Moeilikheid by watersuiweringsaanleg oor te veel Zoeloes

Swart inwoners van Boschkoppies by Olifantsvlei, suid van Johannesburg, het die opgradering van die Olifantsvlei-aanleg vir die behandeling van afvalwater tot ‘n stilstand gebring weens etniese spanning, het RSG berig.

Hulle eis om in diens geneem te word in stede van die Zoeloes wat ingebring is van elders.

Die inwoners beskuldig die bestuur van Johannesburg Water dat hulle honderde mense van KwaZulu-Natal gebring het om op die projek te werk, ondanks beloftes van werk aan die inwoners verlede jaar.

Die opgradering sal na raming sowat 170-miljoen beloop. ‘n Gemeenskapsleier in die gebied, Mpho Mawatsa, sê hulle sal nie toelaat dat die projek voortgaan as plaaslike inwoners nie daarop kan werk nie.

Intussen is dit kalmer in Maruping by Ottoshoop en woonbuurte by Zeerust in Noordwes, ná verskeie gewelddadige diensleweringsonluste hierdie week.

In Maruping het lokasiebewoners geëis dat die regering aandag skenk aan kwessies soos die voorsiening van elektrisiteit aan sewe honderd huise, asook die voltooiing van talle HOP-huise.

Die lokasie se verteenwoordigers het intussen met amptenare van die Mahikeng plaaslike munisipaliteit vergader om hul griewe te lug.

Die speaker van die munisipaliteit, Pontsho Tabane, sê die vergadering het goed afgeloop want hulle is belowe dat die probleme aandag sal kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Gaan hierdie etniesiteit soos gewoonlik ook op apartheid geblameer word of gaan neponisme binne stamverband deur kaderontplooinig ontbloot word ???