Sewe aangehou na onluste in Zeerust uitbreek

Sewe mense is Maandag in Zeerust in die Noordwes-provinsie gearresteer ná ‘n gewelddadige protes.

Dit is bevestig deur die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone.

Onluste het uitbreek in die Itireleng-lokasie. Al sewe van die verdagtes wat gearresteer is, is swart vroue. Volgens die DA se verklaring, is lokasie-inwoners gemaan om nie winkels in privaatbesit te plunder weens ‘n gebrek aan dienslewering nie.

Die VF+ se raadslid, Karlien Venter, sê alhoewel paaie nie afgesper is nie, is winkels gesluit en skole het vroeg verdaag.

Mokgwabone sê dat die sewe binnekort in die Zeerust-landdroshof sal verskyn op aanklagte van openbare geweld. Hy sê die situasie is tans kalm, maar dat polisiebeamptes in die gebied ontplooi sal word want geweld kan weer opvlam.

“Ons wil weer ‘n nederige appèl aan lede van die gemeenskap rig om seker te maak dat hulle die oppergesag van die reg respekteer, asook die regte van ander burgers wat nie deel van die protes is nie,” het Mokgwabone bygevoeg.

In Coligny word Phillip Schutte en Pieter Doorewaard volgende week Vrydag terug in die hof verwag. Verskeie huise is aan die brand gesteek en drie vragmotors is tydens die gewelddadige betogings uitgebrand.

Daar was ook protes in Lichtenburg, wat na berig word veroorsaak is deur ongelukkigheid oor swak dienslewering. Winkels is geplunder en voertuie, insluitend ‘n Njala-polisievoertuig, is met klippe gegooi en aan die brand gesteek.

Die SABC berig die rede vir die onluste in Zeerust is nog onbekend. In 2014 het die inwoners oproerig geraak oor ‘n gebrek aan water en die paaie afgesper naby die grenspos met Botswana. Motoriste is met klippe bestook.

Ook in 2009, het onluste uitgebreek oor swak dienslewering.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    “Winkels is geplunder en voertuie, insluitend ‘n Njala-polisie, is met klippe gegooi en aan die brand gesteek.” – ‘Njala-polisievoertuig’

  • Die storie raak maar afgesaag. Swak regering. Dienslewering wat verval in die gemeenskappe. “Rolling Mass Action” en die NDR … Politieke buikspraak. Rondomtalie retoriek. Skade aan eiendom en besighede. Ekonomiese verval. ANC binnekring vergaderings. Kerkraadvergaderings. Vuisvoos en gebreinspoelde burgers. Gatkruip libtards. Gekoopde agente. Mens wil nou nie sien dat “because the government brings war and suffering to the people” daar iewers dinge ontstaan “that brings war to the government” nie.

    https://uploads.disquscdn.com/images/8c6ab36cef925a5a9afe07099b1184023b13fcbb279a150849d1e1d0ae9e746b.jpg