Fopnuus? BBC reël fopdebatte vir Tory-leier

Corbyn, May, Dimbleby

Die Britse regering het aangekondig dat premier Theresa May sal deelneem aan ‘n “lewendige” uitsending van ‘n TV-verkiesingsprogram, maar dit sal nie ‘n debat met die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, behels nie.

Daar sal niks spontaan wees aan May se verskyning nie.

May sal uitgenooi word na die spesiale uitgawe wat die sogenaamde leiersdebat op 2 Junie sal vervang.

Die BBC het ‘n onafhanklike private produksiemaatskappy gekontrakteer en beweer nou dat hulle nie verantwoordelik is vir die reëlings waar die vrae aan May vooraf deur haar personeel goedgekeur sal word nie en May sal vooraf oor die vrae ingelig word.

‘n Lid van die publiek het die BBC gekontak vir bevestiging van dié klugspel en ‘n antwoord van die BBC ontvang waarin die uitsaaier verduidelik dat die program gekoop word deur die BBC van die onafhanklike maatskappy en hulle nie besluitnemingsmag het nie.

Die eerste minister sal dus vrae beantwoord van lede wat in die ateljeegehoor geplant is tydens die spesiale program wat vroeg in Junie aangebied sal word. Alhoewel ‘n peiling vir The Independent bevind het dat ‘n meerderheid van die Britse publiek wil hê dat die leiers direk debat moet voer met mekaar in lewendige televisie-debatte, gaan ‘n formaat gebruik word om May af te skerm van die kiesers.

May is gekritiseer nadat sy geweier het om aan ‘n werklike debat deel te neem. Mededingers beskuldig haar daarvan dat sy “bang” is vir moeilike vrae van Arbeid, Skotse nasionaliste en natuurlik UKIP wat haar kan uitdaag oor Brexit en immigrasie.

Ten spyte van die uitroepe van Liberale Demokrate, Arbeid en SNP teen Brexit, het steun vir die verlaters in Brittanje toegeneem. Slegs 22 persent van die kiesers wil in die EU bly of Brexit blokkeer, met sowat 68 persent wat die implementering van die referendum ondersteun. May was een van diegene wat in die EU wou bly.

Maar kiesers wat die uitslag van die referendum ignoreer, is vinnig besig om ‘n krimpende randeiergroepie te word.

Debatte met ander junior figure van die belangrikste partye, insluitend die Tories en Arbeid, sal wel plaasvind voor die komende verkiesing, maar May sal beskerm word teen werklike vrae, ‘n werklike debat en om met haar kiesers gekonfronteer word.

David Dimbleby sal die program aanbied waarvolgens gehoorvrae noukeurig gekies word, terwyl die nasionale uitsaaier saamspeel met die klug.

Die Pakistanse gasheer Mishal Husain sal op 31 Mei ‘n debat modereer met verteenwoordigers van die Konserwatiewes, Arbeiders, Liberale, SNP, Plaid Cymru, Groen Party en UKIP. Op 4 Junie sal die liberaal-demokratiese leier Tim Farron die SNP se Nicola Sturgeon aanvat.

Die verkiesing in die Verenigde Koninkryk van 2017 is geskeduleer om op 8 Junie 2017 plaas te vind. ‘n Verkiesing was nie tot 7 Mei 2020 verwag nie, maar ‘n oproep tot ‘n vervroegde verkiesing in Mei het die nodige twee-derde meerderheid ontvang van 522 teen 13 stemme op 19 April 2017.

“In al haar onlangse onderhoude en toesprake is dit feitlik onmoontlik om iets interessants oor mev. May te ontdek,” sê Alison Phillips, in ‘n opiniestuk vir The Mirror. “Trouens, dit is moeilik om enige iets te ontdek.”

Phillips sê May is ‘n onbeskaamde opportunis sonder enige politieke oortuigings. “Omdat Theresa May soos ‘n pateet wat ‘n grappige das dra is, wat vasklou aan die oortuiging dat ‘n snaakse kledingstuk ‘n totale afwesigheid van persoonlikheid kan wegsteek.”

May is basies net bekend vir haar vreemde smaak in klere. Brittanje se leier het voorheen gesê: “Kookboeke beteken vir my baie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    In die laaste 2 paragrawe is May se van as “Mei” gespel …

    • Riaan Slabbert

      Goeiemore Rifrug. Hulle sal hom seker volgende maand as “June” spel 😉

    • Suidpunt

      Sal iemand ook asseblief “lewendige” uitsending na “regstreekse” uitsending verander? Of nee, hou dit eerder. In die Britse parlement waai stoele en terte ewe veel as in Suid-Afrika.