Brief: Wat kan ons doen?

Opening van die Voortrekkermonument

“Ons moet ophou net praat, en iets begin doen!”
— Smoorkwaad regse aktivis

Die aanhitsing van regse aktiviste het tot onlangs meer daartoe geneig om mens in die moeilikheid te kry as om iets te bereik. Hetsy weens polisie-informante, hetsy weens mans wat van nature ‘n vurige temperament het; regse aktivisme het gedurende my leeftyd amper heeltemal irrelevant geraak.

Dit is ‘n groot probleem.

Die bereiking van enige doel verg: identifisering van probleme, insameling van inligting, bepaling van hulpbronne, kort- en langtermyn strategiese beplanning, hersiening van die bogenoemde; en dan eers praktiese uitvoering. Die bogenoemde onthou ek nog vaagweg van my Graad 8-Tegnologieklas. Dit is só eenvoudig dat dit selfs vir tieners geleer word.

Omdat meeste van ons mense skaars verby die eerste twee stappe kom (probleemidentifisering en inligtingsinsameling, of in ons geval bewustheid van ons geskiedenis en huidige uitdagings), en met óf verkeerde kennis óf verkeerde bedoelings hals-oor-kop die wêreld invaar, word hulle gewoonlik deur slinkse karakters ingewag.

Hoe dan nou?

‘n Eerste stap vir ons volk sal wees om hul te vergewis van hulle geskiedenis, kultuur en identiteit. Sterk selfbewustheid is ‘n voorvereiste vir gesonde selfvertroue, waaroor ons as volk tans weinig beskik. Dit geld veral vir die jeug. Die vigsbesmette geskiedenis wat ons op skool leer, en die morele gif wat ons van Hollywood af inneem, werk saam om ‘n haat en afkeer van ons volk en ras in ons te bewerkstellig.

Vóór ons iets kan doen, moet ons eers bewus wees van wat gedoen moet word, en hoekom ons dit doen.

Wat ons wil bereik, is ‘n sterk, soewereine, gesonde Boerevolk in Suidelike Afrika. Ons wil ons Europese beskawing hier koester en uitbou, soos wat suksesvol in ander dele van die wêreld gedoen is. Ons wil die lasterlike leuens wat oor ons versprei is, uit ons denke en harte uit ontwortel én dan ons eie denkwyse en visie plant. Ons wil nie soos die Britse Rhodesiërs, die Belgiese Kongolese, die Nederlandse Suriname, of enige ander mislukte blanke volk ‘n voetnota in die geskiedenis wees nie.

Daar is onlangs ‘n blanke optog in Pretoria gehou wat, as dit nie so onsettend belangrik was nie, as ‘n belaglike vertoning beskou kon word. Hiermee bedoel ek nie dat die mense wat dit gereël of bygewoon het belaglik is nie. Maar dat die optog self belaglik was. As die optog gemeet word aan die maatstaaf van die doel van optogte, naamlik: die vertoning en afdwinging van politieke mag, was hierdie optog belaglik gewees.

Dit sit dalk nie in die leser se koue klere om sulke verkleinering van ons mense se pogings tot iets beters aan te hoor nie, maar dit moet gesê word. As ons wil verbeter, moet ons ons foute en tekortkominge erken.

So wat moet ons doen? Waar kan ons begin met werk wat ons volk se belange sal bevorder en dryfkrag gee?

Ek dink nie dit is by optogte nie. Vir so lank as wat ons nie met sekerheid 1000 mense met gemak by ‘n optog kan monster nie, moet ons dit nie doen nie.

Dat ons nog nie die morele moed en wilskrag het om ons probleem doelgerig aan te pak nie, is duidelik. Dit is ook heeltemal normaal en te verwag onder Europese volke op die oomblik. Trouens, ek dink ons is steeds in ‘n sterker morele posisie as wat die meeste ander Westerse, Europese nasies tans is (Amerika uitgesluit). Die welvaart en gepaardgaande dekadensie wat ander Europese volke se laaste twee of drie generasies sag gemaak het, is nie soveel die geval met ons nie. Ek dink om in so ‘n gevaarlike land soos hierdie te woon, help om ‘n mens eerlik en wakker te hou.

Die leser moet my verskoon as ek tot dusver rondgeswerf het met my brief, en my nie duidelik by een onderwerp bepaal het nie. Ek glo tog dat dié vir wie dit bedoel is, die bogenoemde sal kan verstaan.

Om weer ons voete op die grond te plaas: wat kan ons begin doen om ons toestand te verbeter?

Ekonomiese stryd. Geen mens wat verstaan wat ter sake is in ‘n militêre stryd tussen twee of meer groepe, sal aanbeveel dat een groep brood en ammunisie vir sy opponent verskaf nie. Maar tog is dit wat ons in effek elke dag doen. Om ‘n paar sjekels te spaar, sal ons eerder by ‘n wildvreemde volk ons melk en botter koop, terwyl ons mense op hulle eie in die markplein moet verkeer. Ons finansier dus ons eie ondergang.

Wat elke Afrikaner vandag kan begin doen, is om volksbewuste Afrikaners, of naas hulle rasbewuste blankes, of naas hulle normale blankes, ekonomies te ondersteun. Onthou dat dit so belangrik is om nie ons opponente te ondersteun nie, as wat dit is om ons eie mense te ondersteun. Ek dink die Spurboikot stel ‘n goeie presedent hiervoor.

Selfkennis en paraatheid. Elke leser moet dit op homself neem om hom en sy geskiedenis te leer ken. Mens se identiteit en geskiedenis is noodwendig deel van ‘n volk en ‘n ras. Leer jouself ken en leer jou volk ken. Met paraatheid verwys ek nie hier na fiesiese paraatheid nie (daar is ander mense wat dit beter as ek ken en kan verduidelik), maar verstandelike paraatheid.

