Minister sê Guptas se naturalisasie was niks buitengewoons

Daar is niks buitengewoon oor die toekenning van naturalisasie-sertifikate aan die Gupta-familie nie, sê die minister daarmee belas.

Die voormalige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba het Dinsdag ‘n verklaring uitgereik waarin bevestig word dat dokumente wat op sosiale media versprei is met betrekking tot hierdie besluit eintlik werklik is.

Gigaba se woordvoerder, Mayihlome Tshwete, het aan OFM News gesê die minister het die aansoek wettiglik goedgekeur ingevolge die Suid-Afrikaanse Burgerskapswet Amendement van 2010 in die Grondwet.

Tshwete het gesê die minister het die Gupta-familie se burgerskap aansoek goedgekeur nadat dit saam met ander aanbevelings van individue van ander dele van die wêreld na hom gebring is.

“Soos die meeste van die aanbevelings wat van die departement na die minister kom, het hy hulle goedgekeur,” het hy gesê.

“Die individue waaroor ons praat, was sedert 2008 selfs permanente inwoners. Ongelukkig is dit vir binnelandse sake, of hulle van sekere mense hou of nie en of sekere mense onaantasbaar geag word of nie, hulle het ‘n diens om aan elke individu of familie te lewer wat die dienste van Binnelandse Sake versoek.”

Hy het gesê daar was niks buitengewoon oor hierdie spesifieke geval nie en die feit dat dit in departementele dokumentasie geskryf is, bevestig dat die wet tot op die letter gevolg is.

Gigaba het in die verklaring gesê mediaberigte oor die saak was onregverdig en van sensasionele aard.

Hy het gevra dat die Departement van Binnelandse Sake chronologiese besonderhede verskaf van hoe al die aansoeke deur die Gupta-familie hanteer is sedert die familie die departement genader het.

David Hlabane, woordvoerder van die departement van Binnelandse Sake, het gesê hul departement het Gigaba se reaksie opgemerk. Hulle sal die feite verifieer en betyds ‘n ingeligte verklaring uitreik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Dit is so, meen ek maar hier in die kleine. Mens moet logies dink hier in die laerangse Piesangrepubliek van Guptaland (daars nou al meer as een liedjie uit daaroor!). Tergelyks is daar niks vreemd daaraan dat minderhede in die geskiedenis van die wereld selfbeskikking nastreef nie. Daar is nasionale en internasionale wette wat dit toelaat. Inderdaad!

  • Ou Transvaal

    Dit maak mos van die Gupta’s kolonialiseerders nie waar?????