Burgemeesteres van Parys gee apartheid-fees ‘n op-duimpie

Die burgemeesteres van Parys, Anne Hidalgo, het in ‘n reeks twiete aangekondig dat ‘n “duidelike oplossing gevind is” aangaande die organisasie van die Afro-feministiese fees Nyansapo, wat witmense verbied om deel te neem: Wittes sal doodgewoon steeds verbied word.

Hiladgo het hierdie week apartheid verklaar en gesê dat die slegs-swart werkswinkels in elk geval sal voortgaan: “Die fees wat in ‘n openbare plek georganiseer word, sal vir almal oop wees. Nie-gemengde werkswinkels sal elders in ‘n streng privaat omgewing gehou word.”

Die burgemeesteres het gevra dat ‘n swart feministiese fees vroeër verban word omdat sy gesê het dat wit mense verbied word. Maar toe net daar weer van plan verander terwyl sy voorgee om “ferm” te wees.

‘n “Kompromie” is gevind in segregasie na die “ferm intervensie gister [Sondag] met die organiseerders”. Maar die Mwasi-kollektief het kort daarna verklaar dat die segregasie van die begin af so beplan is en so sal bly.

Die Mwasi-kollektief, wat die afro-feministiese gebeurtenis georganiseer het, was in hul antwoord erg sarkasties: “So basies is ons oorspronklike [gesegregeerde] program absoluut nie verander nie. Ons wag nou op ‘n formele mededeling van die stadsraad van Parys, en ‘n openbare verskoning,” het die lede van die vereniging op Twitter gesê.

Hidalgo het Sondag gevra dat die Nyansapo-fees in die Franse hoofstad uitgestel word, wat na verwagting van 28 tot 30 Julie by ‘n staatsbefondsde kultuursentrum gehou word.

Die gebeurtenis is bevorder as “gewortel in swart feminisme, aktivisme en op ‘n Europese skaal” en 80 persent van die feesgebied wat opsy gesit word as “nie-gemengde” ruimte vir swart vroue alleen” volgens sy Franse webwerf.

Die Engelse weergawe van die webwerf gebruik nie die woord “nie-gemengde” nie maar vertaal die rasse-apartheid met “gereserveer”.

Hidalgo, ‘n Sosialis, het aanvanklik op Twitter gesê dat sy die organisasie van hierdie gebeurtenis “beslis veroordeel” het, omdat blankes verbied word en bygevoeg dat sy die reg voorbehou het om die organiseerders vir diskriminasie te vervolg. Dit was toe ‘n leë dreigement.

Michel Delpuech, polisiewoordvoerder, het in ‘n verklaring gesê die polisie is nie Sondagaand oor die geleentheid ingelig nie.

SOS Rassisme het die gebeurtenis beskryf as ‘n fout, selfs ‘n gruwel, want dit veroorsaak etniese skeiding, terwyl anti-rassisme ‘n beweging is wat daarop gemik is om rasse te integreer.

Die Mwasi-kollektief is in 2014 gestig deur ‘n groep Afrika-vroue en gemengde rasse wat die behoefte gehad het om hul sienings rakende “onderdrukkings” wat verband hou met klas, geslag, seksualiteit of godsdiens aan te spreek.

Van die vier verskillende ruimtes, is drie voorbehou vir swart vroue, swart mense en “rasse”-vroue.

Nie net SOS Racisme en die linkse Licra-organisasie was verontwaardig oor die separatistiese beginsels nie, maar ook die Front National het die burgemeesteres van Parys oor hierdie “fees wat blankes verbied” uitgevra.

Die Internasionale Liga teen Rassisme en Antisemitisme – Ligue Internationale Contre le Racisme et l’Antisémitisme (LICRA) in Frans – is in 1927 gestig teen sogenaamde rasse-onverdraagsaamheid, vreemdelingehaat en uitsluiting.

Die Afro-feministiese kollektief Mwasi het die klagtes as “‘n veldtog van disinformasie en fopnuus georkestreer deur die mees verouderde verregges” veroordeel.

Hulle het bygevoeg: “Ons is hartseer om te sien dat sommige anti-rassistiese verenigings hulself laat manipuleer. Hulle bevind hulself paradoksaal aan die kant van rassiste om diegene wat pragmatiese voorstanders is van die waardes van gelykheid en respek, te stigmatiseer.” Die kollektief het die bygevoegde teks Sondag op sy webwerf gepubliseer.

Dit is nie die eerste keer dat sulke apartheid en segregasie die nuus in Frankryk haal nie. In 2016 het die organisasie van ‘n “dekoloniserende somerkamp” in Reims ‘n “opleidingseminaar oor anti-rassisme” bevorder, gereserveer vir slagoffers van wat hulle “staatsrassisme” genoem het, wat witmense verbied.

Hierdie berig is spesiaal nagevors vir PRAAG in Afrikaans. Sluit aan en help ons om fopnuus teen te werk!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Daar is mos beginsels wat nou al telkens ontleed is soos bv. at die reenboog se kleure altyd onderskeibaar bly en dat selfs al drink al die diere van die veld saam water by een watergat, word Zebras nie Seekoeie, Springbokke word nie Otters nie of Olifante word nie Vlakhase nie.

    https://uploads.disquscdn.com/images/3cd5a03ddec13c5b61c01a87598722c2347a348f80c55b8f560a8821c5bfbf9b.jpg

  • Ou Transvaal

    Is hierdie weergawe van feminisme nie dalk ‘n meganisme om hierdie ras-vroue teen hulle eie mans te beskerm nie .
    Dit sal in elk geval ‘n uiters vervellige geteem oor ou holrug geryde klagtes oor verbeelde benadeling wees ……..wie het dit nog nie tot vervelens gehoor nie ???

  • G

    Ai die ironie. Apartheid was toe al die tyd verlinks en die swartes vra self daarvoor.

    • Guest

      And neither would the mayor of Paris challenge apartheid! I might become a leftist soon.

  • Lekker man Lekker, nou stel hulle Apartheid in teen die liberale blanke feministe, hulle ouers en dalk hulle self ook was mos anti Apartheid.