Bruce Fordyce aangeval terwyl hy op straat draf

Bruce Fordyce

Die Suid-Afrikaanse langafstandatleet en herhaalde Comrades-wenner, Brucy Fordyce, is op straat in Johanensburg aangeval en beroof terwyl hy vanoggend besig was om te oefen.

Volgens ‘n vriend, mnr. Ray de Vries, is Fordyce, aangeval en van sy hardloopskoene en horlosie deur gewapende rowers beroof.

Die rowers het in ‘n motor langs Fordyce stilgehou en hy het aanvanklik gedink dat hulle padaanwysings wil vra, toe hulle ‘n vuurwapen te voorskyn haal en hom beveel om sy horlosie en skoene te oorhandig.

Maar blykbaar het Fordyce hom nie van stryk laat bring nie en het, nadat hy tuis ‘n ander paar skoene gaan aantrek het, sy oggenddraffie voortgesit.

Op die hoogtepunt van sy loopbaan as marathonatleet het Fordyce nege keer die moordende Comrades-wedren gewen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.