Pierre Fouché: Revolusie begin by hoër onderwys

“As with most revolutionary movements, the core element has consisted of students and intellectuals. In most countries fundamentalists winning control of student unions and similar organizations was the first phase in the process of political Islamization, with the Islamist “breakthrough” in universities occurring in the 1970s in Egypt, Pakistan, and Afghanistan, and then moving on to other Muslim countries. The Islamist appeal was particularly strong among students in technical institutes, engineering faculties, and scientific departments. In the 1990s, in Saudi Arabia, Algeria, and elsewhere, “second generation indigenization” was manifesting itself with increasing proportions of university students being educated in their home languages and hence increasingly exposed to Islamist influences.” Samuel P. Huntington, The Clash of Civilizations and the Remaking of World Order (Simon and Schuster, New York, 1996) 124

Dit het reeds hier begin. Wat is die 2015-2016 studente-optogte as dit nie die ontwaking van ‘n nuwe politieke mondigheid onder die Bantoes is nie? Natuurlik is protes en optogte niks nuuts vir Bantoes nie, en die afbranding van universiteit geboue is goeie sport vir hulle. Maar tog, die onlangse stakings lyk of dit poog vir iets groters.

Op die oog af lyk die studente-optogte of daar geëis word om hoër onderrig meer toeganklik en bekostigbaar vir die gemiddelde bevolking te maak. As mens glo dat alle mense van alle rasse werklik eenders is en verskille tussen ons slegs oppervlakkig en kunsmatig is, dan maak dit sin om vir almal sover moontlik dieselfde geelenthede te bied. Want as almal intrinsiek dieselfde is, en die gehalte van onderrig die gehalte van intellek bepaal, dan sal almal beter daaraan toe wees as hulle toegang het tot gehalte-onderrig.

Hoekom het die bose apartheidsregering dan geweier om die Bantoes saam met die Blankes te onderrig? Hoekom wou hulle Westerse opleiding nét vir die Blankes, en nie die Bantoes bied nie? Dit is ‘n groot onderwerp, en nie my doel om met hierdie klein artikel te bespreek nie. Dit is genoeg om te sê dat Westerse opleiding vir Europese rasse bedoel is, en dat wanneer genoeg nie-Europese rasse in sulke instansies toegelaat word, die instansie verander en nie die student nie.

Om weer ons fokus te rig op die onderwerp: wat is die doel van die studente-optogte wat begin het in die tweede helfte van 2015? Dit is gedeeltelik om hoër onderrig meer bekostigbaar of verniet te maak, want Bantoes hou veral van dinge wat verniet is. Maar die eintlike rede is om die instansies te verander om hulle beter te pas. Dit is nie noodwendig ‘n slegte ding of selfs abnormaal nie, omdat alle spesies hulle omgewing verander om hulself beter te pas. Die probleem lê by die feit dat ons verskillende spesies is, en dus verskillende omgewings wil hê.

In Mei 2016 is die ‘Higher Education Amendment Bill’ sonder veel weerstand of selfs bewustheid vanaf Afrikaners, aanvaar en as wet verklaar in die parlament. Die wet skenk aan die Minister van Hoër Onderwys meer mag en gesag om openbare universiteite se beleid, rassekwotas en finansies voor te skryf. Dit sal natuurlik lei tot die afskaffing van blanke werknemers, minder plek vir blanke studente, en die verafrikanisering van die kurrikulum.

Die universiteit waar ek onlangs klaar gemaak het, Tukkies, het van my eerste jaar in 2014 to my derde jaar in 2016 opmerklik verander (As jy wil sien hoe die verandering lyk, woon Tuks se ope dag op 20 Mei by, of ry net verby die hoofhek in Lynnwoodstraat). Hierdie verandering het plaasgevind op sy eie, nog voordat die staat hulle greep op hoër onderwys stywer gemaak het. Noudat die regering meer druk kan plaas op universiteite om te transformer, glo ek die verandering sal net vinniger plaasvind.

Myns insiens het ons nou drie hoofkeuses in verband met die rigting en toekoms van ons universiteite:

  • Hou aan om niks te doen. Ons universiteite en die studentemassa sal langsamerhand aanhou verbaster totdat hulle gelykwaardig met Bantoe-“universiteite” is. Ons sal waarskynlik die reg gegun word om in hierdie instansies toegelaat te word, solank as wat ons weet dat ons ons plek moet ken as onderdane en knegte van Azanië.
  • Emigreer na Australië en stuur ons kinders om te gaan leer oor die glorie van die Sjinese Ryk aan ‘n Australiese universiteit.
  • Herower of vernietig* ons ou universiteite. Ek gaan hierdie punt verder bespreek.

