Waterpolisie ontplooi in ergste Kaapse droogte in ‘n eeu

Deel op

George in die Tuinroete is die jongste dorp in die Wes-Kaap om waterbeperkings in te stel, te midde van ‘n waterkrisis wat dreig in die provinsie en waterpolisie wat ontplooi word.

Die plaaslike munisipaliteit het bekend gemaak dat die waterbeperkings onmiddellik van krag is. Die beperkings raak die natlei van tuine, sportterreine en die vul van swembaddens.

Vlak Vier-waterbeperkings het in werking getree in Kaapstad. Verbruikers kan net water gebruik om te drink, te kook en te was. Die metro sê hy verwag dat die verbruik tot 500-miljoen liter per dag sal daal indien die inwoners aan die beperkings gehoor gee.

Inwoners het oor die algemeen positief op die beperkings reageer en sê hulle sal hul bes doen om water te spaar.

Die Stad Kaapstad het begin moeilik raak oor kwistige watergebruik, aangesien die Wes-Kaap steeds onder die ergste droogte in ‘n eeu gebuk gaan.

Die stad is tans in gesprek om boetes te verhoog nadat die Vlak 4-waterbeperkings Donderdag in werking getree het. Die stad het ook sy waterpolisie ontplooi, volgens ‘n EWN-verslag.

Xanthea Limberg, raadslid en burgemeesterskomiteelid, het aan die nuusagentskap gesê dat die stad addisionele personeel vir sy waterinspektoraat in diens het.

“Hulle sal uitgaan en die toepassing doen. Ons is besig om ons inbelsentrum en ons waterwerkspan verder uit te brei. Dit is gedoen en ons het aanvanklike personeel daar toegewys.”

Die Stad Kaapstad het inwoners intussen aangeraai dat, in ooreenstemming met Vlak 4-beperkings, waterdruk verder verlaag word tot die punt waar voorraadonderbrekings in hoërliggende gebiede van die Stad se voorsieningsones vir kort tydperke gedurende die dag ervaar sal word.

Kommersiële motorwassake kan aansoek doen vir ‘n vrystelling wat slegs toegestaan ​​sal word indien waswater herwin word of waterlose produkte gebruik word.

Die gebruik van draagbare speelpoele is ook verbode. Limberg het inwoners aangespoor om waterverbruik tot minder as 100 liter per persoon per dag te verlaag.

Die stad is in gesprekke met landdroste oor die verhoging van boetes vir oortredings in lyn met die nuwe beperkings. As jy skuldig bevind word aan die vermorsing van water, kan jy ‘n boete van tot R10 000 kry.

Kitsboetes van tot R5 000 word ook bespreek.

“Die meeste boetes is verhoog van R0 en R2 000 tot R1 000 en R3 000 tot R5 000 onderskeidelik weens die erns van die situasie op hand,” het die stadsraad gesê.

Waterbesparingsmaatreëls is intussen by alle staatsinstellings in die land ingestel. Die Minister van Openbare Werke, Nathi Nhleko, sê die maatreëls volg op ‘n opname oor waterverspreiding en -infrastuktuur by die instellings.

Die departement het bykans R43 miljoen verkwis om die watergehalte by 64 aanlegte vir militêre basisse en korrektiewe sentrums tot Bloudruppelgehalte te verbeter.

Vereistes vir Bloudruppelstatus sluit in dat water 97 persent aan mikrobiologiese standaarde moet voldoen. Daarbenewens is meer as R55 miljoen bestee om water by 82 herwinningsaanlegte van afvalwater tot Groenddruppelstatus te suiwer, sodat dit minstens 90 persent skoon is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.