Terreuraanval buite katedraal in Parys

Deel op

“Dit is vir Sirië!” het ‘n Algerynse man met ‘n hamer en messe Dinsdagmiddag geskree, buite die Notre Dame-katedraal, en die polisie aangeval voordat hulle geskiet het.

‘n Algerynse man, wat as ‘n ISIS-soldaat geïdentifiseer is, het sy wraak geskree toe hy Dinsdag ‘n Franse polisiebeampte buite die beroemde Parys-katedraal aangeval het.

Paniek het gevolg kort nadat die 22-jarige polisiebeampte in die voorhof van die katedraal aangerand is deur ‘n “student” wat kombuismesse, ‘n hamer en ander ongesofistikeerde wapens gehad het.

Hy is geneutraliseer en gewond deur polisie-vuur, en die aanvaller is na die hospitaal vervoer. Volgens ‘n bron naby aan die ondersoek het hy beweer dat hy ‘n “Kalifaat-soldaat” is, van die Islamitiese Staat. Volgens Gerard Collomb, die Franse minister van binnelandse sake, het die aanvaller geskree: “Dit is vir Sirië” toe hy die polisieman geslaan het.

‘n Deursoeking van die woonstel van die aggressor is in Cergy-Pontoise, Val-d’Oise, gehou.

‘n Identiteitsdokument is in die naam van Farid I gevind. Volgens inligting wat deur Le Parisien verkry is, het die veiligheidsmagte ‘n identiteitsdokument met dieselfde naam op die aggressor gevind met die geboortedatum wat 18 Januarie 1977 aandui. Hy was onbekend aan die Intelligensiedienste.

Een van die beamptes het gereageer met twee geweerskote, wat die aanvaller beseer het.

Parys-aanklaers het kort ná die aanval deur die Algerynse hameraanvaller, ‘n teenterrorisme-ondersoek geloods.

Die katedraal is gesluit en word tans deur soldate bewaak.

Dié naweek het ISIS ‘n verklaring uitgereik waarin volgelinge in Frankryk gevra word om “aanvalle en gruwel uit te voer soos julle in die stede van Parys en Nice ervaar het”.

Collomb het aan verslaggewers naby die katedraal in die sentrum van Parys gesê: “‘n Man het agter hierdie polisiebeamptes ingekom en, met ‘n hamer gewapen, het een van hulle begin slaan. Sy kollegas het met kalmte gereageer … en geskiet.”

Die minister het bevestig dat die man “in die hospitaal is” maar nie verdere besonderhede gehad het nie.

Voormalige Amerikaanse ambassadeur van die Verenigde Nasies, Nancy Soderberg, is ná die aanval binne die katedraal toegesluit.

Sy het ‘n foto van die binnekant van die Notre Dame getwiet, wat toeriste wys wat hul arms in die lug hou soos deur die polisie versoek is.

Mense in Notre Dame, die nabygeleë Sainte-Chappelle-katedraal en die area se kafees is aangesê om binne te bly tydens die polisie-operasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.