Migrant steek Duitse Rooikruis-werker dood

Deel op

‘n Migrant uit Sirië het ‘n Rooikruisgeestesgesondheidsraadgewer in die suidwestelike Duitse stad Saarbrücken doodgesteek, volgens die Duitse polisie. Saarbrücken is die hoofstad van Duitsland se kleinste deelstaat, Saarland.

Die moordenaar en sy 30-jarige slagoffer wat as sielkundige gewerk het, het glo tydens ‘n terapeutiese sessie ‘n argument gehad. Die slagoffer is op die toneel dood. Duitse amptenare het ontken dat die voorval verband hou met terrorisme.

Die slagoffer het sedert 2014 by die Rooikruis gewerk. Die Duitse owerhede het die verdagte kort ná die Woensdagaanval gevang, slegs ‘n paar honderd meter van die misdaadtoneel in Saarbrücken. Die man is in die hospitaal opgeneem vir ernstige beserings, wat self toegedien is.

Die polisie glo dat die 27-jarige Siriese immigrant die terapeut tydens ‘n beradingsessie gesteek het, by die sentrum vir getraumatiseerde vlugtelinge wat deur die Rooikruis bestuur word. Die sentrum in Saarbrücken, naby die Franse grens, spesialiseer in die behandeling van migrante wat ly aan post-traumatiese stres of nuwelinge wat probleme ondervind met die aanpassing in Duitse kultuur.

“Ons is almal verskrik en geskok,” het die Duitse Rooikruishoof, Rudolf Seiters, gesê. Hy het gesê dat alle Duitse Rooikruis-medewerkers die slagoffer “roem as ‘n lofwaardige werknemer”. Sy mede-werkers het tevergeefs probeer om hul kollega te red.

Die polisie het ook ‘n mes op die toneel gevind, maar kon nie sê of dit die moordwapen was nie.

“Dit is nogal vreeslik,” het Martin Erbelding, woordvoerder van die Saarland se DRK-nasionale vereniging, gesê. “Die kommer oor kollegas is baie, baie hoog.” ‘n Krisisintervensiespan en nood mediese sorg was ter plaatse.

Die skokkende moord kom na ‘n aanval op Sondag toe ‘n vyfjarige kind in ‘n vlugteling-skuiling in Suidoos-Duitsland deur ‘n Afghaan doodgesteek is. Die 41-jarige aanvaller het ook die kind se ma, ‘n Russiese burger, beseer.

‘n Sesjarige kind op die toneel moes vir skok behandel word by die vlugtelingsentrum in Arnschwang, naby die Tsjeggiese grens, en na die hospitaal geneem word.

Die jongste aanval lyk ook soos ‘n dodelike mesaanval in Swede verlede jaar, toe ‘n 22-jarige vroulike maatskaplike werker deur ‘n jong immigrant vermoor is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.