Zille kruip láág, maar nie laag genoeg vir swart joernaliste

Deel op

Die voormalige leidster van die DA, Helen Zille, het vanoggend om 11:00 weereens om verskoning gevra vir haar gewraakte twiets oor die positiewe aspekte van kolonialisme. Sy en die huidige leier van die party, asook haar eertydse protégé, Mmusi Maimane, het by ‘n perskonferensie verskyn waartydens sy ‘n voorbereide verskoning voorgelê het.

Zille het gesê:

“Ná ‘n tyd van debat en besinning, erken ek die aanstoot wat my twiet op 16 Maart 2017 aangaande die erfenis van kolonialisme veroorsaak het. Ek vra daarom onvoorwaardelik om verskoning aan die Suid-Afrikaanse publiek wat aanstoot geneem het weens dié twiet en my daaropvolgende verduideliking daarvan.”

Agterna is slegs vyf vrae toegelaat. ‘n Swart joernalis van Enca, Thulasizwe Simelane,  het gesê dat “kolonialisme tot apartheid gelei het, wat die dood van ontelbare (countless) swartmense veroorsaak het”. Hy het apartheid ook met nazisme vergelyk en Zille kwalik geneem dat sy nie met die gelykstelling van apartheid en nazisme saamstem nie.

‘n Gesette swart joernaliste van City Press het ook ‘n aggressiewe houding teenoor Zille ingeneem.

Volgens ‘n interne partybyeenkoms wat bereik is, gaan sy geen pos meer in enige besluitnemingsliggaam van die DA beklee nie, waaronder die federale uitvoerende komitee, die federale raad en die provinsiale raad. Sy sal egter as premier van die Wes-Kaap aanbly totdat haar termyn oor 18 maande verstryk. Enige kommunikasie wat sy namens die provinsie onderneem – en waartoe sy beperk sal wees – sal onderhewig wees aan goedkeuring deur die party.

Verder sal sy as lid van die DA aanbly.

Dr. Dan Roodt van PRAAG het in sy kommentaar vanoggend droogweg opgemerk:

“Tagtig persent van blankes stem vir die DA, maar slegs ses persent van swartes. Om ‘n aantal swart twittereerders ter wille te wees, wat heel moontlik nie eens vir die DA stem nie, het die party die tagtig pesent vervreem.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.