Clinton se Russiese verleentheid

Deel op

ImageRussiese media het die spot gedryf met Amerika se minister van buitelandse sake Hillary Clinton na sy haar Russiese kollega ‘n “herstel” skakelaar gegee het met ‘n ironiese spelfout.

Clinton se geskenk aan die minister van buitelandse sake Sergei Lavrov by hulle vergadering in Geneva Vrydag  was bedoel om die Obama-administrasie se gewilligheid “om die herstel knoppe te druk” in die verhoudinge met Moskou oor te dra.

Maar pleks van die Russiese woord vir “herstel” (perezagruzka) het dit ‘n woord op gehad met die betekenis “oorlaai” (peregruzka).

Die dagblad Kommersant het ‘n prominente foto van die nagemaakte rooi knop gehad en verklaar: “Sergei Lavrov en Hillary Clinton druk die verkeerde knop.”

‘n Korrespondent van NTV Televisie het dit ‘n “simboliese fout” genoem en uitgewys dat Amerikaans-Russiese verhoudings “oorlaai” is in die laaste paar jare weens krapperigheid oor sake soos missielverdedigingsstelsels en verlede jaar se oorlog in Georgië.

“Die vriendelike gebaar is omgekeer deur ‘n klein amusante insident,” het die nuus webwerf RBC.ru geskryf in ‘n artikel wat laat verlede Vrydagaand gepos is.

“Tog het die episode nie Clinton en Lavrov verhoed om die knop te druk voor televisiekameras nie.”

Amerikaanse vise-president Joe Biden het gepraat daarvan om die “herstelknop” te druk vir verhoudinge tussen Moskou en Washington gedurende ‘n toespraak in Duitsland verlede maand.

Dit is sedertdien herhaal in verskeie vorme deur beide Amerikaanse en Russiese amptenare.

дровяные печи каминыtopcargo отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.