Migrante moet weggehou word van pro-immigrasie G7-leiers

Die leiers van G7-lande neem geen kanse met “vlugtelinge” wanneer dit hul eie veiligheid raak nie.

Smokkelbote wat migrante in die Middellandse See optel, word verbied om in Taormina waar die G7-byeenkoms op 26-27 Mei gehou word, anker te gooi.

Die riglyn van die Italiaanse Ministerie van Binnelandse Sake het gelei tot ‘n geleidelike afname in die aantal skepe wat by die hawens van Sicilië aanland, en sal lei tot die volledige sluiting van die hawens vanaf 22 tot 28 Mei.

Vrees dat migrante die veiligheid van wêreldleiers in gevaar sal stel, is deur die polisiehoof Franco Gabrielli geopper. Hy het gesê dat die Italiaanse veiligheidsdienste ‘n plan aangebied het om die veiligheid van die staatshoofde en die regerings wat tydens die beraad teenwoordig sal wees, te waarborg.

Die verbod op die aankoms van migrante sal vanaf Maandag in werking tree, terwyl leiers vergader om ekonomiese beleid te bespreek by die San Domenico Palace-hotel op die eiland. Die Libië-Italië-taxi wat deur NRO’s bedryf word om Europa te oorspoel van mense uit die Derde Wêreld, sal na ander hawens gerig word, wat volgens Dokters-Sonder-Grense (MSF) ‘n dag of twee tot die reis kan toevoeg.

Tommaso Fabbri, hoof van MSF Italië, het gesê hulle is bekommerd oor die migrante: “Ons is bekommerd omdat dit ‘n dag of twee by die seiltyd voeg.”

Migrantebote dok gereeld in Sicilië om gratis kos en mediese behandeling te ontvang voordat hulle na ander Italiaanse hawens vaar.

Migrante word ironies genoeg weggehou van die Duitse kanselier Angela Merkel wat ‘n oop grensbeleid met alle mag bevorder. Die res van Europa se kiesers moet daagliks met die risiko leef van migrante, maar anders as gewone mense sal die EU- en ander leiers nie aan dieselfde gevaar blootgestel word nie.

Die dorp sal vanaf 13 Mei afgesper word, met motors wat verbied is. Inwoners is woedend oor die ongerief maar waarskynlik dankbaar dat die toestroming tydelik gestaak sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.