Gedenkdiens vir Afrikaanse skrywer PG du Plessis vandag gehou

Die NG Kerk Noord, Potchefstroom, hou Woensdag ’n gedenkdiens vir die befaamde Afrikaanse skrywer P.G. du Plessis.

Hy is Woensdag in die ouderdom van 83 oorlede ná ’n jare lange stryd teen prostaatkanker. Die diens is deur ds. Johan Raubenheimer behartig.

Een van die huldeblyke aan Du Plessis is gelewer deur sy vriend en medeskrywer, Hans du Plessis. Hy het veral sy vermoë geprys om karakters te skep waarmee lesers hulself kon vereenselwig.

“Hulle is mense wat ek en jy geken het, want hy het hulle geteken met siel. Hulle is geteken dat ons deernis met hulle kan hê, omdat hy deernis in hulle ingeskryf het. Nou, as ek dink aan P.G. du Plessis, dan sal ek aan hom dink as die sin in Suid-Afrika se mooiste boek.”

Du Plessis se vriendin en Aardklop-feesbestuurder, Alexa Strachan, het ook hulde aan hom gebring.

“My respek vir jou op alle vlakke het bloot bly groei. Maar, dit is nie jou invloed op my as kunstenaar wat ek die hoogste ag nie, dis ure op die lang pad, jou gekerm oor ek te vinnig ry en dan te veel wil stop, die effe sardoniese moeilikheid soek met niksvermoedende slagoffers, die goedige geskinder en saam mense-kyk, asook die liefdevolle kuiers om Marie se kombuistafel waaraan ek my verlies die meeste meet.”

Strachan het die Vrydag ná Du Plessis se dood bevestig dat daar tydens vanjaar se Aardklop-kunstefees in Oktober ’n huldeblyk aan die skrywer sal wees. Die aard hiervan sal nog bekend gemaak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Meegevoel. Dit voel vir my asof daar ‘n generasie van groot figure, – hetsy skrywers, kunstenaars, generaals, helde, baanbrekers en pioeniers is wat nou begin uitsterf, te midde van groot generasiegapings. Wat wil ek en jy op ons grafskrif en begrafnisrede laat hoor? Laat ons ‘n bruikbare, – nee, ‘n volhoubare, – erfporsie vir die nageslag? Totsiens aan P.G. du Plessis.