Spanje: Motor maai voetgangers af

Deel op

Agt mense is beseer toe ‘n motor in ‘n skare buite ‘n klub in Marbella, Spanje, geploeg het. Voetgangers buite die Ocean Club naby die strand in die gewilde toeriste-oord is getref.

Die voorval het plaasgevind op die Avenue de Lola Flores, maar wetstoepassers het gesê die voorval was nie ‘n terroriste-aanval nie. Getuies het egter aan The Sun gesê hulle het gedink dit is ‘n terroriste-aanval.

Die polisie sê die Britse bestuurder was vermoedelik onder die invloed van alkohol en die voorval is nie terreurverwant nie.

Maar in Februarie vanjaar het ‘n Britse regeringsverslag gewaarsku van “direkte bedreigings” teen Spanje uitgereik deur ISIS.

Volgens die Daily Star, het die verslag onthul dat die terreur groep, wat uit Sirië en Irak werk, sy veldtog aangepas het om Spaanse vertalers te huur, en beplan om Spaanssprekende buitelandse vegters te werf.

David Videcette, ‘n voormalige Britse teen-terrorisme-beampte wat die 7/7 Londen-bomaanvalle ondersoek het, het aan The Daily Star gesê: “Dit is baie moontlik dat daar ‘n aanval in Spanje kan wees.

“As jy daaraan dink, is Spanje een van die min lande in Europa wat die afgelope jaar nie ‘n groot aanval gehad het nie.” Videcette het gesê Spaanse oorde is besonder kwesbaar vir vragmotoraanvalle as gevolg van hul wye oop strandpromenade wat daagliks aflewerings ontvang en voertuie kom en gaan onopgemerk.

“Hulle sal dalk op soek wees na spesifieke lande met toeriste om aan te val,” het hy bygevoeg. “Dit is baie moontlik die Costa Brava, Costa Del Sol, daardie soort plekke wat op iemand se teikenlys kan wees.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.