Bloemfontein se munisipale werkers staak

Die staking deur werknemers van die Mangaung-metro munisipaliteit gaan uitgebrei word nadat ‘n vergadering met die werkgewer Donderdag ‘n dooiepunt bereik het.

Honderde werkers, wat met die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) geaffilieer is, het Dinsdag begin staak oor onder meer die betaling van salarisse.

Tydelike werknemers het nog nie betaling ontvang nie en die unie kla dat hulle lede deur uitkontraktering en privatisering negatief geraak word.

Die betogers het Donderdag buitebande gebrand en rommel voor die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein gestrooi. ‘n Memorandum met hul griewe is Dinsdag aan die bestuur van die munisipaliteit oorhandig.

Volgens Samwu se provinsiale voorsitter, Congo Matshepe, kon geen ooreenkoms gister tydens ‘n vergadering met die plaaslike arbeidsforum bereik word nie. Hy sê die munisipaliteit het steeds nie op hul griewe gereageer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.