Marokkaanse immigrant se poging om Spaanse priester aan te val, gestop

Deel op

Videobeeldmateriaal het na vore gekom waarin ‘n Noord-Afrikaanse Moslem probeer om ‘n priester aan te val en ‘n Katolieke huwelikseremonie in die noordwestelike stad Valladolid, Spanje, Saterdagaand te ontwrig.

Die Marokkaanse burger het in die ou kerk ingehardloop en “Allahu Akbar” geskree. Die voorval in die Valladolid se historiese San Pablo-kerk, het in chaos ontaard na ‘n gewelddadige stryd om die aanvaller uit die kerk uit te smyt.

Die Marokkaanse verdagte het reguit na die voorkant van die kerk gehardloop, direk na die priester en diegene wat rondom die altaar teenwoordig was. Ooggetuies het die naweek aan die Spaanse nuusblad, ABC, vertel wat gebeur het.

Lede van die gesinne het die aanvaller gestop wat toe deur die polisie in hegtenis geneem is. Dit is later deur die wetstoepassing bevestig dat hy 22-jarige Marokkaanse burger is, ‘n wettige inwoner van Spanje, wat oor ‘n geldige studentenvisum beskik.

Volgens die Spaanse polisie het die aanvaller ‘n geskiedenis van oortredings van openbare orde. Hy sal aangekla word van wanordelike gedrag, dreigende gedrag en ‘n misdryf teen “godsdienstige sentiment” na die voorval op Saterdag. Maar die Spaanse owerhede wil nie sê of hy die kansellasie van sy visum of deportasie na Marokko in die gesig staar nie, terwyl amptelike naamlose bronne sê dit is nie waarskynlik dat hy die land uitgesit sal word nie.

Ten spyte van die aanval op hul troue, is die egpaar uiteindelik ná ‘n kort pouse in die verrigtinge, in die eg verbind.

Valladolid, in die noordweste van Spanje, is bekend vir middeleeuse godsdienstige geboue. Ook in die vroeë sewentiende eeu was die Spaanse konings daar gehuisves, en die Christopher Columbus Museum wat die lewe van die Italiaanse ontdekkingsreisiger uitbeeld, word daar gehuisves omdat Columbus in 1506 in Valladolid gesterf het.

Spanje, met ‘n bevolking van 46 miljoen, is ‘n land van immigrante. Van 2002 tot 2014 het sowat 7,3 miljoen immigrante die land binnegekom.

Verlede week is meer as 30 migrante oor die naweek na aan die kus van Spanje gered nadat hul rubberboot aan die brand geslaan het.

Die video wat deur die EU-grensagentskap Frontex getwiet is, toon die 34 migrante wat reddingsbaadjies dra, ‘n teken dat hulle deur mensesmokkelaars vervoer is. Die beelde is verfilm deur die Portugese lugmag se maritieme toesigvliegtuig.

‘n Helikopter en verskeie bote is gestuur na die suidweste van Alboran-eiland tussen Marokko en Spanje en die migrante, wie se nasionaliteite nie bekend gemaak is nie, is gered en na die hawe van Motril in die suide van Spanje geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.