Linkse terroris wat op Republikeine skiet was Daily Show aanhanger

‘n Republikeinse kongreslid Steve Scalise verkeer in ‘n kritieke toestand nadat hy geskiet is deur ‘n linkse wit terroris wat belowe het om Trump te vernietig.

Die man het losgetrek op Republikeinse kongreslede wat bofbal geoefen het om in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Demokrate te speel, nie ver van die Withuis nie.

Die skieter, wat deur die wetstoepassingsbeamptes geïdentifiseer is as die 66-jarige James T. Hodgkinson, is ‘n ondersteuner van Bernie Sanders en ‘n vurige ondersteuner van verlinkse TV-propagandiste, John Oliver, Rachel Maddow, en Bill Maher, het sy sosiale mediarekeninge gewys.

Oliver bied die The Daily Show aan waarin hy mbv “grappige” leuens veral wittes swartsmeer om ‘n anti-wit-agenda te bevorder. Verlinkses in Suid-Afrika is ook aanhangers van Oliver.

Volgens sy Facebook-bladsy was Hodgkinson ‘n “demokratiese sosialis” wat Bernie Sanders ondersteun het. Hy het selfs ‘n groot afbeelding van Sanders gehad as sy banier en ‘n profielfoto wat sê: “Demokratiese sosialis verduidelik in drie woorde: Ons die mense.”

Hodgkinson was onder die invloed van linkse samesweringsteorieë en het geglo dat president Trump bande met Rusland het. Hy het ‘n petisie onderteken waarin hy gevra het vir ‘n ondersoek na Trump-Rusland verhoudinge.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    bannier = banier
    Sussie 1 / Rifrug 0.

  • Susan

    Vandat Pres. trump verkies is het die Demokrate histeries geraak en nog nie weer bedaar nie. Vryspraak het n nuwe hoogte bereik en vieslik geword veral onder sogenaamde “celebrities”. Madonna wil die Withuis opblaas, Mickey Rourke skel die president vieslik, Robert de Niro wil hom slaan, Kathy Griffin wil Trump onthoof en so kan ons aangaan. Dit is mense wat Amerika en die res v/d/ wereld vermaak en hul gedrag grens aan barbaarsheid. G’n wonder daar is mense wat hulle wil navolg deur geweld te gebruik nie. Die sogenaamde “celebrities” moet daaraan dink dat daar ook andere is wat verstom is oor hul onverdraagsaamheid en arrogansie.

  • Ou Transvaal

    Sport is dodelik vir politici……!!