Boris Johnson waarsku teen ‘Russe wat inmeng’ terwyl sy party stemme verloor

Die Britse minister van buitelandse sake, Boris Johnson hits kiesers aan teen Rusland met bewerings dat Russe waarskynlik sal inmeng in die komende Britse algemene verkiesing.

Hy het vrese uitgespreek dat die Russiese president die vertroue in “demokrasie” sal ondermyn.

In die VSA en Frankryk het kandidate Clinton en Emmanuel Macron ook “Russiese inmenging” gebruik om hul huishoudelike politieke teenstanders swart te smeer, maar kon geen bewyse van sulke inmenging aanbied nie.

Johnson het weliswaar Vladimir Poetin openlik beskuldig dat hy die demokratiese proses verdraai het deur Emmanuel Macron se e-posse te kraak en openbaar te maak, voor Macron as president van Frankryk verkies is.

In ‘n onderhoud met The Telegraph-koerant, wat Saterdag gepubliseer is, het Johnson gesê president Poetin wil graag sien dat Jeremy Corbyn, leier van die Arbeidersparty, die verkiesing op 8 Junie wen.

Die Tory-voorsprong oor die Arbeid-opposisie in die aanloop tot die verkiesing het met nege punte gehaal, van 18 punte een week gelede, het die Sunday Times berig. Dit is veel minder as die 150-sitplek meerderheid wat moontlik was ‘n maand gelede toe die premier May die blitsverkiesing aangekondig het.

Op Vrydag is die Britse gesondheidsorgstelsel, geraak deur ‘n massiewe kuber-aanval wat sedertdien rekenaars in honderde banke, instellings en regeringsliggame in minstens 99 lande wêreldwyd geraak het.

Die aanvallers het ook Rusland geteiken, terwyl rekenaars van die Russiese ministerie van binnelandse sake ook gekraak is.

Die kraak van Macron se En Marche! veldtog deur onbekende partye – Johnson het geen bewyse vir sy aantygings teen Russe nie – voor sy oorwinning, het egter interessante materiaal opgelewer. Een stel lêers het die virtuele diefstal van Frankryk se toonaangewende inligtingstegnologiereus behandel. Dit het openbaar dat sekere individue met die Amerikaanse Sentrale Intelligensieagentskap verbind is.

As inspekteur van die Franse ministerie van ekonomie, is dit verstommend dat Macron nie bewus was van die Franse wette wat oortree is met die Amerikaanse oorname van Gemplus nie.

Die grootste Franse unie, “Confederation generale du travail” (CGT), het gesê die oorname van Gemplus het Frankryk van sy slimkaart-tegnologie-leierskap ontneem. Die maatskappy het ten minste 7000 Franse werkers in diens gehad voor die oorname deur die Amerikaners.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Johann Schutte

    Enigiemand hier wat die ‘glook’ van die sewentigs onthou?

    • Riana

      Ai toggie! Ek het ‘n bloue gehad en die hare gedurig uitgekam! Sy naam was net nie Boris nie.

      • Johann Schutte

        Dis duidelik waarop hy sy persoonlike stillering baseer.

        • Riana

          :))) Ons sal maar niks fluister wat tussen sy ore sit nie!

  • Ou Transvaal

    Het Rusland werklik enige nut daarvoor om ‘n ou motgevrete bankrot “has been Empire” te wil ondergrawe terwyl ‘n onbeholpe onwettige immegrant dit met reelmaat saboteer??