Die konstante fusillade van verskeie mediabronne en meningsvormers, lei daartoe dat mens deurmekaar en onseker is oor wat om jou aangaan. Baie mense trek dan terug in hulle skulpe in en steur hulle nie aan wat om hulle aangaan nie. Mens kan nie met toegeknypte oë deur die lewe gaan nie. Mens moet weet wat om hom aangaan en gereed wees vir wat ook al mag kom.

In verband met die pers wil ek nie te veel tyd daaraan bestee nie; ons mense moet wel verstaan dat die Naspersgroep (DSTV, KykNet, MNet, Media24, Huisgenoot, meeste Afrikaanse koerante, ens.) en die Times Media-groep (Business Day, Times Live, Financial Mail, ens.) nie aan ons kant is nie. Dat hulle net “die nuus en feite” wil weergee om jou in te lig, is soos die elektriese skokke en skoppe wat vir vee gegee word om hulle na die slagpale toe te lei.

‘n Skaakmetafoor: ons koning is lankal deur ons opponent ontvoer en gyselaar gehou. Ons koningin proebeer tevergeefs die koning se rol te vul. Ons voorste ry staan agter en ons agterste ry staan voor, almal staar in die verkeerde rigting, en ons het nog nie eers begin om te speel nie.

— Pierre Fouché

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Like it is

    ‘n Eenvoudige Plan, dis wat ons nodig het.

    Puntsgewys, wat ons elke dag kan gebruik om ons na ons gesamentlike 10 jaar doel te stuur. Iets eenvoudig, maklik om te onthou. Bv:

    1) Hou jou geld wit (boikot anti-Afrikaans, anti-Wit besighede)
    2) Hoe jou oë en ore oop (wees paraat en beskerm jouself en jou mense so)
    3) Versprei die woord (maak mense bewus van ons langtermyn plan vir selfbeskikking)
    4) Ondersteun dieselfde party/organisasie (soos Praag, en NIE die soos die DA nie)
    5) Verwerp alles wat ons teenstaan (soos die ANC, die liberale media, ens)

    Dis die eenvoudige goed wat mense onthou en ons saam bring na een doel. Die algemene gesprek in SA onder ons mense is te ingewikkeld deesdae; dis moeilik om jou oë op die doel te hou as die doel te ingewikkeld is en almal trek in ‘n verskillende rigting.

    Begin met basiese beginsels, en bou ‘n fondasie waarop ons kan bou.

    Soos die gesegde in engels lees: Build it, and they will come…

  • Suidpunt

    Verder – gesonde verstand. En LOGIKA. Veral wat keuses betref.

    As jy moet kies tussen geld skenk vir Coligny of Knysna, watter een sal jy kies?

    Dit was die eerste vraag wat by my opkom toe my ouers ‘n SMS van die kerk kry. En daarna het al wat radio en skottelkanaal dieselfde bedelbak gehou. Oor Coligny is destyds nie ‘n woord gerep nie. Oor Knysna, of die brand nou gestig is, en/of God se wraak oorgekook het oor die Pienk Loeriefees (natuurrampe is mos “Act of God”), skeel my min. Hulle sal nie ‘n enkele sent van my kry nie.

    Die feit bly staan – as jy in ‘n bos gaan bly, kan jy moeilikheid verwag. Dis so goed jy gaan bly op ‘n vloedvlakte of het ‘n grasdak sonder sproeiers. Eendag is eendag. Knysna is bekend as die speelplek van die rykes wat alles eksklusief en peperduur probeer hou. Coligny se mense het nie vir ‘n oproer gevra nie. Nietemin is hulle dakloos gelaat, en niemand het ‘n woord gerep in hul uur van nood nie.

    • Joe Hall

      Foeitog ja, net toe dit wou voorkom asof jy so nou en dan iets bruikbaar kan kwytraak…
      Joe Hall
      🙂

      • Suidpunt

        Ek hou van jou ironiese glimlag. Daarom die opduimpie.

        Kyk, die vraag is, hoe lank voor mens oproepe hoor om die volgende plekke te gaan help: Seepunt, Saxonwold, Sandton, Satan. Almal plekkies waar die liberales, rykes en gatkruipers van die staat uithang. Dis nou nie asof ons oproepe uit die media kry om Ventersdorp of enige ander Boeredorp geldelik te ondersteun nie. Dis my punt. Die rykes verwag van die middelklas om hulle elke keer uit die nood te kry. Vir hul eie onnosel besluite. Die media is tog te gewillig om die traankraantjie vol oop te draai om op mense se gevoelens te speel. Want dit is immers winter in Knysna. (Weet hulle ooit hoe lekker die weer hierdie tyd van die jaar daar is? Veral Mosselbaai en Hartenbos?) En keer op keer trap ons in die strik.

        Nie hierdie keer nie.

        • Joe Hall

          Foeitog ja, asof jy iets bruikbaar kan kwytraak…
          Joe Hall
          :-))

        • Riaan Slabbert

          Hoekom antwoord jy nog die drol…skuus…Trol?

      • Riaan Slabbert

        Jou Holl…beSLIS

  • Rifrug

    Ai, Pierre, “proebeer” is eintlik ‘probeer’.

