Hillary Clinton het laggend gekekkel: “Ons het gekom, ons het gesien, hy het gesterf” oor die moord op Muammar Gaddafi van Libië nadat die VSA onder haar toesig sy bewind omver gegooi het. Maar haar dogter Chelsea vir een, waardeer nie sulke grappe oor die dood van presidente nie:
Die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake Clinton was die argitek van die rampspoedige NAVO-ingryping in Libië en ‘n Amerikaanse regsprofessor Francis Anthony Boyle beskou haar as ‘n oorlogsmisdadiger volgens die internasionale reg.
ISIS-terroriste-indringers regeer Libië sedert president Obama en Clinton saamgesweer het met NAVO om Gaddafi in 2011 te verwyder. Clinton se aanval op Libië is die ernstigste van haar baie oortredings van die wet.
Behalwe dat die Amerikaanse federale wet verbreek is, het haar oorlog in Libië ‘n bloedspoor gelaat wat tot vandag toe bly, met ISIS-onthoofdings van Christene wat die wêreld in skok gelaat het. In Februarie 2015 het ISIS ‘n verslag vrygestel in hul aanlyn-tydskrif Dabiq wat foto’s toon van 21 Egiptiese Koptiese Christen-konstruksiewerkers wat hulle in Sirte, Libië ontvoer en onthoof het. In hul gruwelike, vreeslike video het die gevangenes die “mense van die kruis” genoem.
Die Amerikaanse komediant, Kathy Griffin, het onlangs bekend gemaak dat sy van plan is om in die moeilikheid te kom toe sy ‘n foto van ‘n bloedige afgesnyde kop van president Donald Trump opgehou het.
Dit het dus as geen verrassing gekom toe haar werkgewer CNN, die Amerikaanse publiek en die Eerste Gesin, sowel as die Amerikaanse Geheimediens, dit as ‘n doodsbedreiging teen die president geïnterpreteer het nie.
By ‘n perskonferensie het Griffin haarself probeer verdedig teen die politieke stortvloed van kritiek as gevolg van haar “grap”.
Maar selfs Chelsea Clinton kon niks vind om oor te kekkel nie. Die beeld van Griffin is soortgelyk aan dié van die ware Mohammed Emwazi, die Britse burger wat bekend staan onder die skuilnaam “Jihadi John”, wat in verskeie video’s van die Islamitiese staat, sy Christelike gyselaars onthoof.
Griffin se idee van “grap” oor ISIS-agtige onthoofdings was ook nie baie oorspronklik nie. Die Duitse nuusblad Der Spiegel het in Februarie vanjaar kontroversie veroorsaak met ‘n voorblad wat Amerikaanse president Donald Trump uitbeeld wat die afgesnyde bloedige hoof van die Statue of Liberty in een hand en ‘n bloedige mes in die ander vashou.
“Op ons voorblad hou die Amerikaanse president die simbool wat immigrante en vlugtelinge sedert 1886 tot nou in die Verenigde State verwelkom is, met demokrasie en vryheid,” het Spiegel se hoofredakteur, Klaus Brinkbaeumer, aan die Duitse nuusagentskap DPA verduidelik. Maar sy onverkwiklike siening oor migrasie in wêreldpolitiek, is klaarblyklik besig om hom ook vinning in te haal soos wat mesaanvalle deur Moslems oor Europa spoel.