Duitse Facebook-gebruiker swaar beboet oor anti-migrante grap

Deel op

‘n Duitse Facebook-gebruiker is 1 350 euro beboet deur haar regering nadat sy ‘n anti-migrante grap op haar Facebook-bladsy gedeel en ge-houvan het, en volgens die Duitse koerant Berliner Morgenpost.

Jutta B. is een van ‘n groeiende aantal mense wat aangekla word vir “haatspraak”. Die Berlynse inwoner van Lichtenberg is in hegtenis geneem en haar huis is deur die polisie deursoek nadat sy ‘n foto op Facebook gedeel het en gekliek het dat sy daarvan hou.

Ook ‘n 52-jaar-oue rekenaarwetenskaplike wat gekla het dat die Duitse polisie migrante diewe laat gaan het, ‘n 66-jarige wat pamflette uitgedeel het wat sê “vlugtelinge moet huis toe gaan” en ‘n paartjie wat ‘n Facebook-groep geskep het wat die “anti-Vlugtelingebeweging” voorgestel het, is beboet, het Breitbart berig.

Die foto wat Jutta gedeel het, getiteld “Het jy iets teen vlugtelinge?” het negatiewe kommentaar oor migrante bevat. Die aanklaer het gesê haar optrede was aanhitsing van haat en aantasting van die menswaardigheid van ander.

Facebook het sedertdien Jutta se rekening geblok, al het sy gesê sy het die prentjie gedeel sonder om die inhoud ten volle te lees. “Ek hou daarvan om snaakse dinge rond te stuur,” het sy aan die hof gesê.

Die pos het die aantal moontlike antwoorde ingesluit, soos: “Ja, masjiengewere en handgranate”, en is deur ‘n sowat 500 mense besigtig en gedeel, insluitende die een wat die 62-jarige Jutta by die polisie aangemeld het.

Jutta het reeds drie doodsdreigemente ontvang van die linkse ekstremistiese groep Antifa, in Berlyn. Die “outonome gemeenskappe” van Antifa breek dikwels onwettig in geboue in, pleeg gereeld geweld tydens oproer en val die polisie aan.

Haatspraak in Duitsland het sedert die begin van die migrantkrisis in 2015 ‘n belangrike kwessie geword vir Angela Merkel se regering. Die Duitse polisie het alreeds tientalle huise vir beweerde “haatspraak” bestorm en deursoek, vir klagtes wat wissel van die verheerliking van Nazisme tot “xenofobie”.

Hul poging om “verregse geweld” te vervolg het tot dusver platgeval weens ‘n gebrek aan bewyse.

Na ongeveer 60 huise só bestorm is, het die minister van binnelandse sake, Thomas de Maizière, die uiterste polisie-optrede geregverdig deur te verklaar dat “geweld, selfs verbale geweld, in enige vorm en in enige konteks” onaanvaarbaar is. Maar blykbaar is geweld teen Duitse burgers wat hul spraakvryheid opeis nie ‘n probleem nie.

Die omstrede besluit van Merkel se regering om ‘n voormalige lid van die berugte kommunistiese Oos-Duitse Stasi aan te stel om sosiale media te polisieer, is met verontwaardiging begroet.

Identitêres het in ou Stasi-uniforms aangetrek en die voormalige Stasi-logo op die deure van die stigting se kantoor geplaas waar oud-Stasi-agent Anette Kahane die Amadeu Antonio-stigting bestuur.

Gedurende die Koue Oorlog is Oos-Duitsers se privaatbriewe oopgemaak deur kommunistiese owerhede, en gedeeltes wat geag is as onwenslik in die kommunistiese ortodoksie, is deurgehaal.

In April het die minister van Justisie gesê dat die maatskappye wat aanlynplatforms bestuur, verantwoordelik is vir die verwydering van haatlike inhoud. Hy het gesê ‘n nuwe wetsontwerp sal “ingryp wanneer kriminele haat of opsetlike vals nuus gepos word”.

Die minister het gekla dat sosiale netwerke nie genoeg strafbare inhoud verwyder nie, en met verwysing na navorsing gesê, Twitter het net 1 persent van onwettige inhoud wat deur gebruikers gemerk is, verwyder. Facebook het 39 persent verwyder, het die Associated Press berig. “Ons moet die druk op sosiale netwerke verhoog … Daar is net so min plek vir kriminele propaganda en laster [op sosiale media] soos op die strate,” het minister van Justisie Heiko Maas gesê.

Maar wat is “kriminele haat”? Duidelik beteken dit vir Duitse owerhede teenkanting teen hul beleid rakende Moslem-migrasie. Duitsland voel dat die res van Europa hul voorbeeld moet volg: “Op die ou end het ons ook Europese oplossings nodig vir Europese maatskappye,” het Maas gesê.

Verklarings wat volgens die Duitse wet onwettig geag word, is sommer nou stellings wat bloot subjektief en op grond van totale ewekansigheid deur verlinkse sosiale media-gebruikers as “haatspraak” beskou word.

Facebook en Twitter het byvoorbeel al 90 persent van die webwerf Jihad Watch geblokkeer. Die regering van Pakistan het bevestig dat Facebook inhoud verwyder wat die Sharia-godslasteringswette oortree.

Kritiek teen Kanselier Merkel se migrasiebeleid kan byvoorbeeld as “Islamofobie” gekategoriseer word, en word dikwels beskou dat dit “Gemeenskapstandaarde” oortree, terwyl die aanhitsing van werklike geweld teen blankes algemeen beskou word as in ooreenstemming met Facebook se “Gemeenskapstandaarde”.

Facebook het intussen aangekondig dat die aantal werknemers in klagtesbestuur in Berlyn teen die einde van 2017 tot 700 sal styg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.