Deur *vernietiging bedoel ek nie om die instansies te gaan afbrand nie; dit is onwettig en die Bantoes sal dit naderhand self doen. Met vernietiging bedoel ek om die wit lewensbloed uit die universiteite se stelsels te verwyder, vinnig genoeg sodat dit die hele sisteem in skok laat, en dit dan self ten gronde laat gaan. As ons die Blanke administrasie, dosente, en na-graadse studente by Tuks, Maties, Kovsies en Pukke as een geallieerde blok laat saamwerk, kan ons die hele openbare tersiêre onderwysstelsel op sy knieë dwing.

Ons sal dan bedingingsmag hê om ons eise te stel.

Die uitkoms van so ‘n aksie is onseker, maar belowe om werklike verandering teweeg te bring, en sal ons eerste stap vorentoe in ‘n halwe eeu wees. Die alternatiewe sal almal tot ons nadeel wees, en sal die pyn van verandering net oor ‘n langer tydperk versprei en ons gerus laat voel dat niemand ons rassiste genoem het nie. Want dit is die belangrikste ding ter wêreld: vermyding van pyn en om “nice” te wees. Word wakker! Niks goeds kom sonder opoffering nie, en jy is ‘n rassis of jy nou die leier van die AWB of ‘n pasgebore wit baba is.

Vir ouers wat dink dit sal jammer wees as hulle kinders dan vir ‘n ruk miskien nie die geleentheid sal hê om hulself te volleer en ‘n bydrae tot die samelewing te kan maak nie, sê ek dit: jou kind sal hom beter voorberei vir die toekoms deur apokaliptiese rekenaarspeletjies te speel, as om ‘n 3-jaargraad in Besigheidsbestuur te swot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    ‘…geelenthede/parlament/transformer..’
    PS.
    As hier reeds ‘graad gevang is’ – is ek bevrees die ‘Bantoe-effek’ het reeds beslag gevind.

  • Suidpunt

    Pierre, ek het min of meer dieselfde ervaring gehad ( http://praag.co.za/?p=42461 ). Ons is min of meer uit dieselfde ‘Generation Y’ of miskien later. Jy voel verraai, jy wil elke steen van die universiteite afbreek wat jou ouers van geld getap het en met ‘n nikswerd graad gelaat het, jy wil die kerk verlaat, jy verwyt God, jy verwyt die hele mensdom tot by Adam, ens. ens. ens. Drink jou glas limonade klaar en ontspan.

    Luister nou baie mooi vir my, volg die raad wat ek jou nou gaan gee. Daar is twee oplossings, daar kan selfs meer wees:

    1) Jy wys ‘n middelvinger vir alle Suid-Afrikaanse instansies en jy doen jou ding en maak ‘n sukses daarvan. Die lewe stop nie by ‘n universiteit nie – dit is slegs die beginpunt. As jy familielede as ‘n netwerk moet inspan, dan doen jy dit. Ek het onlangs ook met ‘n uitgewer gepraat omtrent die privaatsektor en nagraadse studie: hy het gesê in die privaatsektor het jy nie ‘n graad nodig nie. Jy het dryfkrag en insig nodig. Jy moet ‘n leemte kan raaksien. Jy moet vooruit kan dink. ‘n Graad is net iets wat die staatsektor soos Baäl dien – en tog moet iemand sonder papiere die werk doen. Ek sien dit by my pa se werk wat semistaat is. Die privaatsektor het Goddank net wins voor oë, nie jou glanspapiere nie. Dit leer ‘n Marxistiese universiteit jou nie. Ek het met genoegdoening gou agtergekom die professore is hoegenaamd nie alwetend nie, en hul werk, wat wérklik nuttig is, bestaan nie of is agter glas van databasisse weggebêre. Hulle verstaan nie die konsep “nut” nie. Die fokus het verskuif van uitnemendheid na middelmatigheid. Van afgeronde boeke na slonsige tydskrifartikels. As klaslose samelewing die inding is, moet die professore gou-gou van hul titeltjies afsien.

    2). Jy wurm jou by internasionale instansies in. Dis ‘n voet in die deur. Moenie eers bodder met plaaslike kursusse nie. Gaan vir goud. As ‘n taalsertifikaat benodig word, dan leer jy hom (daardie sertifikaat van Alliance Francais is klaar goud werd). O, jy is moeg van nog Marxistiese Europese staatsuniversiteite? Gaan dan na Katolieke Universiteite, of kies jou studieleier of promotor by voorbaat reg (KYK wat hulle publiseer). Oorweeg selfs die Universiteit van Jerusalem of Tel Aviv, as dit moet. Tussen die duiwel en die diepsee is daar darem ‘n keuse. Japan en Korea is ook ‘n opsie. Die anti-marxistiese Russiese het ook ondertussen sy visavereiste met Suid-Afrika verslap.

