Brande vlam weer op langs Tuinroete

Deel op

Brandbestryders langs die Tuinroete probeer steeds om veldbrande tussen Rheenendal en KaRatara buite Knysna te blus wat gisteraand weer opgevlam het.

Sowat 60 brandbestryders is in die gebied ontplooi, het RSG berig.

Die plaaslike brandweerhoof, Clinton Manuel sê die brande het die potensiaal om opnuut verwoesting te saai indien die wind begin waai. Dit brand ook by Plettenbergbaai. Geen huise of lewens word in die stadium bedreig nie.

Vroeër vandeesmaand is sewe mense dood en meer as 400 huise vernietig in brande in die gebied.

Knysna Toerisme sê intussen planne word beraam om alle besoekers te huisves wat die jaarlike Oesterfees volgende maand wil bywoon.

Vier-en-twintig gastehuise is tydens die onlangse wegholbrande in puin gelê. ‘n Woordvoerder van die Toerismeraad, Elmay Bouwer sê daar is genoeg akkommodasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.