Oproeriges by Krugersdorp steek huis aan die brand

Deel op

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat oproeriges van die Princess-plakkerskamp in Roodepoort, Dinsdagaand ‘n huis aan die brand gesteek het.

Tydens oproer en onluste, wat RSG beskryf as ‘n “diensleweringsbetoging”, is verbygaande voertuie en motoriste ook met klippe bestook.

Motoriste word aangeraai om Ontdekkersweg of die N12 te gebruik. Tot dusver is geen beserings nog aangemeld nie.

Die Johannesburgse Metropolisie sê Albertina Sisuluweg langs die plakkersgebied in die rigting van Krugersdorp, bly gesluit.

Die polisie wil duidelik nie kanse waag nie want drie maande gelede het plakkers van Princess aan die Wes-Rand ‘n vragmotor gekaap en aan die brand gesteek ná ‘n gewelddadige protes deur inwoners. Die vragmotor vol groente en vrugte op die Hoofrifpad is eers geplunder en daarna aan die brand gesteek.

Die polisie het gereageer met rubberkoeëls en skokgranate om die skare te verjaag en van die gesteelde goedere terug te vind.

Die inwoners sê hulle wil hê die regering moet hul belofte van behuising, water en elektrisiteit nakom.

Terwyl kalmte op Hoofrifweg herstel is, was dit lank gesluit aangesien beamptes moes werk om te verwyder wat oorgebly het van die brandende vragmotor, bande en sementblokke.

Gemeenskapsleier David Mathibe sê die protes sal nie ophou nie, want die regering het voortgegaan om leë beloftes te maak.

“Die regering luister nie na ons nie, wat beteken dat hulle nie omgee vir ons mense nie.”

“Ek is al so lank hier, ek behoort nou in ‘n pragtige huis te bly. Hulle neem ons nie ernstig op nie. Laat hulle dus doen soos hulle wil, en ons sal dieselfde doen,” het ‘n inwoner gesê.

Die polisie sê hulle sal in die omgewing bly om seker te maak dat protes nie weer opduik nie.

In Maart het betogers ‘n gedeelte van Elsburgweg en ander strate wat na die Ramaphosa-plakkers en Reigerpark gelei het, met brandende bande, gemors, boomtakke en vullis afgesper.

“Ons het besluit om ons griewe na die strate te neem, want daar is nog steeds geen ontwikkeling in ons omgewing nie, alhoewel ons baie keer gestem het,” het een van die inwoners gesê.

Ramaphosa word nie ontwikkel nie, terwyl ontwikkelings in ander gebiede langs hul area in die bruin gebied plaasvind, sê hulle.

“Skole, ‘n biblioteek, gemeenskapsale, sportgeriewe, teerpaaie en ander dienste is aan die orde van die dag in Reigerpark, maar nie Ramaphosa nie.

“Ons het nie eens sportgeriewe om jongmense van die strate te hou wat verslaaf is aan dwelms nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.