    • sussie se vissie

      ‘Volksbewus’ word ( nes ‘Radical Economic Transformation’ ) desedae kwistig los-en-vas gebruik.
      Wens ieder en elk wil dit beter omskryf.
      Jou Afrikaner/boerskap is mos onlosmaaklik deel van jou?
      PS.
      n Vriend in Alaska meen daai vleis is maar taai. 😉

  • Cousin Vinnie

       “The few who understand the system, will either be so interested from it’s profits or so dependant on it’s favors, that there will be no opposition from that class.” — Rothschild Brothers of London, 1863

      “Give me control of a nation’s money and I care not who makes it’s laws” — Mayer Amschel Bauer Rothschild 
     
      “It is well that the people of the nation do not understand our banking and monetary system, for if they did, I believe there would be a revolution before tomorrow morning.” — Henry Ford

    As mense eers begin verstaan hoe die stelsel werk en die banke en (((wie))) daaragter sit sal hulle ook verstaan wie besig is om die wêreld te ruineer. As mense die geskiedenis ken en sien wie agter al die oorloë sit sal hulle verstaan wat aangaan. As mense weet wie agter elke Volksmoord sit sal hulle begin aandag gee. As mense die haat van daardie mense teenoor die blanke ras verstaan sal hulle moontlik ook ophou om eerder daardie $ataniese kult wat die wêreld ruineer te ondersteun en dàn eerder hulle eie mense te begin help en ondersteun.
    Maar selfs Ouma kan onthou dat ons mense nog al die jare liewer die jood sal ondersteun as sy eie mense. Maar jy kan seker nie mense blameer wat al jare lank vergiftig word deur fluoried in ons tandepaste, water, aluminium in deodorants en GMO kosse en n lang lys van swaar metale en ander aanvaarde gifstowwe om ons simpel te maak om hierdie dinge te aanvaar. Verder was almal van dag een op skool en op universiteit gebreinspoel en die HSM en Hollywood het die res gedoen. Dis spesiale soort STUPID??

    • Snel
      • Cousin Vinnie

        Snel, dankie vir nog inligting oor hierdie slangslepsels van $atan wat ons wêreld so bedreig!

        • Suidpunt

          Hallo Cousin Vinnie

          Ek probeer juis aan maniere dink om my geld uit die bank te kry (sou die inflasie my rentekoers begin oortref), maar quo vadis?

          * Eiendom kan oornag sy waarde verloor. Ek dink juis die pryse word kunsmatig hoog gehou. Wat as jou buurt die volgende verval- of misdaadsone word? Of ‘n volgende Coligny of Knysna? Eiendom vra steeds maandelikse erfbelasting, krag, water, sanitasie en vullisverwydering, of jy nou die strandhuis of meenthuis eenmaal per jaar gebruik of nie. Woonstelle en geboue / gholflandgoed vra nog heffings ook. Koop jy ‘n stuk eiendom, vergeet baie mense om so lank as moontlik tydens die transaksie okkupasiehuur vry te probeer spring. En natuurlik die geld self wat neergesit moet word om daardie stuk grond op jou naam te kry. Voor die herstelwerk begin. En moenie die maandelikse versekering vergeet nie.

          ‘n Erf? Jy moet hom skoonhou, jy moet iemand betaal of Saterdae self die grassnyer stoot (petrol- en vervoerkoste), jy moet grondbelasting betaal. Ook sorg dat dit buurman se boord of stortingsterrein word nie. Of deur ander beset word nie. Grondwolwe is orals op die loer. Vloed-, wind- en brandskade is ook ‘n wesenlike gevaar. As jy nie knap met jou hande is nie, kos dit jou nog arbeid ook. ‘n Erf kos oor die lange duur meer as waarvoor jy hom gekoop het.

          Is dit vir my nodig om oor huurders uit te brei?

          * Op die oomblik adverteer die muntwinkels vreeslik baie hul Krugerrande op TV. So graag soos ek my fiatgeld in goue munte wil sien – die prys is tans gans te duur, want ons Rand is swak teen die Dollar. Goud verhandel teen die Dollarkoers.

          * Koejawelbome word verbied om verkoop te word (Werk vir Water-wetgewing: “These plants are used mainly for ornamental purposes in demarcated areas. Trading of these plants is not allowed.” ( https://www.dwaf.gov.za/wfw/Newsletters/nwprov.pdf )), maar jy mag saailinge uit die pitte self kweek. By ons kos koejawels R19,99 tot R25,99+ per kilogram in die supermark.

          • Cousin Vinnie

            Suidpunt, ek hoor jou! Wat van goed deurdenkte belegging in aandele markte?

  • Kalium_Chloraat

    Die optrede van Michael Collins, die hoof van die IRL in die 1920’s, is bestudering nodig wanneer hierdie saak bespreek word.

    • sussie se vissie

      Propageer dit al laaaaankal.
      n Uitmergelende, uitgerekte storie.
      In herhaling…sal broer ( vakansiehuis in Onrus/motorboot innie skuur ) teen broer opstaan.
      Onafwendbaar… die enigste manier vir diegene om te LUISTER as daar gepraat word.

  • Ou Transvaal

    Ons Volk kry op hierdie tydstip baie swaar ,,maar swaarkry maak jou sterk en hardekwas , dit laat ons ook na mekaar draai en ons idiotiese klein verskilletjies vergeet .
    Kyk maar in die publiek hoe vredeliewend blankes nou ‘n barshou kyk en uitspreek teen verontregting soos die onlangse hulpverlening in Knysna wat deur die verwoester weereens verduister is ,geopenbaar het…..gevolg ,die skenkers het self bydraes by die afgelewer wat dit verdien !
    Nou moet die vraag gevra word : as hierdie rampe ‘n Goddelike strafgerig is ….wat se die Majesteit vir ons …..is dit miskien tyd vir terugkeer na waar ons hoort ,binne laerverband gefokus op gehoorsaamheid ???

  • Dankie briefskrywer Pierre. Die feit dat daar wit kruise, rooi balonne, optogte, Boere toyi-toyi, berade, ‘n reuse Vierkleur, flieks oor necklacing en plaasaanvalle is en Steve se aanhef van Die Stem is, is na mening prysenwaardig. Ons vat egter te lank om die versugtende plan te maak en uit te voer. Ons mense word moeg en elke groepie wil nou optog hou of die wiel herontwerp. Intussen gaan die Volk ten gronde. Saampraat, saamplanmaak en eendrag in konstruktiewe uitvoering word nou ernstig bepleit. Daar is Afrikanerstrukture wat baie kan bereik d.m.v. volle samewerking en ‘n sistematiese posisionering.

