Wet is ‘n onteieningsinstrument volgens hof

Deel op
AgriSA het ‘n uitspraak van die Pretoriase hoërhof verwelkom dat die Minerale en Petroleum hulpbronontwikkelingswet effektief dieselfde is as om onbenutte, ou orde mineraleregte te onteien.

Die uitspraak sal die staat verplig om kompensasie te betaal of om eienaarskap van die onteiende mineraalregte weer her in te stel, het AgriSA se hoofuitvoerendebeampte Hans van der Merwe Maandag in ‘n verklaring gesê.

Hy het die uitspraak as ‘n belangrike landmerk beskou in AfriSA se poging om grondeienaarskap te beskerm en foute uit te wys op beleids- en regulerende vlakke.

Die departement van minerale en energiesake het die finaliteit van die uitslag egter in twyfel getrek.

Woordvoerder Bheki Khumalo het gesê die departement is geadviseer dat dit slegs betrekking het op “regstegniese uitsonderings” wat deur die departement geopper word teen die eise van AgriSA.

“…Die meriete van die saak, of daar werklik onteiening plaasgevind het sal besluit word wanneer die saak uiteindelik in die hof aangehoor word, nadat die departement sy kant van die saak gestel het,” het Khumalo gesê.

Hy het gesê die departement het kennis geneem van die uitspraak. Die regspan was steeds besig om die uitspraak te bestudeer, waarna dit die departement sal aanbeveel watter aksie om te neem.

песочный насос для бассейна купитьданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.