Franse terreuraanval faal dag na Macron se party wen

Die Franse polisie sê die kamikaze-aanval op die Champs-Elysees was ‘n gefaalde terreuraanval.

Die voertuigbestuurder wat gistermiddag met sy voertuig in ‘n polisiemotor vasgery het in Parys, was sedert 2015 op ‘n veiligheidslys, die sogenaamde “Fiche S” en was bekend aan sekerheidsagentskappe. ‘n Joernalis van Libération het gesê hy het ‘n ontploffing gesien.

Die aanvaller was volgens wetstoepassers ‘n lid van ‘n radikale djihadistegroep. Die man het aan sy beserings beswyk na die botsing. Die polisie het ‘n AK-47 aanvalsgeweer, handwapens en gashouers in sy motor gevind.

Niemand anders is in die voorval beseer nie, maar twee metrostasies moes gesluit word in die area wat graag deur toeriste besoek word.

Maandag se terreuraanval kom ‘n dag ná die einde van Frankryk se parlementsverkiesings waarin president Emmanuel Macron se party ‘n meerderheid gewen het, as gevolg van ‘n wegblystem van sowat 20 persent sedert 2012 om ‘n historiese hoogtepunt van 58 persent te bereik.

Die swaarste immigrante- en Moslem-gebied, te wete Seine-Saint-Denis langs Parys, het die hoogste wegblystem van die 102 departemente gehad.

Macron beplan om die huidige noodtoestand te normaliseer met ‘n formele wetsontwerp Woensdag, wat daarop dui dat die regering geen einde aan die vlaag van terreuraanvalle sien nie. Die land verkeer sedert 2015 onder ‘n noodtoestand.

Die Britse Eerste minister, Theresa May het intussen die voorval gisteroggend by ‘n moskee in Londen as ‘n “terreuraanval” op Moslems beskryf, alhoewel die polisie sê die man het alleen gehandel.

‘n Man, vermoedelik van Walliese afkoms, het met sy voertuig in ‘n groep mense by die moskee ingeploeg. Elf mense is beseer.

ISIS-ondersteuners het ‘n oproep vir wraak vir die Finsbury Park aanval gedoen. Die simpatiseerders bevraagteken hoekom die aanvaller, wat met ‘n mes gewapen was, nie deur die polisie geskiet is soos die aanvallers van die Londen-brug nie.

“Hoekom het die polisie nog nooit ‘n Kaffer (nie-gelowige) geskiet nie?” het een op die “War News” WhatsApp-groep gekla.

Hulle het ‘n beroep op fanatici gedoen om “wakker te word” en wraak te neem in die nasleep van die gebeurtenis.

Niemand het opgedaag nie

Intussen het ‘n Moslem-vredesmars teen Islamitiese ekstremisme en terrorisme in die Duitse stad Keulen meer wit liberale joernaliste as werklike Moslems gelok.

Die opvallende gebrek aan entoesiasme het nie die aandag van Duitse politici en media ontsnap nie. “Ek vind dit jammer dat meer joernaliste en polisiebeamptes vandag [in sentrale Keulen] as betogers opgedaag het,” het Michael Groschek, hoof van die kantoor van die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party in Noord-Ryn-Wesfale, gesê.

Die optog, onder die slagspreuk, “Nie saam met ons nie”, is georganiseer deur prominente Moslemse openbare figure.

Alhoewel die geleentheid ondersteun is deur die meeste groot Duitse Moslem-verenigings, insluitende die Sentrale Raad van Moslems in Duitsland (ZMD) asook die Duitse Ahmadiyya-Moslemgemeenskap, het baie min Moslems eintlik gekom.

Die polisie is in groot getalle ontplooi, insluitend swaar gewapende onluspolisie, voor die optog, het die Duitse media berig.

Optoggangers het plakkate en baniere opgehou wat lees: “Moslems is nie te blameer nie”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.