    • JDTAKL

      Ek het al geruime tyd gese ‘n pan-Afrikaner volksberaad is dringend nodig. Dit gebeur egter nie want die een wil nie met die ander praat nie.

      • JDTAKL, – die geleenthede vir ‘n gefokusde, eendrag maak mag Afrikaner forum bestaan weer sedert 1994. Tog word die ASK (Afrikanerstrategiekomitee, waarmee saam die Volksraad en Nasionale Burgerregteraad – almal met volhoubare langtermyn visie) en met die medewerking van die VA (Vaderland Alliansie), geminag. Ons Afrikaners is maar 3 tot 6 miljoen sterk, volksgenote in die Diaspora en op die skoolbanke inaggenome (minus die wat in die verdeelde kerkgenootskappe se kerkbanke, sportpaweljoene of TV leunstoele vasgevang is) – maar ons blink uit in weerbarstige wederstrewigheid, lamsakkigheid en smokkel-mekaar-se-koppe of loop-agter-towerfluitspeler-aan-geite. Kom nou burgers, – voorwaarts!

  • Johanw

    Dit is ‘n belangrike tema maar die “iets doen” kan net nie tot uitvoer gebring word nie. Het ‘n soortgelyke brief aan Praag geskryf ongeveer 6 jaar gelede met die opskrif “Wanneer is ons moeg gepraat”. Ons opsies is eksterne selfbeskikking of emigrasie. Vir eksterne selfbeskikking is volkswil sekerlik die belangrikste eienskap. Dit ontbreek oorweldigend ten midde volksmoord.

    • Johann Schutte

      Jingoisme is die voorkeur persoonlike-oorlewingstrategie, by myle. Ons het baie voorbeelde. Hoewel Niehaus en Mulder as polere teenoorgesteldes aangebied word, sien ek nie veel van `n verskil nie.

      Daar is bykans geen ‘laerbewussyn’ nie, volksuitwissing ten spyt. Ek ag die Engelse vir hul Brexit onder veel minder toetsende omstandighede.

  • Kalium_Chloraat

    Die tyd is nog nie reg om op te tree nie. Dit sal eers reg wees wanneer die infrastruktuur van die land totaal afgebreek is – a la Zimbabwe, dus wanneer die Afrikaner homself in die onderste twee vlakke van Maslow se behoeftehiërargie bevind. Tot dan sal die volgende gebeur: Esg 7:14 Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land.

    • Johan

      Stem met jou saam. So ‘n toestand sal die tyd ryp maak. Daar is egter die ander kant van die munt. Breek die ANC regime se finansiële vermoë af. Gelukkig hoef ons daar nie veel aan te doen nie want hulle doen dit aan hulself.
      Om by jou inleidende sin te kom – indien daar ernstige toestande, en my voorspelling is tussen Xhosa en Zulu, gaan ons dit as die regte tyd beskou?
      Nie volgens my mening nie. Die infrastruktuur hoef nie noodwendig ten volle afgebreek te wees nie. Die basiese behoeftes is dit waarom dit gaan. Die weerhouding of onvermoë om voldoende kos te produseer sal verskriklike gevolge hê.
      Mens moet jou nie laat mislei deur die groot bohaai oor die rekord mielie-oes nie. Wat van groente? Die word nou so skaars want dit is arbeidsintensief. Die wat deur meganisasie ge-oes kan word sal nog gaan maar dit word eerder uitgevoer.
      Neem wortels as voorbeeld. In die Noord- en Oos-Transvaal is daar boere wat honderde hektare wortels verbou. Die wortels word versap en die sap word na China uitgevoer.
      As die infrastruktuur heeltemal in duie stort verval my argument. Dit glo ek is nie waarskynlik nie. Maar nou, dit is bloot ‘n mening.

    • Johanw

      Enige tyd is die regte tyd. Al wat kort is die vonk. As volksmoord nie die vonk is nie, is jy moontlik reg dat ekonomiese ineenstorting die vonk sal verskaf. Moord, taal en kultuur beteken nie veel in die oë van die meeste Afrikaners nie. Moet eintlik verwys na blankes want van die besonge Afrikaner is nie veel oor nie. Gelukkig is getalle nie oorwegend wanneer dit by selfbeskikking kom nie.

      Waar was jy ‘n jakkalskop?

      • Kalium_Chloraat

        Kimberley, toe Caprivi.

        • Johanw

          Ek was ‘n uil.

          • Kalium_Chloraat

            AMI

  • Dawie Barnard

    Die probleem in SA is tans baie kompleks. Die blanke, veral mans, is ekonomies totaal uitgesluit. Die blanke jeug en vele blanke vroue sien hulself as “social justice warriors” en steun uitsluitlik die opheffing en bemagtiging van swartes. Die oorgrote meerderheid blanke entrepreneurs is hoeka landuit. Demografies is die blanke ook in groot moeilikheid, met ‘n vyf tot vyf en sestig miljoen wanbalans. Die blankes sal tot die bittereinde nooit saamstaan nie, die laaste twee oorlewende blankes sal nog kibbel en mekaar verraai. Realisties gesproke is daar geen verenigende faktor oor vir die Afrikaner nie. God is lankal weggegooi, herhinner uself net aan die bespotting wat gereeld op hierdie einste webwerf gesien word, Afrikaner kultuur sirkel die drein, daar is geen verteenwoordigende politieke party nie en diegene wat probeer word ‘n bespotting van gemaak. Die superieure en dikwels snedige kommentaar van gereelde kommentators op hierdie webwerf staan as monument vir die Afrikanervolk. Nydig, sarkasties en beterweterig tot die bitter einde. God het uitdruklik gese dat hy Sodom en Gemorra sou spaar vir ‘n enkele regverdige. Vra julsef af, noudat God in die asdrom van politieke korrektheid geland het, wat is oor vir die Afrikaner?

