Die FW de Klerk-stigting het vroeër vandeesmaand aangekondig dat dit saam met Afriforum en ‘n liberale Engelse organisasie genaamd die Quaker Peace Centre gaan werk om ‘n hofsaak teen president Jacob Zuma te maak.
Volgens Megan Dick, ‘n woordvoerder van die FW de Klerk-stigting, verteenwoordig die drie organisasies ‘n “losse koalisie en ‘n diverse deursnee van Suid-Afrikaners, wat verenig is in hul (wens) om ‘n terugkeer na grondwetlike waardes en die regstaat te sien sover dit alle aangeleenthede betref wat die staat raak”.
Die Afriforum-FW-de-Klerk-QPC-koalisie gaan aansoek doen om ‘n verklarende bevel vanaf die Grondwethof wat die president weens botsende belange sal verbied om ‘n geregtelike ondersoek na “staatskaping” aan te wys. Volgens die FW de Klerk-stigting, het “die president reeds voorheen so ‘n botsing van belange voor die Grondwethof tydens die Nkandla-saak erken”.