die “hond-wat-die-kar-jaag-Afrikaner-sindroom”. Ek weet regtig nie wat die Afrikaner-hond met die RSA-kar gaan maak as ons hom gevang het nie! Die stelling dat Apartheid en rassisme net reg toegepas moet word is iets om ernstig oor na te dink – amper soos om minder ernstig na te dink oor hoe kommunisme beter ingestel kan word. Na mening is dit wys om so vroeg moontlik so min as moontlik burokratiese rompslom in die Volkstaat se Selfbeskikkingsadministrasie in te bou. Daar is bv. nie tyd, plek en geld vir tronke nie! Buitendien hou die pioeniers Boere en Voortrekkers nie van hard werk in die kantoor nie. Ja, op die plaas werk en koffie drink op die stoep met roer, biltong en beskuit byderhand is wat ons beter doen. Daar moet ook nie te veel kerke wees nie. Dis ‘n baie groot gemors! Ons moet ook ons vriende beter kies as in die verlede. ‘n Nuwe idee soos Apartheid … ek hou van nuwe idees! Die res van Afrika verdien ook om apart te wees. Kom ons stem almal nou dadelik “ja” vir nuwe idees!

    • Karel Combrinck

      Hallo Johnny. ‘n Mens Wonder waarom hulle nog nie kerke afgebrand het nie. Sou dit wees omdat hulle weet die kerke is aan hulle kant?

      • G

        Natuurlik. Die kerke vertel die skepsels hulle is ons gelykes. Dis soos ‘n IK neutraliseerder vir wittes.

        • Ou Transvaal

          RAAK G RAAK!!! IK neutraliseerder KOLSKOOT…

        • Charles

          Hehe LMGA!

      • Ou Transvaal

        KOLSKOOT!!!!!

  • Suidpunt

    Enkele kantaantekeninge:

    “Die ou streekskunsterade (TRUK, KRUIK, SUKOVS, ens.) sal terugkom, met Wagner-operas in die Staatsteater, asook opbouende toneelproduksies, onder andere.” – Vreemd, in my derdejaar is ons wysgemaak hoe hierdie kultuurrade juis middelmatigheid aangehelp het. (En toe hulle val? Toe is daar vir jare net niks.)

    Die Reserwebank is die hoofsetel van die internasionale geldmag. Wat moet ons met hom maak?

    Die artikel kon miskien bietjie meer oor materialisme sedert 1970 geskryf het – dit bly ‘n spyker in ons doodskis.

    Die belangrikste vraag: hoe voorkom ons nog ‘n establishment wat op die volk se swaarverdiende geld heerlik bosberade hou en in swier leef? Want kyk wat het ek oor Afrikaanse kultuurorganisasies geskryf: die doel begin aanvanklik goed, maar dan begin dit té lekker gaan. Hier ‘n bietjie toegewing gee (Parkerpenne hou mos langer), daar ‘n bietjie skiet gee (ek kort ‘n privaatvliegtuig) – en op die ou end verkoop jy jou volk uit.

    • sussie se vissie

      Kruik terugbring?
      Herre help my.
      Met ons Broederbond ooms agter die stange…sal jy later kôts van opvoerings soos ‘Die Wildsboudjie’.
      Ad infinitum so.
      Wagner-operas sal kos ons ou Gé opgrawe en bietjie afstof…en vir tannie Mimi n paar nuwe stembande implanteer.
      My grootste kommer onder so n utopiese bestel: –
      Is Sondag karfoefel ( as grootse sonde ) dan weer uit soos bok-njam!?

      • Suidpunt

        Sussie, as my biegmoeder weet u seker: teater is van die duiwel self. Akteurs en aktrises is in die Middeleeue buitekant die stadsmure met die boemelaars begrawe. Hoekom? Want o.a. kerkvader Augustinus het die verhoog as ‘n duiwelse plan ingesien om die mensdom te korrumpteer. En hy was, nou dat ek daaraan dink, eintlik reg. O ja, toneelspel was ook beskou as ‘n spottery met God se kroonskepping.

        In baie van ons ou huise sal jy nog die Breëweg en Smalweg vind. Ek het trouens ‘n artikel daaroor geskryf by Wikipedia, soek “Die smal en breë weg (kunswerk)” op Google. Kyk mooi na die hellepad: danssale is die eerste treetjie na die verdoemenis. Want sien, dans bloukraanvoëls nie ook voor paring nie? Is diere nie “spelerig” voor die daad nie? Trouens, let op die die woordspeling in speels en sp_ls. Dans = die verbloemde s-woord.