    • Johann Schutte

      Dis nie `n nuwe ding nie. So ongeveer 20% van die Afrikaners dra histories werklik Afrikanerbelange op die hart. Met die uittog van die grensboere het die oorgrote meerderheid Afrikaners die trekkers verguis. Dieselfde met die GT, die ABO, Rebellie, en met die politieke transformasie van die 80s/90s, waartydens die KP die 20% verteenwoordig het.

      Ten spyte van hierdie inherente morele gebrek is die Afrikaner steeds baie vinnig om te hallelujakramp en op uitverkore status aanspraak te maak.

      Mens kan nie anders as om jouself af te vra of so `n volk enigsins oorlewing regverdig nie.

      As jy patrioties wil wees, moet jy mense help om uit die land uit te kom, want die meerderheid Afrikaners sal sonder skroom alle rede en moraliteit oorboord gooi en die bestaande polities-korrekte narratief propageer, selfs al kos dit sy buurman se lewe.

  • Thys Du Plessis

    Pierre met een van jou vorige skrywes het ek sterk verskil, maar met die een moet ek jou komplimenteer, wat ons volk nodig het is om sy oorsprong en die rede daarvoor weer te ontdek. Die misleiding en dwaling is groot en die wat nie gaan ophou om gif te drink nie gaan nie reg kom nie. Dit is eers wanneer ons vir die regte redes op die regte maniere gaan opstaan en die stryd korrek voer dat ons tot eenheid en vryheid sal kom. Die wat dit besef is min en die aanslag van die wêreld is slinks en hewig, maar die stryd is die moete werd.

  • emiele

    Soos met die voorbeeld van ‘n dwelmverslaafde of ‘n alkoholis wat sy/haar verslawing wil oorkom , gaan dit alles oor wil, of in die geval, volkswil. Die vertroue en hoop in die multikulturele eksperiment ontbreek al vir menige jare by meeste blankes, maar vir die wat dit nog kan bekostig, bly emmigrasie die enigste alternatief. Studies wat gemaak is oor beskawings en volkere wat gevaal het na natuur rampe of inval en oorlog, het getoon dat hulle meestal nie noodwendig verdwyn het agv van die ramp/oorlog nie, maar omdat die wil tot verset en/of heropbou ontbreek het.

  • John

    Piere ten minste is daar nog mense soos jy wie die Afrikaner saak wil aanvoer. Ek sal met enige ou wie nog passie het hiervoor ‘n bier sit en drink. Maar ek het ‘n ietwat onwelkome siening oor die Afrikaner. In kort, ek het ‘n sterk vermoede dat, gesien in die lig van ‘n aantal feite, die Afrikaner bestem is vir ‘n uitgerekte en vernederende dood.

    – geografies yl versprei
    – godsdiens behep maar tegnologies agtergeblewe
    – baie min en selfs geen trots in kultuur of taal nie
    – ‘n 80 jaar lange geskiedenis onder die kuratorskap van die heilige drie eenheid – die NP, die NG en die SAUK. Saam het hulle die Afrikaner kultuur as instituut opgepas en met hulle afsterwe was die Afrikaners kutureel gesproke basies bankrot
    – Afrikaners is in baie groot mate maklik beinvloedbaar. As ek so oor die kommentare lees daar by Maroelamedie (die nuwe tuiste vir uitgewerpde wit Naspers poepols) dan is dit skokkend om te besef net hoe naief baie Afrikaanse mense werklik is.
    – Afrikaners is tot groot mate afgunstig teenoor hul eie mense a.g.v. verskille. Histories het die stoere Afrikaner kern ‘n aanhoudende afstootlike en vervreemding efek gehad op sy jeug en anders denkendes. As jy nie ‘n Christen is nie dan is jy by implikasie ook nie ‘n Afrikaner nie !! Paul Kruger het homself vererg vir sy tydgenote wie hom wou wys maak dat die Aarde nie plat is nie.

    Is die sg. Afrikaner volgens die wette van evolusie veronderstel om te oorleef ?
    Ek dink veel belangriker as patriotisme, is die kwessie van basiese veiligheid.
    Hoeveel groot bekke wie hier by Praag plak het nog steeds ‘n ousie wie hulle kinders se beddens opmaak ?
    Is die Boere se skynheiligheid nie dalk hul doodsteek nie ? Te sleg om saam te staan oor ‘n saak van taal en kultuur maar baie energiek wanneer daar ‘n geleentheid is om op ‘n bult te gaan staan en bid en huil saam met enigiemand wie net so vals is.

    • sussie se vissie

      Skuus my.
      Dan was oom Paul dese en gene myle vêr vooruit.
      In die kring van ‘intellektualiste’ ( Sien Leonor Charmaine Bosman ) – gedy die Flat Earth Society.
      In getal….en malheid.

      • besoeker

        Plat aarde Plat aarde Plat aarde Plat Aarde Plat Aarde. Nou kan jy 5 mal jou ‘favourite’ naam tog skryf. Siestog Ruiter – jou lewe moet uiters saai wees. Gaan tel jou beeste, grondbaron van die Kroo of duik weer met jou ryk pelle se helipkopter in die dam, moet net nie opkom vir lug nie.

        • sussie se vissie

          ‘Nou kan jy 5x maal ( LW ) jou naam skryf’. Ok.
          Desi Maas.
          Desi Maas.
          Desi Maas.
          Desi Maas.
          Desi Maas.
          Bring my n dam in die Kroo groot genoeg vir n kelihopter om in te val…en EK koop die plaas môre.
          Oud joolkoninginne het vet beursies. Jy geweet?

