Wit Franse man se noue ontkoming van Islamitiese mesaanvaller

Dinsdagaand het ‘n Islamis ‘n lang mes by die ingang van ‘n supermark in Parys uitgetrek en ‘n wit kliënt aangerand voordat hy gevlug het.

Die kliënt van die Monoprix het die skrik van sy lewe gehad. Verlede Dinsdagaand om 21:00 het hy ‘n supermark in die 13de arrondissement van Parys met ‘n pak bier in sy hand verlaat. Hy is aangerand deur ‘n Islamitiese man met ‘n baie lang mes, weggesteek onder sy Noord-Afrikaanse djellaba, ‘n soort lang lospassende kleed met volle moue, gewild in die Magreb-streek.

Die slagoffer het die refleks gehad om homself met sy voorarm te beskerm terwyl sy rooikop-vriendin die aanvaller aan die keel gegryp het en hom gedwing het om ‘n paar meter terug te staan.

Op die video van die aanval, wat by Point.fr verkry is, sien mens die aggressor ‘n paar sekondes onbeweeglik voordat hy vlug. Die aanvaller wat in Desember 1996 in Parys gebore is, volgens ‘n bron digby die saak, was baie heftig, maar kon nie ‘n noodlottige steekhou inkry nie en het die slagoffer net effens gewond aan sy oor.

Snel geïdentifiseer, is die verdagte nie in sy huis in hegtenis geneem nie, maar Woensdagoggend in ‘n vriend se huis in die noorde van die Franse hoofstad.

Die twee mans is in hegtenis geneem en hul woonstelle is deursoek. Volgens inligting wat deur Le Point verkry is, word hulle nie gelys as terroriste of is selfs nie bekend vir vorige radikalisering nie.

Die kantoor van die anti-terroriste-aanklaer het nog nie enige belangstelling in die saak uitgespreek nie. Die ondersoeke wat deur die 3de Regterlike Polisiediens (DPJ) uitgevoer word, sal die motief van hierdie aggressie moet bepaal, en of die aanvaller die slagoffer geken het, al dan nie.

Die individu is egter besonder vinnig deur die polisie geïdentifiseer. Die slagoffer se dapper meisie het ‘n harde hou in die gesig gekry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    Hoe sê die Hollanders? Nog ‘n steek party op die rekening van die rëenboog se nie-rassige diversiteit. Smaak my dit gaan nog beter raak vorentoe. Alledaags.