Kleurlingmans verkrag, vermoor wit Matie-meisie (21) op Stellenbosch

Hannah Cornelius. Foto: Facebook.
Deel op

Twee kleurlingmans het vandag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn in verband met die moord en verkragting van Hannah Cornelius, ‘n 21-jarige BA-studente aan die universiteit op die dorp. Vernon Witbooi (32) en Geraldo Parsons (26) het op aanklagte van aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal, verkragting en ontvoering verskyn, maar landdros Greg Jacobs het die saak vir verdere ondersoek uitgestel.

Die media is ook gelas om geen foto’s van Witbooi en Parsons te publiseer alvorens ‘n uitkenningsparade gehou is nie.

Terwyl Stellenbosch deesdae bekendstaan vir sy liberalisme en politieke korrektheid, is die hele dorp blykbaar deur die voorval geskud. Hannah Cornelius was Vrydagaand saam met ‘n kleurlingvriend en medestudent, Cheslin Marsh, in haar blou CitiGolf-motor in Birdstraat, Stellenbosch waar hulle gekaap is. Marsh is blykbaar met ‘n mes gesteek, maar het ontsnap terwyl Hanna deur die twee kleurlingmans ontvoer is.

Hanna het die blou CitiGolf-motor, wat ook op kringtelevisie vasgevang is, van haar ouma ontvang. Dit was eers haar ouma se motor, maar toe sy te oud word om te bestuur, het sy dit aan haar kleinkind geskenk.

Hoewel Hannah blykbaar ‘n Engelse privaatskool, Reddam House, bygewoon het, gaan sy uit die NG Kerk Vishoek begrawe word.

Hannah se lyk is Saterdagoggend langs die Knorhoekpad opgespoor waar sy klaarblyklik met ‘n mes gesteek en verwurg is.

Die twee kleurlingmans is omstreeks 14:00 op die plaas Dwars-in-die-weg naby Stellenbosch in die Devonvallei-omgewing gearresteer nadat hulle eers op die vlug geslaan het.

Hannah Cornelius se gesin sukkel glo om die voorval te verwerk. Haar oom Dries Cornelius het ‘n verklaring uitgereik waarin hy versoek dat die gesin se privaatheid eerbiedig word, maar het ook voor hul inhegtenisname gevra:

“Waarom? Wat is die beweegrede agter haar moord as jy klaar die motor gevat het? Ek bedoel, as hulle die vriend ontvoer het en blykbaar hom ook probeer doodmaak het… lyk dit asof hulle net wou moor. Dis onverklaarbaar: verdomde diere. Ek hoop net hulle vang die ouens wat haar vermoor het sodat ons nie nog 10 jaar hoef te wag in die hoop dat die polisie hulle kry nie.

“Op hierdie stadium probeer ons dit net verwerk. Ons sal sien wanneer die hele familie in die Kaap bymekaarkom, op dié stadium kan ons net probeer om dit te hanteer en probeer om haar ouma daardeur te kry.”

‘n Derde verdagte is blykbaar ook in hegtenis geneem, maar hy het nog nie in die hof verskyn nie. Die moontlikheid dat verdere verdagtes aandadig was, word nie uitgesluit nie.

Die hoofstroomedia is reeds besig om reaksies op sosiale media rondom die moord “te bestuur”. Verskeie kommentare is van die Netwerk24-berig verwyder, waarna die kommentaar onder aan die berig met slegs twee reaksies van die publiek as gesluit verklaar is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.