Delareyville-boer se vermeende moordenaars voor

Die boer wat op 16 Mei gedood is in ‘n plaasaanval, se vermeende moordenaars is verlede week aangekeer.

RSG het berig dat “ses mans” aangekeer is vir die moord op ‘n boer van Sannieshof, Barend Greyling wat in sy huis doodgeskiet is, asof dit nie alreeds duidelik is nie dat die swart regering medepligtig staan in wat beskryf kan word as ‘n etniese oorlog teen Afrikaners.

Ses swart verdagtes sal Maandag in Delareyville se landdroshof verskyn op aanklag van moord, poging tot moord en huisbraak.

Hulle is Donderdag tussen Sannieshof en Ottosdal gevang met die selfone en skootrekenaar van die vermoorde.

BC Greyling, sy vrou Marlette en BC se ma, Magdaleen, was besig om aandete te nuttig toe hulle oorval is teen halfagt. Die swart aanvallers het toegang tot die huis verkry deur die slaapkamervenster.

Nog drie het buite die huis gewag. Die boer is summier in die bors geskiet toe hy gaan ondersoek instel het. Sy vrou is in die skouer gewond. Haar skoonmoeder het onder ‘n tafel weggekruip.

Die swart aanvallers het met die gesin se bakkie gevlug en kon die blokkades wat boere opgerig het, vermy. Die verlate voertuig is later by Ottosdal opgespoor.

Twee van die egpaar se drie seuns woon in Kanada. Hulle is tans in Suid-Afrika om te help met die begrafnisreëlings van hul pa. Nog ‘n seun boer op ‘n plaas nie ver van sy ouers s’n nie.

Intussen het die landbou-organisasie, Agri-SA, ‘n beroep op die owerhede gedoen om hul ondersoek na huise wat in Coligny in Noordwes afgebrand is te bespoedig.

Die president van Agri-SA, Johannes Moller sê die reg moet sy loop neem in die ondersoek na misdadige bedrywighede teen plaasgemeenskappe. Minstens vier huise wat aan wittes behoort het, is twee weke gelede afgebrand toe lokasiebewoners tot geweld, plundery en brandstigting oorgegaan het.

Die landbou-organisasie, wat hul bes doen die etniese haatveldtog jeens Afrikaners te ignoreer, sê hulle is ook nou bekommerd oor pogings om mielielande in die omgewing af te brand.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie sê glo hulle ondersoek nog die saak.

Die geweld het begin nadat ‘n 16-jarige seun dood is toe twee mans hom na bewering na ‘n polisiestasie wou neem omdat hy sonneblom gesteel het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ciska

    Ons kyk gisteraand “fokus” op die tellie (Mama het dit gehoor oor radio sonder mense), en ek was verbaas oor hoe “polities korrek” die hele program was. Niemand is beskuldig nie, dis net nog ‘n roof, die helfte is swart plaas boere(?)/werkers wat aangeval word (goeie hemel, ek het op ‘n plaas groot geword, weet witmense nie watse moleste swartes oor naweke aanvang deur te suip en te bras en te baklei nie?????, nou word hulle skielik aangeval!!!!), niemand wil verantwoordlikheid vat en sê; dis moord, punt!!! Net barbare kan iemand anders vir ure martel, en selfs vir dit probeer hulle verskonings uitdink. Wat sal gebeur as ‘n groep wit boere sê: tot hier toe en nie verder nie, vang ons jou SKIET ons jou dood. Hoe vinnig sal ALMAL op hie skreukar klim dan?

    • sussie se vissie

      “…..watse moleste swartes swartes oor naweke aanvang deur te suip en te baklei nie” – verwys.
      As teenvoeter n demokratiese besluit hieroor gewil.
      Diegene wat afstand doen van sy naweek-tetjie, kon verwag om meer Randellas in sy lone-beursie te vind.
      WAT WOU. Toe’s die hel eers los!
      Dit het tot gevolg gehad dat diegene met voller beursies die tetjie-verslaafdes van hul ‘proviand’ beroof.
      Met opskorting van alle aktiwiteite in hierdie verband, is die ‘manne’ nou slegter af as eens tevore.
      Want sien: n Swart karweier doen nou voorstoep aflewerings. Probleem is net…die naaste tuisdorp is 84km ver en word die prys vir n ‘tetjie’ tot 4x maal in die prys ingebou.
      n Pleidooi om tog asb terug te keer na die ‘vorige bedeling’ val op dooie ore, en het die lig vir meeste opgegaan, te wete; –
      n NUWE demokrasie beteken nie noodwendig n BETER een nie!
      Inteendeel. Meeste oudstes wil daai woord nie hoor nie.
      Hul neologisme van ‘demuhrsek@kstasie’ getuienis hiervan.

  • Dit is opvallend hoe algemeen plaasmoorde en plaasaanvalle deesdae in almal se nuus is. Daar is na mening ‘n truuk aan verbonde. Of onderdruk ‘n aangeleentheid of maak dit openlik af. Dit is egter na mening nog lank nie ons wie geraak word se grootste probleem nie. Ons is ons eie grootste probleem. Selfbestuur en selfbeskikking bly gesprekspunte deur Afrikaners met geld, voor gehore op pad graf toe, maar wie hulle bates nou vir oulaas ongedeerd wil sien. Wat met die volgende generasie gebeur, gee niemand ‘n duit om nie. Waarop die volgende blanke generasie in die Nuwe SA moet voortbou weet niemand. Tog is erfporsie ‘n Skriftuurlike beginsel? Ons is mos Christene … is ons nie? Wanneer gaan ons effektiewe en volhoubare erns maak van selfbeskikking en selfbestuur?