Die Britse polisie sê die dodetal na die brand in `n woonstelgebou in Londen het tot minstens 12 gestyg. Die woonstelgebou word hoofsaaklik deur Marokkane bewoon.
Op Twitter is daar gespekuleer dat dwelmhandelaars die gebou aan die brand gesteek het, maar dit kon nie bevestig word nie.
Sewentig pasiënte is in hospitale opgeneem en twintig van hulle se toestand is kritiek. Omstanders sê hulle het ligte aan die bokant van die gebou van 24 verdiepings en vasgekeerde mense met kinders voor vensters gesien.
Die polisiehoof, Stuart Cundy sê die dodetal sal waarskynlik nog verder styg. Cundy sê die soektog en opruimingswerk gaan nog lank duur.
Inwoners van die woonstelgebou het telkens oor die brandgevaar in die gebou gewaarsku en sê die afwerking van die gebou het moontlik bygedra dat die brand so vinnig versprei het.