    Net nog iets: leer logika. Leer die redeneerkuns. Leer wat drogredenasies (fallacies) is. Uit die hoof. Jy kan al die kunste en vaardighede bemeester, maar as jy nie hierdie drie het nie, gaan jy voortdurend oor dieselfde foutiewe antwoorde bly struikel. EN LUISTER NA DIE OU OMIES EN TANNIES EN VRA MET BELEEFDHEID EN BELANGSTELLING VRAE EN RAAD.

    • Andre

      Ek stel voor ons gaan steek kers op by Praxis in Amerika. Jou pa sal sy geld baie beter spandeer deur dit aan die maatskappy wat jou oplei te betaal. Jy kan genoeg vaardighede (skills/practiced abilities) aanleer in 10 maande om suksesvol in enige privaatonderneming aangewend te word. Ek is van mening dat nie baie mense meer in die huidige universiteitskwalifikasies belangstel nie.

      • Suidpunt

        Ek stem saam, maar daar is ook drie gevare: jou Pa betaal, jy verrig gratis werk, jy kan uitgebuit word, jy kan môre in die pad gesteek word. Aan die anderkant is die jongeling waarskynlik ywerig en die maatskappy hoef nie voordele en byvoordele te betaal nie. Jy word ook aangespoor om in die maatskappy se standaarde te voldoen. Dit skei die koring van die kaf.

        Ongelukkig het ons te kampe met nog ‘n hindernis by indiensopleiding. “Menslike Hulpbronne” wat weer sal neul: “ons het nuwe bloed nodig” en “ons het ervaring van buite nodig”. Ervaring van waar nogal? Om nog ‘n kommunis rou van die universiteit middelbestuur te maak? Dit is nou nie asof MH ‘n swartboekie vol ingenieursname van oorsee het nie…

    • sussie se vissie

      2 Seuns.
      80% gem….matriek.
      Boerklonge.
      Onderstepoort….Elsenburg….no go.
      Texas.
      Opgeslurp.
      Winsneming.
      9 en 14,000$’rs pm…onderskeidelik.
      Indiensopleiding n noodwendige gevolg.
      No 2 nou n volwaardige veearts.
      En tuis….vrêk donkies, varke en shjiekôns by die hope.
      Maar grond wil die moerskonte hê.
      Hoe staan ek as Kroo-ouer in my kroos se pad….ofskoon my hart bloei?

      • Danny

        Dankie sussie 🙂

    • Danny

      Hehe, baie dankie suidpunt 🙂

  • leonlemmer

    Ek het aparte Westerse en Afrika-universiteite aanbeveel (Praag 8 April); nie dat ek verwag dat enige plaaslike universiteit of die ANC-regering my voorstel ernstig sal oorweeg nie. Oor Samuel Huntington het ek reeds met waardering geskryf (Praag 5 November). Dit is interessant om kennis te neem van ‘n student se onlangse ervaring, waarnemings en standpunt. Aan die Universiteit Stellenbosch het ‘n oorweldigende meerderheid senaatslede (en die meerderheid in die senaat is blank) ten gunste van Wim de Villiers se verengeldings- en transformasiebeleid gestem. Die US het rasteikens wat ter bevoordeling van nie-wittes (sowel studente as personeel) nagejaag word. Daar is geen teikens ter bevoordeling van blankes en Afrikaans nie. Weens hierdie anti-akademiese politieke beleid is sowel blankes as Afrikaans bedreigde spesies. Diesulkes sal moeilik gemobiliseer word om kruip agter te laat en hulle rue styf te maak vir wat akademies sinvol is.

    • leonlemmer

      verengelsings-

  • Ou Transvaal

    My dank aan Pierre en Suidpunt , julle veroorsaak dat ons jongmense meer krities na die towerformule van “geleerdheid ” van ouer geslagte kyk .
    As die ouers nie wil luister nie , moet hulle nie kla as hul kinders hulle nie volg in die selfmoord kultus van oningeligtheid nie !

    • Suidpunt

      Nog nooit hoef die Suid-Afrikaners ooit in die geskiedenis hul universiteite se vermoëns onder verdenking te geplaas het nie. Die Afrikaanse studente het, sover ek weet, nog nooit in die strate protesteer nie – die vervlakking is van bo af afgedwing. Baie van die ouer geslagte wat self, hul kinders en kleinkinders deur dieselfde universiteit sien loop het, sal hetsy geskok en teleurgesteld wees, of ontken dat daar enige fout hoegenaamd bestaan: “Wat goed genoeg was vir my, is goed genoeg vir my kinders”. Baie mense het dit nie voorsien nie.

