TV-aanbieder Johann Botha gisteraand doodgeskiet in Johannesburgse middestad

Die voormalige aanbieder van die TV-program 50/50, asook aanbieder van ‘n klassieke musiekprogram op Pretoria FM, Johann Botha, is gisteraand tydens ‘n rooftog in die Johannesburgse middestad doodgeskiet. Botha het in ‘n kroeg in die Maboneng-buurt gekuier toe daar ‘n rooftog plaasgevind het. Die kroegeienaar self is insgelyks tydens die rooftog doodgeskiet.

Die direkteur van Pretoria FM, Willie Spies, het in ‘n verklaring gesê dat sy “dood… ‘n reuseverlies vir die land, media en die mense van Suid-Afrika” is. Sy dood onderstreep weer eens die vlaag van gewelddadige misdaad en rampokkery wat Suid-Afrika tans gevange hou.

Die Johannesburgse middestad, waar feitlik geen blankes meer woon nie, is volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se misdaadstatistiek die derde gevaarlikste polisiedistrik in die land, ná Mitchellsplein en die middestad van Kaapstad.

Die Maboneng-buurt wat aan die oostekant van die stad in Jeppesdorp geleë is, bestaan uit opgeknapte geboue wat deur ‘n jong eiendomsontwikkelaar, Jonathan Liebmann, tesame met kroeë en ander vorme van vermaak, tot stand gebring is. Liebmann is reeds enkele jare gelede as die “ABSA Jewish Report Achiever of the Year” vir sy werk in die Maboneng-buurt aangewys. ABSA borg dié seremonie jaarliks met R4 miljoen.

In 2016 is daar 75 moorde in die Johannesburgse middestad gepleeg, volgens polisiestatistiek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.