          • besoeker

            5 X mal(LW)

    • JDTAKL

      Ja, ek moet met jou saamstem. Daar is ook nog twee ander elemente om in ag te neem:
      1) Vrees: Baie Afrikaners vrees dat daar repurkusies (veral in die werk of besigheid) vir hulle sal wees as hulle op TV sou verskyn waar hulle aan so ‘n optog deelneem. Dalk skop die polisie nog jou deur in. Heelwat van hierdie vrees is ingeboesem deur die Boeremag en ander soortgelyke sake.
      2) DA (en Afriforum): Te midde bg vrees en vele ander redes voel baie dis veiliger en meer haalbaar om hul polities uit te druk deur vir die DA en Afriforum te ondersteun. Dis natuurlik ‘n doodloopstraat.

      Een ding is verseker, Afrikaner mobilisering het gewis misluk. Ek dink egter nie enige van die skrywer se oplossings kan of sal verwesenlik nie. Die tyd daarvoor is verby.

      Dis nou tyd om baie realistiese bestek te neem. Afrikaners sal moet realpolities dink en dit mag pynlik vir baie wees want dit gaan enorme ideologiese verskuiwings vereis. Hier is enkele sulke opofferings wat ernstige oorweging sal moet geniet:
      1) Opofferende partisie: Orania is ‘n goeie voorbeeld en vereis enorme opofferings in lewenstandaard en wyse, maar die aanwins is in lewenskwaliteit – iets wat Afrikaners nog nie verstaan nie. Die gepaargaande geografiese konsentrasie bied groot toekoms moontlikhede.
      2) Vorm strategiese venootskappe en selfs politiese integrasie: Doen afstand van ‘n fokus op Afrikaner vryheid en fokus op Afrikaanse vryheid (nie Naspes se Afrikaanses nie). Dink byvoorbeeld hoeveel die Kaapse Kleurlinge kan wen deur afstigting. Daar is verskeie vorme wat sulke samewerking kan aanneem, maar ek glo die meer polities integrerende tipe is die een wat die meeste impak plaaslik en internasionaal gaan he. Baie kleurlinge is nou reg vir sulke samewerking – waar hulle voorheen nie was nie. Ek verstaan dat meeste Noordelike Afrikaners nie maklik hierby sal inkoop nie, maar ek is bevrees die huidige benadering werk nie meer nie.

      Ons almal ken al die storie van die dinousorusse wat uitgesterf het omdat hulle nie by veranderinge kon aanpas nie. Meeste behoudende Afrikaners is ongelukkig die rede waarom ons mense vir dieselfde bestem is terwyl die res besig is om gewilliglik te verengels ens.

      Die oplossing is om van dogma en ideologie af te sien en ‘n realpolitieke verskuiwing te maak. Elkeen sal die vereistes wat dit gaan stel moet verwerk en internaliseer. Dit mag te moelik wees vir die meeste. Indien ons dit egter nie doen nie is ons op ons einde.

      Ek is bevrees ons gaan bitter min steun ooit vanuit die buiteland kry solank ons wit-Afrikaner vryheid nastreef. Selfs die regse groepe (PVV, NF, UKIP, Trump, Orban ens) in Europa en die VS moet baie versigtig wees om te nou met ons te verkeer aangesien ons in dermate gestigmatiseer is dat bitter min ons kan skoon was. Dis slegs die meer ekstreme groepe wat ons openlik ondersteun, maar ek is bevrees dit doen ons meer skade as goed.

      Die saak van wit-Afrikaner vryheid is gedoem tot een van twee uiteindes 1) Mees waarskynlike ‘n stadige en pynlike dood. 2) Minder waarskynlik ‘n herleweing in ‘n rasse oorlog wat die swartes na ons sal bring – maar selfs dan gaan ons venote benodig.

      Mens kan nie jou hoop op bg vestig nie. Solank ons egter mense het wat o.g.v ‘Siener’, Oom Paul of bybelversies die toekoms eien het ons met irrasionele denkrame te doen. Vir die wat wil kan vg. wel in ‘n nuwe benadering ingewerk word, maar sigself bied dit geen oplossing nie.

      • John

        Phew ! Ja kyk ek dink as mens eerlik moet wees kan daar waarsklynlik nog `n horde ander aspekte bygelas word wat almal sal wys na ondergang. By gebrek aan `n meer paslike analogie, vir my is die Afrikaner se verhaal amper `n soort van makabere komedie, een vasval strik na die ander. En elke keer, instede van daaruit leer en evoleer, groei die fundamentalisme. Hoe meer benoud hoe meer verward. Het jy gesê “vrees” ?
        Probleem is die Afrikaner volk bestaan in en a.g.v. hierdie digotomie – dis die godsdienstigheid wat hom laat voortleef, maar dis die byderwetse wat ons sal laat oorleef.

        – partisie : Krities vam aard. Waarom het wyle Dr Treurnicht en Snor hul self destyds behep met teenstand teen afskaffing van groepsgebiede wette in die referendum ? Waarom het hulle nie van meet af aan bietjie vooruit gekyk en hul totale veldtog op selfbeskikking gebasseer nie ??

