Duitse restaurant moet sluit na linkse terreur

Deel op

‘n Duitse restaurant is gedwing om sy deure te sluit nadat linkse boewe duisende euro se skade veroorsaak het. Die plek is gevandaliseer omdat die eienaar ‘n werkslokaal by sy restaurant uitverhuur het aan die AFD-party.

Eienaar Sven Lohse, wat nie eens die party ondersteun nie, het gesê hy het die funksiesaal aan die party uitgehuur omdat hy “in demokrasie glo en almal toegelaat moet word om hul gedagtes openlik te bespreek sonder om aangeval te word”.

Dit was egter verlore op die sogenaamde “anti-fasciste” wat besluit het om sy restaurant te vernietig omdat hulle nie saamstem met AFD-beleid nie.

Lohse het aan die Duitse koerant, Junge Freiheit, gesê: “Motorbande is stukkend gesteek, vensters en fasades is verniel, perdemis is by die deur gelos, ek is gevloek en gedreig op die telefoon – en alles in die naam van demokrasie.

“Ek doen dit nie meer nie. Ek is nou 56 jaar oud. Ek wil nie die res van my lewe met sulke onkundiges belas wees nie,” het hy bygevoeg. Hy het gesê dat hy nog nooit so iets in sy lewe gesien het nie, selfs nie in die derde wêreld nie.

Na ‘n reeks aanhoudende en groot dreigemente van geweld het die restaurantseienaar van Schleswig-Holstein sy restaurant gesluit.

Drie weke na die staatsverkiesing in Schleswig-Holstein het Lohse genoeg: na herhaalde dreigemente het hy sy herberg “Tivoli” in Aukrug naby Neumünster gesluit. Sy “oortreding” in die oë van sy teenstanders: die AFD het kamers vir hul geleenthede gehuur ter ondersteuning van die streekverkiesingsveldtog.

Soos berig van die Kieler Nachrichten Dinsdag, is daar die afgelope maande talle aanvalle op die restaurant uitgevoer. Toegangsdeure is besmeer met slagspreuke, perdemis en hope geskeurde AFD-kieskaarte wat by die deur afgelaai is, en motorbande is gesny.

Die polisie vermoed politieke motiewe. Op die internet spog die linkse ekstremiste openlik oor hul dade. Daar was egter nog geen arrestasies nie.

‘n Land wat nie kritiek duld nie, is nie meer ‘n demokrasie nie, sê Lohse. “Ek was altyd trots om Duits te wees,” het hy gesê en bygevoeg dat hy die reg het om met enigiemand, selfs die Turkse president, te praat: “Erdogan moet ook met my praat.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.