      Verder: as die land se kundiges op ‘n streep die land verlaat, en die invloei van kundiges uiters gering is, kan jy nie kus en keur soos jy luskry nie. Baie van die ouer mans wat gedwing is om pakket te neem, weet ons word vandag gekontrakteer. Maar ook hierdie mense sterf uit. Wie sal dan die werk doen? Daaraan word nie gedink nie. ‘n Stelselverandering word dan uiteindelik ten duurste gemaak onder die vaandel van “vernuwing”. Eintlik is dit net om die standaard op die onopgeleide werknemers se vlak te bring – dikwels nie ten goede nie. Die besigheid land dan die eerste keer in die geskiedenis in die skuld.

      • Dawie Barnard

        Africa strives for the opposite of excellence. Standaarde word as rassisties beskou. Ook is daar die “geloof” dat ‘n swart vel jou in staat stel om enige werk te kan doen, selfs beter as ‘n individu met’n doktorsgraad. Die totale kollaps van standaarde sal deur die gepeupel verwelkom word, trouenswaardig, nog ‘n oorwinning oor “Kolonialisme”. Afrika verwerp instandhouding, tegnologiese ontwikkeling en die strewe na eksepsionalisme. Die totale verlies van kundigheid op universiteitsvlak hou dus geen bedreiging in nie. Die sirkus onlangs oor fisika waar Newton se werk summier verwerp is demonstreer hierdie retrograadse denkrigting asook die geweldige impak van die individue se minderwaardigheids kompleks. Al die redenasie help nie, die eindresultaat is dieselfde.

        • Eric Strong

          Hierdie gemak waarmee alles summier afgebreek word wys ook dat daar geen benul is van wat dit vat om hierdie tipe instansies (universiteite in die geval) op te bou nie.

        • Danny

          Hehe, kinders van Gam, daar is nie Hoop vir hulle nie.

    • Danny

      Dankie Ou Transvaal, jy sal deesdae meer leer deur by die plaaslike supermark rond te hang as by hierdie “politiese indoktrinasie sentrums” wat nou glo moet dien as plekke van geleerdheid en geleentheid. Nee WAT, WEES SLIM: AKADEMIA, AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE, SOLTECH EN AROS IS ONS TOEKOMS INDIEN ONS ‘N BEHOORLIKE GELEERDHEID AAN ONS KINDERS WIL GEE.

  • Rifrug

    ” … dieselfde geelenthede te bied … ” – ‘geleenthede’

    • sussie se vissie

      Mon plaisir.

  • Rooikop

    By universiteite is daar duisende kinders wat probeer grootmens speel.

    • Johann Schutte

      Praat jy van die doserende personeel?

      • Rooikop

        Nee – meeste van hulle is net eng. (“Closed minded”) – Enger as ‘n kloosterpriester. Studente is eintlik nog kinders wat dink hulle weet baie. Toe ek gestudeer het wou hulle heeltyd vir die dosent vertel wat hulle nou eintlik wil leer – hoe werk dit? Die rakkers het GEEN ervaring, GEEN lewenservaring en dan wil hulle dikteer wat hulle nodig het om te oorleef in die werksplek? Hierdie is maar een voorbeeld.

        Nou is dit hierdie eintlike spul bedorwe brokkies (ja meeste se pappies en mammies is vermoënd anders was Frikkie nie op universiteit nie) wat deur Selina grootgemaak is en nou wil hulle vir die wêreld kom vertel hoe dinge eintlik werk.

  • Ben

    Ek sien ‘n vrees by baie studente dat hulle nie werk sal kry tensy hulle oor ‘n graad beskik nie. Dalk is dit een onderliggende rede vir die dryf agter gratis onderrig. En ook, baie sien opleiding as ‘n middel tot ‘n beter ekonomiese lewe, en dan is die dollar sterker as Orania se Ora… Of so dink baie in elk geval. Verkoop jou siel vir Engelse geld.

    • Suidpunt

      Daar is nog iets wat nog nie soseer uitvoerig bespreek is nie, juis na aanleiding van “Dalk is dit een onderliggende rede vir die dryf agter gratis onderrig.” Hoe meer mense dieselfde graad het, is so goed alle boere in die Wes-Kaap plant wingerd vir wyn, of almal plant regoor die land net tamaties. Wat gebeur? Jy kry ‘n ooraanbod. Jy kry waardevermindering. Jy kry ‘n stuk papier wat sy waarde toenemend verloor – amper soos wegholinflasie. Maar die outjie wat besluit het om pynappels te plant, voer alleenhandel. Spreekwoordelik gesê.

  • Danny

    Dankie Pierre, ek glo Afrikaner oë is besig om oop te gaan:)

    • Rifrug

      Danny, ek hoop jy is reg “ek glo Afrikaner oë is besig om oop te gaan:)”

      Maar, ek dink jy is verkeerd