        – strategiese venootskappe : Die meeste Boere sal natuurlik onmiddelik met jou saam stem. Maar probeer nou vir hulle verdeuidelik waarom sulke `n venootskappe reeds lank terug met bv. Ierland of Euskal Herria (die Baske) aangeknoop moet word, eerder as om pens en pooitjies saamgegooi te word by `n arrogante Britanje wie al die skade aangerig het in die eerste plek. Ek glo ons het een of meer Bothas wie ons kan bedank daarvoor. Ek kan jou ook ongelukkig waarborg dat sodra die nuwe truisland idee behoorlik posvat sal polities opportunistiese vinke soos die immergroen Dottor Piet Muller met plusse die hele storie hijack en sy nuwe loopbaan daarop bou. Hy sal ons met toewyding en sonder huiwering “verteenwoordig”. (Of hoe sê ek Dan Roodt ?)
        Meer as politieke venootskappe is en van mening dat ons vandag in `n wêreld leef waar mense (kulture) tegnologie etc. gebruik om hul posisies te verbeter. Ongeag die lae kwaliteit het Indië vandag `n groot deel van wêreld wye helpdesk -, call centre – en website industrie in hulle greep. Dis hierdie strategiese posisie wat daartoe gelei het dat Indiërs die taxi bedryf in Australia oorheers.
        Israel se agente het `n onaantasbare houvas op media, die bankwese en valuta.

        Het die Boere daardie vermoë ?
        Ek kyk so na die mees sigbare reaksies van Afrikaners teenoor Afrikaners. `n Ongodsdienstige vrydenker Afrikaner moet `n vloek en klap verwag wanner hy graag sy kroos op `n skool wil hê vry van godsdiens. Hierdie verloopde Afrikaners sluit mense in met ongeoooflik waardevolle kennis i.v.m. Internet tegnologie, bankwese “gateways”, mobiele komunikasie (push notifications) aan en aan …
        Maar hulle het reeds lank terug hul rue gekeer op die verlore Afrikaner saak en verdien Euro en Dollar in `n nuwe land met nuwe hoop.

        Depresief.
        Maar om nog so entjie aan te hou. So hier en daar merk ek `n liggie wat aangaan in die koppe. Logika groei. En meer as een maal het ek mense hoor sê “als moet eers ineenstort”.
        Hierdie water tekorte .. die buite beheer bos brande .. die hospitale sonder batterye .. die die eerste belowende tekens van `n nuwe begin. Maar wag, die water moet eers jinnemal verdamp en die ‘people’ moet mekaar begin opvreet van honger (ek stel voor ons direct hulle na die wyn – en mielie boere waar geen wit man behalwe die voorman in diens is nie).
        Ons moet ten alle koste verhoed dat Dottor op daardie stadium nader gehardloop kom met sy gebruiklike pleisters en salf en die saak wil beredder om dit “bad for all of us” is en omdat “we’re in this together”.
        Nog so 20 ..25 jaar. Byt vas.

    • Charles

      Dankie John.
      Ons sal nie opgee nie, Pierre se artikel is korrek.
      Ons sal NIE die tou vir ons eie galg verskaf nie, nooit nie!!

  • Suidpunt

    Afrikanus, oor die skranderheid van die Afrikaner… Ek glo hulle het die vermoëns om Egiptiese hiërogliewe in Japannese haikoe meesterlik om te sit, maar sit en bly doodtevrede speel in die sandput. Daardie naïewe “kaalvoetkind” van die platteland wat nie wil grootword en swartkouse wil dra nie – dis wat verheerlik word.

    Persoonlik het ek die kerk sedert 5 Maart 2017 nie weer besoek nie – ek het genoeg gehad om na retoriese teorieë van pastore te luister wat nie ‘n sin in Grieks of Latyn kan lees nie. Wat daar gepreek word is duidelik nie uitlegkunde nie. Ek is sat om te sien hoe ‘n vyf-woord-sinnetjie (die les) gerek word na ‘n halfuur. Ek maak eerder braaibroodjies en slaai.

    Die Afrikanerkerke kon soos baie Amerikaanse en Katolieke kerke teen die staat en staatskole opgeruk en hul eie skole en institute gestig het. Ek hou van hierdie mededinging, want die twee magte hou mekaar op hul tone. Maar die Afrikaanse kerke wou nie. Die dominasies het ook oneindig toe versplinter: elkeen eis sy eie pond vleis. Die kerke weier ook om saam te werk. En u weet ook:daar sal mense wees wat hul brood aan albei kante gebotter hê: kerk en staat. Hier is die vieslikste ooreenkoms met Europa: die kerke swymel voor die regering.

    • Johann Schutte

      Die intellektuele produkloosheid van kerkgang word goed weerspieel in die verskynsel dat 40 jaar se tweeweeklikse erediens bywoning nie daarin slaag om die 10 gebooie in die geheue vas te le nie. Toets dit en kyk self. Die meeste van hulle kan dit na 40 jaar nog nie opse nie. Hulle sal nie eers vir jou kan se wat die 5de gebod is nie.

      • Afrikanus

        Sopas toevallig hierdie gevind. Reguit woorde van ‘n ouer dekade vanaf die kansel in Rhodesie (na aanleiding van ‘n siviele vliegtuig deur terrs afgeskiet, en die oorlewendes daarna koelbloedig afgemaai):

        “Deafening silence – 1978 – Viscount down”

  • Suidpunt

    Hoekom ervaar ek juis die teendeel? Ek kry die idee mense sit en wag net vir mekaar vir iets om te gebeur.

    Iemand begin iets, word soms vreeslooslik gekritiseer, die skrywer trek eenvoudig terug in sy dop. Daar word nie ‘n volgende uitgawe uitgegee waar die foute uit die vorige reggemaak is nie. Daar word nie weer probeer nie. Daar is geen nakomelinge of leerlinge wat die meester se werk voortsit nie. Ek dink hier veral aan ons enigste woordeboek in Frans-Afrikaans wat in 1950 uitgegee is. ‘n Nuttige stukkie werk, hoewel sonder die klankomskrywings. Ons trek in 2017 en steeds wag mense seker op mekaar vir iets wat uit die hemel moet val. Alles word soos ‘n draadkar oornag gemaak en net voetstoots verkoop. Oor die naverkopediens gaan ek eerder nie praat nie. Daar word kitsoplossings gesoek en kitssukses binne hoogstens 3 jaar. 30 jaar is ‘n te verskriklike getal om aan te dink.

