FBI se James Comey was Clinton-skoothondjie

Die direkteur van die FBI, wat deur President Trump ontslaan is, was ‘n werktuig van Hillary Clinton. Sy loopbaan beklemtoon eintlik die ongesonde verhouding wat tussen groot korporasies en die politieke elite bestaan.

James Comey het die Clintons gehelp in die kriminele ondersoeke na Whitewater se eiendomsbeleggings van Bill en Hillary Clinton en is ryklik beloon vir sy moeite, sê Roger Stone, ‘n Trump-adviseur. Die afgedankte FBI-direkteur was deel van “die moeras wat president Trump belowe het om te dreineer, en die verwydering van Comey was die eerste groot stap,” verduidelik Stone.

Voormalige president Barack Obama het die Republikeinse James Comey aangestel om die Buro te lei, maar nuwe bewyse toon dat Comey net aangestel is omdat hy betrokke was by die elite se korrupsie.

Obama het die politieke operateur aangestel omdat hy Comey vertrou het om nie die elite waarvoor hy deel was, te verraai nie.

Comey het steeds talle bande met die politieke operasie van Clinton. Sy broer, Peter Comey, is ‘n uitvoerende beampte by DLA Piper, die regsfirma wat verantwoordelik is vir die belastingopgawes van die Clinton-stigting en James hou die verband vir sy broer se huis.

Dit is ‘n direkte finansiële skakel tussen Comey en die Clinton-stigting, wat daarop dui dat hy, terwyl hy Hillary ondersoek het, nie gretig was om oortredings deur die Clintons te vind nie, sodat hulle misdade tydens sy drie jaar lange tydperk by die FBI ongestraf kon bly.

Hy was vir dekades lank by die Clinton-netwerk betrokke, volgens Stone. In 1996 het James Comey opgetree as die adjunk-spesiale ondersoeker vir die Senaatskomitee wat die Whitewater-skandaal ondersoek het. Die Senaat was besig om skaduagtige eiendomsbeleggings te ondersoek terwyl Bill Clinton die goewerneur van Arkansas was.

“Baie mense wat aan die Whitewater-maatskappy gekoppel was, is in hegtenis geneem en aangekla van meer as 40 misdade, maar die Clintons het ongeskaad gebly. James Comey het erken dat Hillary Clinton die ondersoek belemmer het en getuienis vernietig het, maar het besluit om haar nie te vervolg weens ‘n gebrek aan ‘opset’,” sê Stone.

“James Comey het sy truuk van 23 jaar gelede ná die oorspronklike Whitewater-ondersoek herhaal. Weereens het hy besluit om nie aan te kla nie – hierdie keer vir Hillary se misbruik van geklassifiseerde inligting, selfs nadat hy haar optrede veroordeel het. Dieselfde bedrieglike verskoning is gebruik van ‘n gebrek aan opset.”

James Comey het in wese die onreg herhaal waar die politieke elite vry van gevolge is en is daarvoor behoorlik beloon.

Nadat hy die Departement van Justisie in 2005 verlaat het, het Comey in die winsgewende private sektor gewerk. Stone sê dat Comey by Lockheed Martin – die grootste ontvanger van kontrakte van die Departement van Verdediging – aangestel is en meer as $6 miljoen betaal is voordat hy die korporasie in 2010 verlaat het as ‘n beloning vir die hulp aan die Clintons. Daarna het hy ‘n vennoot geword van die Clinton Global Initiative en het nie minder nie as 17 kontrakte van die Hillary Clinton-staatsdepartement ontvang.

James Comey het Lockheed Martin as ‘n baie ryk man verlaat en by die direksie van HSBC Holdings, ‘n Britse bank en langtermyn vennoot van die Clinton-stigting, aangesluit.

Intussen het die onopgeloste moordsaak van die Demokratiese Nasionale Komitee se data-ontleder Seth Rich ooreenkomste met baie geheimsinnige sterftes van individue wat verband hou met die Clintons.

Fox News, via anonieme FBI-bronne, het bevestig dat die vermoorde DNC-personeellid Rich die Wikileaks-bron was vir onthullings wat bewys het dat die DNC opsetlik die veldtog van Bernie Sanders ondermyn het om Hillary te help.

Dosyne mense het geheimsinnige dode gesterf en dikwels net voordat hulle gereed was om inkriminerende bewyse oor die Clintons se aktiwiteite te onthul.

Rich het as data-ontleder vir die Demokratiese Nasionale Komitee gewerk en meer as 44 000 DNC-e-posse aan WikiLeaks gestuur, vanaf Januarie 2015 tot einde Mei 2016, soos WND berig het.

Die media beskuldig steeds die “Russe” dat Hillary verloor het.

In een e-pos wat deur WikiLeaks vrygestel is, het die president van die Clinton-veldtog, John Podesta, gesê hy wil ‘n voorbeeld maak van die persoon wat die e-posse uitgelek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.