Fransi Phillips: Die doen en late van Dan Roodt

Karin Bredenkamp, sigbaar in die ingangsportaal van 'n woonstelgebou in Joubertpark, Johannesburg, omstreeks 1980.
Deel op

Ek verbeel my dat Dan Roodt en sy meisie Karin Bredenkamp sulke lang swart jasse gedra toe ek hulle in die vroeë tagtigs vir die eerste keer op die Wits kampus gesien het, maar toe ek anderdag aan Dan noem, sê hy hy onthou nie die swart jas nie. Dit was in die tyd van die happenings, toe klein openbare opvoerings as ‘n kunsgenre beskou is, en ek was heimlik beïndruk met Ampie Coetzee se storie van Dan wat ‘n krieketbal van die verhoog af in die gehoor in geslaan het by ‘n funksie waar daardie boring ou Nadine Gordimer by Wits kom praat het. Ek was egter te blasé om
te erken dat ek beïndruk was. Later het ek vir Dan en Karin skelm dopgehou waar hulle eendag besig was om paaseiers by College Tearoom in Sunnyside koop. In daardie dae was Sunnyside nogal avant garde, en Hillbrow, waar hulle seker uitgehang het was heelwat meer avant garde
maar het al bietjie soos pis begin ruik.

Fransi, só lyk die gebou in Hillbrow waarin ek en Karin gewoon het vandag…  — Dan Roodt

Toe trou ek, en die tagtigs gaan verby en die negentigs kom en op ‘n dag besef ek Karin en Dan het verdwyn. Nelson Mandela kom uit die tronk en begin sy gewig rondgooi. Almal verkondig dieselfde kakstories oor ‘n reënboognasie. Nadine Gordimer se morele verontwaardiging word die
nuwe evangelie en daar is niemand om krieketballe in die gehore in te slaan nie. Die wêreld raak, soos ‘n swak oorlogsfliek, meer gewelddadig maar terwselfdertd ondraaglik boring. Een van my uitgewers pleeg selfmoord by Magnolia Dal en word deur ‘n swart bende verkrag terwyl sy besig is om aan ‘n oordosis pille dood te gaan. Ek skei en gaan bly saam met my kind in ‘n goedkoop flat in Sunnyside, wat nou ook na pis ruik. In die nagte druk ek my kind se ore toe as mense verkrag en vermoor word by die stasie. En toe hoor ek Dan en Karin is terug.

Ek ry saam met Marinus Schoeman en Danie Goosen en sy vrou Amanda du Preez na die gholflandgoed by Daifnfern waar hy nou bly, om ‘n artikel vir Beeld te skryf oor die terugkoms van Dan Roodt uit Frankryk. Ons verdwaal ons gatte af in die nag. Die huis is modern en indrukwekkend.
Ongelooflike boeke, ‘n mooi vleuelklavier, ‘n tweeling met groot oë wat oor die rand van ‘n ontwerperswiegie na ons staar. Ek proe vir die eerste keer in my lewe soesji. Dit smaak lekker maar ek sukkel met die stokkies. Ek maak aantekeninge terwyl Dan praat oor die nuwe Suid-Afrika, waarmee hy fokol beïndruk is. Hy voorspel alles wat nou besig is om te gebeur. Sy mooi vrou Karin hou allermins haar mond. Dit voel vir my of iets verander het met die terugkoms van Dan Roodt maar ek weet nie presies wat nie.

Later begin ek by die Tsjeggiese ambassade werk. Tydens ‘n Europese Unie-vergadering raak hierdie Nederlandse kultuur-attaché heeltemal jags oor Dan Roodt wat op een of ander manier kak aangejaag het daar by hulle ambassade. My hart bars van trots, en uit spite begin ek vir Dan
Roodt uitnooi na al die ambassadefunksies waarheen die Hollanders ook genooi is.

Nog later gaan werk ek in Rusland, wat beteken ek is op Facebook aangewese om te sien wat in SA aangaan. Dan Roodt verstom my met sy PRAAG-blad waarvoor hy elke liewe donderse dag verniet en aanhoudend werk terwyl al wat leef en beef hom onverpoosd probeer verpes. Selfs dié
wat onwillig begin insien dat al sy voorspellings waar geword het, weier om enige erkenning aan hom te gee. Geleidelik begin hy deel word van wêreldwye webbewegings wat walgooi teen die Nuwe Wêreldorde.

Ek onthou dat Ampie Coetzee in die vroeë tagtigs gesê het Dan Roodt is fok slim en dat ek gewonder het hoe slim een man nou eintlik kan wees. Ek is nog besig om dit uit te vind, maar intussen het ek besluit dat dit tyd geword het om te erken dat my fassinassie van vroeër intussen in respek en bewondering verander het.

Bloot ter wille van die waarheid het ek besluit om dit te erken, hoe futiel dit ook al in ons huidige konteks mag wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
fransi@praag.org'

Author: Fransi Phillips

Fransi Phillips is 'n Afrikaanse skryfster.