Gepeupel drom weer in Coligny voor hof saam

Die EFF in Noordwes sal vandag ‘n opmars na die Coligny-polisiekantoor lei om te betoog teen ‘n landdros se besluit om borgtog te gee aan twee wit mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n swart tiener vermoor het.

Die twee is reeds deur die media skuldig bevind ten spyte van geen bewyse nie.
 
Matlhomola Mosweu is verlede maand dood. Pieter Doorewaard en Philip Schutte beweer hy het sonneblomme gesteel en is gevang by ‘n plaas waar hulle werk.

Hy is dood toe hy van ‘n bakkie gespring het waarin hulle hom na die polisiekantoor vervoer het. Die ANC het sedertdien aangekondig dat hy die borgtog se besluit sal appelleer.

Betty Diale, voorsitter van die Noordwes-EFF, sê die party se leier, Julius Malema, word nie verwag by die optog nie, aangesien dit ‘n provinsiale optog is.

Die gepeupel wat reeds die dorp geplunder het en wit huise afgebrand het met die verskoning dat die “wit moordenaars” nie borg moet kry nie, sal weer vandag voor die Coligny-polisiestasie betoog.

Die inwoners sê die polisie wou hulle nie bystaan om klagtes van rassisme en aanranding aanhangig te maak nie. Die gemeenskap beskuldig boere van rassisme en swak behandeling. Diefstal en steel is klaarblyklik nie ‘n probleem nie.

Die inwoners gaan ook voor die plaaslike hof betoog en ‘n memorandum oorhandig waarin hulle eis dat die twee boere, wat beskuldig word van die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu, se borgtog teruggetrek word.

Die gepeupel sal deur die EFF gelei word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    ‘To late for tears…the horse has bolted’.
    Maar kry dit nou in daai rimpelnekke se vet koppe.
    Sien die EFFERS se grootbaas Juliana meen met GM se vertrek, dit die ideale geleentheid skep om ons eie ( en ‘proudly Souff Efrikin’ ) ‘soap box’-karretjie aanmekaar te timmer.
    Nou ja toe! Komend van n ‘top’ houtwerk ingenieur wie skaars n boekrak vir sy ouma kon saamflans.