Transgenders betaal nie: Kollege verklaar ‘finansiële nood’

Die eerste “vroulike” Amerikaanse kollege om manlike voorgraadse studente toe te laat wat hulself as “vroulik” identifiseer, het amptelik “finansiële nood” verklaar.

Verlede week het die raad van trustees van Mills College in Oakland, Kalifornië, aangekondig dat hulle in ernstige ekonomiese moeilikheid is, en dit nou oorweeg word om personeel af te dank.

Die begrotingskrisis by die kollege sal lei tot onderwyspersoneel, insluitend professore en administrateurs wat hul werk verloor. Die kollege sal “die finansiële verpligtinge van die kollege hersien” en “al sy uitgawes, insluitende personeel- en fakulteitssalarisse en ander uitgawes”, herstruktureer om “finansiële stabiliteit” te bereik.

Mills is tans besig om ‘n groot bedryfsstekort van $9 miljoen per jaar te ervaar, wat 16 persent van die kollege se jaarlikse 2017-begroting van $57 miljoen bedra.

Mills College se president, Elizabeth L. Hillman, het gesê sy verwag tot 35 afdankings, terwyl professore met vaste aanstellings ook nie gespaar sal word nie. Die liberale kollege het ongeveer 570 voltydse en deeltydse professore, administrateurs en ander werknemers.

Vir ‘n enkele jaar van voorgraadse onderrig, gelde en huisvesting by Mills, betaal studente $59,163. Mills het ‘n skenking van sowat $177 miljoen, maar dit is nie genoeg om die tekort te dek nie.

Vir die akademiese jaar 2015-2016 het Mills net 839 aansoeke ontvang, moontlik omdat ouers minder as gretig is om hul dogters te stuur om te leer met mans wat hulself as vroue voordoen.

In Augustus 2014 het Mills College die eerste vroulike kollege in die Verenigde State geword om manlike studente sonder die vereiste vroulike geslagskenmerke toe te laat. Hul nuwe beleid het verklaar dat: “self-identifikasie die dryfkrag sal wees agter die Universiteit se geskiktheidsbesluit.”

“Studente wat self as vroulik identifiseer, kan aansoek doen om voorgraadse toelating,” volgens die toelatingsbeleid. “Dit sluit in studente wat nie tydens hul geboorte aan die vroulike geslag toegewys is nie, maar leef en identifiseer as vroue ten tyde van die aansoek. Dit sluit ook studente in wat wettiglik aan die vroulike geslag toegewys is, maar wat as transgender of geslagsvloeibaar identifiseer.”

Vroue wat chirurgiese ingryping ondergaan het om manlik te word, word egter nie toegelaat nie.

“Studente wat aan die vroulike geslag by geboorte behoort het, en ‘n wettige geslagsverandering ondergaan het tot manlik voor die punt van aansoek, kom nie in aanmerking vir toelating nie,” volgens die kollege.

Maar ondanks sy benarde finansiële situasie het Mills besluit om selfs meer radikaal te word. Hulle het ‘n plan aangekondig om die huidige kurrikulum te herstruktureer om meer te fokus op “gender en rassegeregtigheid”.

Die nuwe kurrikulum – ‘n verlinkse onderwyservaring “genaamd MillsNext” – sal “studente voorsien van die gereedskap en vertroue om komplekse probleme op te los, oor verskille te kommunikeer en om aksies te skep wat daarop gemik is om hul gemeenskappe en die wêreld te transformeer,” het Inside Higher Ed. opgemerk.

In 1990, toe Mills met soortgelyke finansiële probleme gekonfronteer is, het ‘n poging om mans toe te laat gelei tot sowat 300 studente wat ‘n staking van twee weke geloods het, het die Associated Press destyds berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.