  • Rooikop

    Dit is lekker om oor hierdie idees te dink en te droom. Net ‘n paar opmerkings;
    1) Lesotho – dit word deur ZA omring en is ‘n strategies waterbron. Annekseer dit en stuur die inwoners elders.
    2) Kultuurrade – meeste kunstenaars hang die liberalisme so ver aan – hulle is juis die priesters wat hierdie liberale geloof uitbrei.
    3) Getalle – Ek wil my verstout om te sê dat ek reken dat ons êrens tussen 100 000 en 500 000is wat moontlik so voel en met so ‘n bestel sal saamgaan. Die res is tog te bly om tussen die volk te leef, saam te kuier, saam te teel en gesellig te wees. Wat maar van die watkykertjies wat nooit ‘n geleentheid laat verbygaan om bv vir Dr Dan te bespot nie. Ek reken ons sal eers hierdie ongeveer 3.5miljoen blankes moet suiwer voordat jy eers na die res sal kan begin kyk.

    • Cousin Vinnie

      Rooikop, ek stem saam met jou punt 1 tot 3, en alhoewel mens seker kan droom, is ons tyd vir droom verby en as ons nie geheel en al wil ondergaan nie beter ons n soort plan bymekaar kry en begin doen! Ek sien meeste mense glo net aan bid en nie aan doen nie!

  • sussie se vissie

    Waardeerde heer,
    My wederhelf kry sy ganja uit Koffiebaai-omgewing.
    Duidelik is wat jy gebruik…uitvoer kwaliteit. Deel daar as goeie landsburger jou ‘info’?

    • Johanw

      Stem saam met jou.

  • Johanw

    n’ Lekker komiese artikel in die beswaarde tye wat ons leef. Bietjie later is die koffie koud en dan moet ons weer met alle erns stry vir ons volkstaat.

  • JDTAKL

    Ek se skaf Engels heeltemal af, ook by alle universiteite. Internasionale regses sal gretig wees om Afrikaans te leer.

    Dan koop ons ‘n vloot van so tien super groot passasierskepe en vir daardie swartes wat nog nie die wet oortree het nie bied ons verniet eenrigting kaartjies na Europa aan – immers is die Europeers baie gretig op derde wereldse immigrante.
    Hierdie skepe loop dan voltyds, jaar in, jaar uit, van Kaapstad na London, Rotterdam and Stockholm, en weer terug na Kaapstad. Amper soos ‘n konstante ‘produksielyn’.

    • G

      Uitstekende plan! Baie goedkoper as om ‘n land vol Makatese te probeer bestuur ook.

  • Fork

    Baie goed geskryf.
    Hier is ‘n paar ander voorstelle:
    1. Kommunisme – Die ANC & kie is so dom dat hulle dit nie eers kan toe pas nie. Om wat vandag in SA gebeur kommunisme te noem is belaglik.
    2. Demokrasie – Die ANC & kie het nie ‘n vaagse benul wat dit is nie. So ook baie van die ander wit linkses.
    3. Die plaas van wit linkses in tronk – Ons moet ‘n les leer uit die verlede. Hoe Mandela & kie in die tronk gesit is vir jare en tog aan bewind gekom het. Daar is net een uitweg vir die mense wat hulle eie mense verraai het. En ons weet almal wat dit is.

  • Krisjan Lemmer

    Pragtig man !!! Is daar nie erens hier op PRAAG n apteker wat hom wil ontferm oor oon FW wne oom Roelf en die bende nie. Jy weet -stuur elke maand so n paar vitamien pilletjies aan dat die manne nou nie die tydelike met die ewige verwissel voor dit gebeur nie. Hulle moet darem eers se waar al ons goud le wat hulle gesteel het saam met hulle oorsese pelle ens.
    Net daai goud alleen sal darem n handige ekonomiese inspuiting wees. Sal seker nie die goud terugkry nie maar die amerikaners kan maar n paar skepe en vegvliegtuie en n klomp skepe met noodsaaklike middele vir ons stuur.

  • Charles

    Dit is realisties gesproke net ‘n kwessie van tyd.
    Dit is belangrik dat ons, ons kinders en vrouens sal kan beskerm tydens die opwellinge wat gaan plaasvind.

  • Freddie

    https://www.thesouthafrican.com/black-first-land-first-issues-threatening-warning-to-all-white-journalists/

    Thought you might like to see this, if you haven’t already.
    Its Hilarious! please see link above, Max du Preez name on a BLF (Black Land First) list of white journalists to be resisted.
    Oh the irony, after watching CNN insert.
    Thanks for all your great work Praag
    cheers