Die graderingsagentskap Moody’s, het ‘n aantal kredietafgegraderings voorgesit met Eskom, Sasol, MTN, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika en sewe ander maatskappye wat afgegradeer word.
Dit volg op die land se kredietafgradering Vrydag tot die kerf bó rommelstatus, met negatiewe vooruitsigte. Moody’s het Maandag ook die vyf vernaamste banke en versekeraars afgegradeer meestal tot die kerf bó rommelstatus.
Eskom is van B-A-1 tot B-A-2 afgegradeer met negatiewe vooruitsigte. Dit is twee kerwe onder beleggingsgraad.
Moody’s sê sy negatiewe vooruitsigte vir Eskom weerspieël sy negatiewe vooruitsigte vir die regering. ACSA is van B-A-A-2 tot B-A-A-3 ook met negatiewe vooruitsigte afwaarts aangepas.
MTN is afgegradeer, maar sy negatiewe vooruitsigte is na stabiel aangepas. Sasol is van B-A-A-2 na B-A-A-3 afgegradeer met ‘n negatiewe vooruitskouing.