CNN fabriseer nuus na ISIS verantwoordelikheid vir Londen-aanval aanvaar

Deel op

CNN is uitgevang dat hulle nuus fabriseer in die nasleep van die ISIS-terroriste groep se dodelike aanval in die Verenigde Koninkryk se hoofstad, Londen.

CNN se Becky Anderson is in Londen gesien wat rekwisiete aan ‘n “vredesgroep” oorhandig om voor die kamera vas te hou. Die doelbewuste opvoering van nuus is vasgevang op video deur ‘n omstander, wat die beeldmateriaal na sy Twitter-rekening @markantro gestuur het.

Die nuusspan het selfs plakkate en voorafvervaardigde rekwisiete uitgereik en die groep afgerig voordat hulle verfilm is. Die beeldmateriaal is daarna as werklike nuus deur CNN uitgesaai.

Volgens @markantro is wit polisiebeamptes versoek om te vertrek en is vervang deur Asiatiese wetstoepassers vir die verfilming, maar het gou spore gemaak nadat die toneel verfilm is.

Die joernaliste wat die “vredesgroep” verfilm het, het die burgerlike joernalis smalend ‘n “naweek-vegter” genoem.

Die BBC het dieselfde toneelstukkie van CNN gebruik in hul eie nuusberig in die nasleep van die terreuraanval. Katie Hopkins, Britse radiopersoonlikheid, het die hoof van die BBC News, James Harding vir kommentaar genader, maar het nog geen antwoord ontvang nie. Die BBC het ook geweier om snitte uit te saai van terroriste wat sê: “Dit is vir Allah”.

Volgens Hopkins is dieselfde groep op verskeie plekke gebruik om nuus te “maak”. Sy vermoed dat hulle “te huur” is.

‘n Joernalis van die linkse koerant, The Guardian, het tydens die aanvalle getwiet dat hy “lag” terwyl mense gesteek en geslag word, maar @OwenJones84 het sy pos vinnig uitgevee. Owen Jones het op Twitter gesê: “Tans in ‘n kroeg in sentraal-Londen, vol mense wat lag en gesels. Niemand is bang of bekommerd nie.”

Volgens die plaaslike owerhede is minstens sewe mense dood en 48 beseer. Altesame 12 verdagtes, waaronder vier vroue, is in hegtenis geneem oor die aanvalle.

‘n Traumadokter wat met 12 van die slagoffers van die terreuraanval gewerk het, het gesê baie mense was so geskok dat hulle nie kon praat toe hulle by die hospitaal aankom nie.

Die dokter in beheer by die Royal London-hospitaal in Whitechapel het aan The Independent gesê die slagoffers kon net sit en staar terwyl hulle deur mediese personeel behandel is. Hy het gesê almal is sleg beseer in die voertuig- en mesaanval.

Op Saterdag om 22:08 plaaslike tyd (21:08 GMT) het ‘n voertuig niksvermoedende voetgangers op die London Bridge getref en na Borough Market gegaan waar die verdagtes op die mark onskuldige slagoffers begin steek het. Die aanvallers is deur die polisie doodgeskiet.

Die Amerikaanse president Donald Trump het die burgemeester van Londen, Sadiq Khan, na die Londense terreuraanval gekonfronteer. Hy het “politieke korrektheid” in sy kommentaar op Twitter gekritiseer ná die moorde in die Britse hoofstad.

Die Moslem-burgemeester van Londen, Khan, het verontwaardiging veroorsaak toe hy getwiet het: “Daar is geen rede om bekommerd te wees nie,” want in die loop van die volgende paar dae sal wetstoepassers ontplooi word.

In ‘n reeks twiets het die president, Donald Trump, die burgemeester se twiet uitmekaar getrek. “Ons moet ophou om polities korrek te wees en sekuriteit vir ons mense skep. As ons nie slim word nie, sal dit net erger word,” het die Amerikaanse president gesê.

“Ten minste sewe dood en 48 gewond in terreuraanvalle en burgemeester van Londen, sê daar is ‘geen rede om bekommerd te wees’!” het Trump se twiet gelees.

Die Amerikaanse president het ook in ‘n twiet daarop gewys dat die aanvallers nie vuurwapens gebruik het nie, in ‘n duidelike boodskap aan Amerikaanse geweerbeheerfanatici “Sien julle dat ons nie nou ‘n geweerdebat het nie? Dit is omdat hulle messe en ‘n vragmotor gebruik het!”

Moslems soek wapens op wit mans om terreur te voorkom in Londen

Moslemswetstoepassers in die Britse hoofstad deursoek nou blankes vir vuurwapens “om terreur in Londen te voorkom”.

Khan het in Mei gesê: “Trump se onkundige siening van Islam kan ons lande minder veilig maak. Dit is die gevaar om gewone Moslems te vervreem. Londen het hom verkeerd bewys.”

Daar was berigte van ISIS-simpatiseerders wat die pogings van die drie terroriste wat betrokke was by die dodelike aanvalle, geprys het, selfs voordat ISIS aanspraak gemaak het op hul verantwoordelikheid.

Die BBC se sekuriteitskorrespondent, Frank Gardner, het gesê propaganda-materiaal is vroeër vanjaar op die kitsboodskapdiens Telegram gedeel en die oproep om dood te maak is wyd in die afgelope weke gedeel soos die Moslem-heilige maand van Ramadan gevorder het.

Volgens die BBC het die ondersteuners van die sogenaamde Islamitiese staat die Londense aanval “die hele nag gevier – selfs voordat enige aanspraak nog deur ISIS gemaak is”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.