Brief: Verkrampte regses en kloekserwatiewe

“Pas aan of sterf,” het PW Botha gesê. In die Anglosfeer het die woord “cuckold”, wat volgens Infogalactic die volgende is, “A cuckold is the husband of an adulterous wife. In evolutionary biology, the term is also applied to males who are unwittingly investing parental effort in offspring that are not genetically their own…” onlangs ‘n nuwe gebruik gekry. Die kern van die woord word op sy eie gebruik, of met “conservative” gepaar om dan “cuckservative” te maak.

In Afrikaans sien ek mense gebruik die woord “kloekserwatief”. Die term word as ‘n skeldwoord gebruik om regse of konserwatiewe mans af te kraak wat verkies om toe te gee aan die eise en bevele van linkses, in die hoop dat die hoofstroommedia hom sal aanvaar en goedkeur, en nie ‘n rassis sal noem nie. Sulke mans dink dit is belangriker om op ‘n morele miershoop te veg en te verloor, in plaas van om hulle edel “waardes” te vededig en die opponent aan te pak op dieselfde wyse as wat linkses met regses doen.

Die Afrikanerweergawe van ‘n kloekserwatief is na my mening: ‘n man wat op Saterdae rustig sit en rugby kyk met sy hande op sy pens, terwyl een van sy twee bediendes die vleis braai. Sy sagte wange verklap sy daaglikse ontbyt van spek en eiers, en hy lyk altyd of hy warm kry. Hy oefen drie keer ‘n week pligsgetrou op sy loopband, wat hy teen ‘n nie te steil helling van 7.5 grade stel, teen ‘n matige spoed. Dít om die vetjies te verbrand; of so sê hy.

In die politiek is hy natuurlik “gematig”, en glad nie ‘n rassis nie. Hy behandel iedereen met eerbied en respek; hy beoordeel ‘n man volgens sy karakter en nie sy velkleur nie. Hy dink die grondwet is ‘n wonderlike dokument, en hou ‘n klein boekie daarvan op sy bedkassie langs sy Bybel. Hy dink ook as ‘n mens net die tyd sal neem om met dié wat ons haat en wil uitmoor te sit en ‘n gesprek te voer, mens altyd gemene grond sal vind om ‘n positiewe toekoms saam te bou.

Sy gesinslewe is in geen beter toestand nie. Sy dogter kuier graag saam met swart mans (met uitstekende karakter natuurlik), terwyl sy nuwe vrou en sy vrou se kind hom openlik verafsku.

Sulke mans is werklik verkramp, veral uit ‘n regse perspektief. Hulle dink dat die liberaal-demokratiese staat die toppunt van die mense se politieke evolusie is. Nog meer, hy glo dat die strewe na die Nuwe Wêreldorde ‘n evolusie en nie ‘n revolusie moet wees nie, nes Ian Smith van Rhodesië. Hy vermy ten alle koste om menslike biodiversiteit te bespreek. Hy sal toelaat dat sy dogter haar in die duisternis in vermeng, so bang is hy om ‘n rassis deur een of ander swart jeugdige genoem te word.

Nou, ek is self geen grondwetaanbidder of “grondwetter” (Hermann Giliomee) nie; ek neem ook nie Bantoebeloftes ernstig op nie. Ek dink sulke mans is deel van die rede hoekom ons op hierdie geskiedkundige laagtepunt verkeer. Hulle is heeltemal onbevoeg vir die stryd waarmee ons te doen het. Sou dit van my afhang, sou ons die laers al begin toetrek het; en enige iemand links van AfriForum (Edms.) Bpk. buite laat om dood te gaan. Verraad het ‘n prys.

‘n Groot stryd lê vir ons voor. Dit sal tot ons voordeel wees om solank swakheid en teenstrydigheid uit ons volksiel te verwyder.

— Pierre Fouché

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Fisiese beskrywing voldoen aan n Dr Pieter Groenewald. ( bolwangetjies en sweterige klam poffer handjies )

    • Vicky

      Roets Kriel Hermann Hofmeyr en amper al die ander “regse” Afrikapaters

      • Jochen Peiper

        Sal kyk hoe sy vrou verkrag word en haar tereg wys as sy na haar verkragter verswys in “rassistiese” terme…

  • Vicky

    Volgens my is enige persoon wat nie die JV aanspreek nie n kloek. Jy kan vir jare swartes en Moslems beswadder maar dit sal jou nêrens bring nie. Dan kry jy ook die faux nasionaliste wat n godsdiens uit WW 2 gemaak het met die dronk vark Churchill en daai slagter Eisenhower as Christusfigure. Die slegste van alle kloeke is diegene wat Islam met Nazisme vergelyk (die 2 ideologieë het Bittermin in gemeen) of die Rian Malan tipes wat die skatryk Broeders as arme Joodjies beskryf.

    • Guest

      About Churchill: Britain did not suffer any significant demographic losses during WW2. By facilitating and financing the war, Britain bled Germany (30 m), Poland (15m), and the Soviet Union (40m) and together with other European countries (15m), reduced the population of continental Europe by 100 million people. Same time Britain bled India (2.1m) in the Bengal famine of 1943 and China (80m).

    • Johanw

      nou wat die d….. is JV?

      • Vicky

        Joodse Vraag

  • Ou Transvaal

    KOLSKOOT!!!

  • Johanw

    Goeie meningstuk Pierre Fouche. Kloekserwatief is ‘n aardige woord maar ek neem dit maar aan vir wat dit beskryf. Soos die alternatiewe regses wat na my mening ‘n klomp leë blikke is wat geraasmaak. Ten einde is dit ‘n klomp rugraatlose blankes wat lawaaimaak. Soos in SA soos in die VSA. Die ironie is dat blankes in die VSA en Europa by verre die meerderheid is en hulle is die grootste klaers. Pateties!

  • Rifrug

    “grondwettter” (Hermann Giliomee)

    Pierre Fouché, ek dink jy het so ‘n bietjie te veel t’s in mnr. Giliomee se woord.

  • Jochen Peiper

    Why did you use an American and not our local versions..

    • G

      Peeertjies het darem seker gemaak hy beskryf Afrikaners nie Rooinekke nie. Asof hulle nie die argetipe cuckservative self ontwerp het nie. Die Rooinekke wil seker hê ons moet hulle gemors in SA opruim?

  • Nou ja, dit als terwyl Coligny smeul, Lichtenburg rook en Sannieshof brand … Of enige kategorie van blanke Afrikaner mans, hetsy priesters met of sonder kopdoeke, profete, konings, kloekserwatief, naief of windlawaai in SA werklik tans enige volhoubare grond of bestel wen is ek nie seker nie. Almal probeer inpas, slimklink, belangrikwees, geskiedenismaak, deurbraake beding, Boerepresident word, dooie perde optel, heilige koeie voer, ossewa-wiele herontwerp of geldmaak, – ten koste van sy buurman. Ons hoop maar alle hande, sag, pofferig, grof of groot, kan spoedig alles doen wat gedoen moet word in die nuwer Nuwe Suid Afrika so op ou Republiekdag en hierna.