    (Voordat mense my skiet omdat ek net ‘n voorbeeld hierbo geopper het en self nog nie aan die werk gespring het nie: ek is juis besig om die eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans digitaal te maak en op te laai vir almal om te geniet. Ek het nog so 77 uit die 142 bladsye oor, wees asseblief geduldig).

  • Ciska

    Daar is niks wat ek of jy kan doen wat die naiviteit van die Afrikaners sal laat verander nie, slegs geweld. Elke keer as die klomp Afrikaners is ‘n hoek gekeer word, met uitwissing bedreig word (en nie net dié plaas moord daar en dié aanval in daardie voorstad nie), dat bloed van almal begin vloei, sal daar hierdie klein groepie opstaan en terugbaklei. Kyk na die kommentare op die net; mene is siek & sat & skel & dreig; maar ons “HET” teveel goete en dinge, ons is te belangrik, die Ingelse (& baie van onse eie mense) het ons teveel sielkundige skade berokken, die Afrikaners se sige is aangetas dat ons op elke manier probeer verhoed “dat ons nie so is” of “nie aan die verkeerde kant van die spoorlyn bly”, “ons is nie common nie”, en dit mense sal verhoed dat enige iets gedoen sal word, of gebeur. Al hoe ons as ‘n nasie / volk / wit Afrikaners gaan oorleef in hierdie land, veg, baklei, kry ‘n stuk grond, veg en behou dit vir net wittes (soos die klop Jode in Israel), dis al….

  • besoeker

    Jy is heeltemal korrek. Die beweging gaan eers kom as onheil by elkeen se voorhekkie kom.

    Daar is ‘n uitstekende artikel op Mike Smith se blog – iets Insurgents. Die laaste punt is van belang.

    Maar jy praat van die Afrikaanse psige; wat ons verloor het na Bloedrivier en die Boere-oorlog was ons vegtersgees en ook ons vegtersvermoë. Die laaste van ons vegtende manne was tot met die laaste bosoorlog. Daarna afdraande.

    Om reg te maak vir enige geveg is om dit in in jou verstand oor en oor te speel. In ons verstand moet ons dink aan die onuitspreeklike. Om jou geestelik weerbaar te maak is om dit waaraan jy nie wil dink nie te laat uitspeel. Jy moet kan teenstand bied, jy moet kan doodmaak en jy moet kan oorleef – in jou gees. Dit maak van jou ‘n vegter en nie ‘n ‘survivor’ nie.

    Hoeveel van ons en ons kinders gril vir bloed. Wie van ons en ons kinders kan ‘n hoender se kop afkap en dan daarna eet. Hoender kom mos van Woolies af.

    Nou as die nie eers dit kan doen nie… Is daar nog vroue wat ‘n swart kand kan afkap soos in die Laer van Bloedrivier? Of gaan sy maar bid vir sy siel?

    Dit moet opgevolg word met: leer om te skiet, leer om jou self te verdedig, lees wat is nodig vir aanhou en uithou en skaf aan. Ons het nie meer ‘n keuse nie. Army toe vir almal – van jonk na oud. Elke dorp het ‘n skietklub en indien nie – stig een.

    En dit kan ook tog verniet wees – logies – 1 miljoen teen 50 miljoen?

    Maar dan- die eintlik deel wat almal nie wil hoor nie en die wat dit sê- word beledig, en veroordeel en verkleineer as -versies aframmel.

    Ons het ons Oorlogsgod nodig. Daardie God wat vernietig is in ons kennis en verstand met
    die god van liefde. Maar wat ons nie nodig het nie, is prewelendes wat amen sê op aartappelman

    Die God van Bloedrivier wat duisende van ons vyande uitgedelg het was ons redding en kan weer wees.

    Exo 15:3
    Jahweh… ‘n Kryger; Jahweh. is Sy Naam.

    Deut 3:22
    Do not fear them, for Jahweh your God is the One fighting for you.

    Ps 83
    o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
    Want kyk, U vyande maak rumoer, en U haters steek die hoof op.
    Teen U volk smee hulle listig ‘n plan en hou onder mekaar raad teen U verborgenes.

    En vir almal wat weet wat wag, glo en vertrou:

    Ps 144
    ‘n Psalm van Dawid. Geloofd sy Jahweh, my Rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer—

    Sy Woorde staan vir ewig en vir elkeen wat Hom vrees, in die verlede en ook in die toekoms.

    • sussie se vissie

      IP – Red Alert.

  • Charles

    Al wat ek kan se is: baie, baie dankie Pierre!!! Ek is werklik sprakeloos.
    Dankie ook aan Mnr Groenewald van die VF+ wat gese het; tot hiertoe, en nie verder nie.

  • Charles

    Inheemse mense?????

  • Afrikanus

    Die berigte op Praag skuif soms te vinnig aan 🙂

    Hierso is ‘n ontleding van die Suid-Afrikaanse situasie deur Christo Wiese, ‘n Afrikanermagnaat, wat eergister op Moneyweb verskyn het. Volgens my redelik vae standpunte, tog speek hy paar belangrike sake aan:

    https://www.moneyweb.co.za/moneyweb-radio/rsg-geldsake/things-are-never-as-bad-as-they-could-be/

    Ek dink hy weet baie meer as wat hy se, maar sal dit nie op ‘n publieke forum soos hierdie noem nie, want dan grawe hy vir homself ‘n graf. Hy sien ook wat in Europa gebeur.

    Mense soos, hy, as hy vir die Afrikaner iets moet doen, hoe sal hy so iets kovert moet aanvang? Hy is te baie in die kollig. Sy sakeryk is nog nie so groot dat dit magtiger as die politiek is nie.